+27 (0) 21 930 3622
info@fwdeklerk.org

View Archived Content

VERKLARING: BEVORDERING VAN DEMOKRASIE – KONSTITUSIONELE HOF-BESLISSING IN OVK-SAAK

iecDie Sentrum vir Grondwetlike Regte verwelkom die Konstitusionele Hof (die Hof) se beslissing in Electoral Commission v Mhlope and Others, wat vandag gelewer is en waarin die belangrikheid van vry en regverdige verskiesings vir Suid-Afrika beklemtoon word.

Die saak het ontstaan toe die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) geappelleer het teen die beslissing van die Verkiesingshof om tussenverkiesings in Tlokwe uit te stel weens onreëlmatighede betreffende name op die kiesersrol. Die Verkiesingshof het beslis dat die toelating van verkiesings terwyl 4000 name op die kiesersrol nie adresse het nie, sal beteken dat die daaropvolgende verkiesings nie vry en regverdig sal wees nie, in direkte teenstryd met artikel 19 van die Grondwet, wat bepaal dat elke Suid-Afrikaanse volwassene die reg op vry, regverdige en gereelde verkiesings het.

Read More »

ARTIKEL: DIE ONTEIENINGSWETSONTWERP IS AANVAAR – MAAR WEK STEEDS KOMMER

penDie Nasionale Vergadering het die Onteieningswetsontwerp aanvaar en indien die President dit bekragtig, sal Suid-Afrika ‘n nuwe Onteieningswet hê.

Die nuwe Onteieningswet is lank reeds in die pyplyn – dit is in 2008 van stapel gestuur – met verskeie weergawes wat in die Parlement verval het weens kommer oor die grondwetlikheid daarvan. In verskeie opsigte is hierdie weergawe moontlik die beste tot dusver. Dit wil nie sê dat die nuwe Onteieningswetsontwerp sonder probleme is nie.

Om mee te begin was daar op provinsiale vlak bewerings van onvoldoende openbare deelname in die wetgewende proses. Verskeie mediaberigte het byvoorbeeld daarop gewys dat die publiek in die Oos-Kaap slegs drie dae voordat die openbare verhore ‘n aanvang sou neem, daarvan bewus gemaak is. In die Vrystaat is plekke waar die verhore sou plaasvind na bewering op die laaste minuut verander, wat verwarring veroorsaak het. Dit is te betwyfel of die provinsies daarin geslaag het om voldoende openbare deelname te verseker, wat dus die Nasionale Raad van Provinsies se finale mandaat in twyfel trek.

Read More »

ARTIKEL: SILIKOSE-KLASAKSIE – BESIGHEID EN MENSEREGTE NIE VERSOENBAAR NIE

workerDie Suid-Gautengse Hoë Hof het vandag die klasaksie betreffende voormalige werknemers van mynmaatskappye gesertifiseer. Dit beteken dat voormalige goudmyners en hul families goudmynmaatskappye gesamentlik kan dagvaar om skadevergoeding nadat hulle silikose en tuberkulose opgedoen het toe hulle die mineraal as deel van hul indiensnemingspligte opgedoen het.

Dit is Suid-Afrika se grootste klasaksie, met 56 mynwerkers wat meer as 200 000 werkers en hul families verteenwoordig. Die saak berus op die feit dat die mynwerkers se gesondheid in gevaar gestel is toe hul in diens van die mynmaatskappye was. Daar word beweer dat die mynmaatskappye geweet het hoe om die moontlikheid van die inaseming van giftige silikastof te verminder, maar dat hulle versuim het om die maatreëls in te stel.

Read More »

REGSBEAMPTE

gavel smallDie Sentrum vir Grondwetlike Regte (SGR), gebaseer in Kaapstad, verlang die dienste van ‘n Regsbeampte. Die Regsbeampte sal aan die Direkteur van die SGR verslag doen en sal vir die volgende pligte verantwoordelik wees:

  • Die uitvoer van regsnavorsing met betrekking tot grondwetlike aangeleenthede;
  • Help met die opstel van regsmenings;
  • Monitering en assessering van die grondwetlikheid van konsepwetgewing en beleide;
  • Help met die voorbereiding van geskrewe en mondelinge voorleggings aan die parlementêre portefeulje- en gekose komitees;
  • Monitering, assessering en verslagdoening oor sake en beslissings wat met die Grondwet verband hou;
  • Help met die produksie van die SGR se publikasies;
  • Hantering van grondwetlike navrae en die verspreiding van inligting;
  • Deelname aan vergaderings, konferensies en seminare;
  • Steun aan die Direkteur van die SGR betreffende die uitvoering van die SGR se mandaat;
  • Bestuur van administratiewe aangeleenthede betreffende die SGR in samewerking met die Stigting; en
  • Uitvoering van pligte soos benodig.
Read More »

VERKLARING: ALLE OË OP DIE NASIONALE VERVOLGINGSGESAG

npaDie Sentrum vir Grondwetlike Regte (SGR) verwelkom die beslissing van die Hoë Hof in Pretoria (die Hoë Hof) in Democratic Alliance v Acting NDPP and Others. ‘n Volbank van die Hoë Hof het beslis dat ‘n besluit wat in 2009 geneem is deur die destydse waarnemende Nasionale Direkteur van Openbare Vervolgings, Mokotedi Mpshe, om 783 klagte teen die President, mnr Zuma, te laat vaar, irrasioneel was en hersien en tersyde gestel moet word. Die klagte hou verband met die Wapentransaksie, waarin sy finansiële adviseur, mnr Schabir Shaik, skuldig bevind is en tot 15 jaar gevangenisstraf gevonnis is.

Read More »

ARTIKEL: HIERDIE VRYHEIDSDAG – ‘N FOKUS OP DIE JEUG

sober youthOp 27 April vier Suid-Afrikaners Vryheidsdag, om die dag te gedenk waarop Suid-Afrika se eerste veelparty-demokratiese verkiesings plaasgevind het. Terwyl die belangrikheid van politieke regte nie onderbeklemtoon kan word nie, beteken vryheid ook die regte van individue om nie struikelblokke die hoof te moet bied betreffende moontlike keuses en aktiwiteite nie. Met ander woorde, die vermoë om jou volle potensiaal te verwesenlik.

Read More »

VERKLARING: NADRAAI VAN DIE SERITI-KOMMISSIE NOODSAAK HEROORWEGING VAN WET OP KOMMISSIES

seritiDit is tyd dat die Wet op Kommissies gewysig word ten einde groter betekenis aan grondwetlike waardes te heg. Die Grondwet stel die President, asook provinsiale premiers, in staat om kommissies van ondersoek in te stel. Hierdie gesag om kommissies van ondersoek in te stel kan verder gedelegeer word ten einde ministeriële kommissies, asook ander Kommissies op plaaslike vlak toe te laat.

Die kommissie van ondersoek na die wapentransaksie (alom bekend as die Seriti-kommissie) is kragtens die Wet op Kommissies van 1947 ingestel. Dieselfde Wet bepaal dat Kommissies hul bevindings aan die President bekend moet maak voordat sodanige bevindings aan die publiek bekendgemaak kan word. Voorts kan Kommissies slegs aanbevelings aan die regering maak. Gevolglik is Kommissies nie verplig om hul verslae bekend te maak nie en die regering is ook nie verplig om ingevolge die aanbevelings van die Kommissie op te tree nie.

Read More »

ARTIKEL: VERTROUE IN DIE STELSEL – DIE WERKING VAN DIE SUID-AFRIKAANSE MENSEREGTEKOMMISSIE IN ONS DEMOKRASIE

SAHRC logoIn Maart 2010 het die Sentrum vir Grondwetlike Regte (SGR), in ooreenstemming met sy missie om die Grondwet te handhaaf en te beskerm, ‘n klag by die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie (SAMRK) namens mnr Chumani Maxwele ingedien. Die SAMRK het ‘n grondwetlike mandaat om menseregte in Suid-Afrika te beskerm, bevorder en te monitor. Die SAMRK word voorts deur die Wet op die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie bemagtig om die handhawing van menseregte in die land te ondersoek en daaroor verslag te doen, en om stappe te doen om die toepaslike regstellings te verseker waar menseregte geskend is. Die klagte hou verband met die aanranding van mnr Maxwele deur lede van die President se Spesiale Beskermingseenheid, en sodoende die skending van sy grondwetlike regte. Die President se Spesiale Beskermingseenheid het mnr Maxwele daarvan beskuldig dat hy ‘n onwelvoeglike teken na die President se konvooi gemaak het toe dit in Kaapstad verby hom gery het. Gevolglik het dieselfde Eenheid hom in hegtenis geneem en hom in een van die voertuie gegooi, waarna hy vasgebind en geblinddoek is met ‘n swart sak. Hy is oornag aangehou en ondervra, terwyl hy die hele tyd ontken het dat hy die vermelde teken gebaar gemaak het.

Read More »

ARTIKEL: DIE GEBRUIK VAN STAATSORGANE OM PERSOONLIKE GESKILLE OP TE LOS

hawks logoTydens ‘n mediakonferensie na afloop van die Konstitusionele Hof se historiese beslissing, waarin dit bevind het dat die Openbare Beskermer se verslag oor die opgraderings aan president Zuma se privaatwoning in Nkandla bindend op hom was en dat hy gevolglik verplig is om die geld met betrekking tot opgraderings wat nie met sekuriteit verband hou nie, terug te betaal, het Thuli Madonsela daarop gewys dat in plaas daarvan om dit te vier, sy slegs gelukkig sal wees wanneer die Valke en die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) hul ondersoek na haar sal staak. Alhoewel die twee staatsagentskappe dit ontken, kan dit aangevoer word dat sy nie sodanige verklaring sonder geldige gronde sou gemaak het nie.

Read More »