ARTIKEL: HET DIE STATE OF CAPTURE-VERSLAG DIE PRESIDENT VAN SY MAGTE ONTNEEM?
‘n Vraag het ontstaan oor of die Openbare Beskermer die President regtens kan dwing om ‘n kommissie van ondersoek in te stel, aangesien die instelling van kommissies van ondersoek, kragtens die Grondwet, alleenlik die prerogatief van die President is.
Verskeie wetlike owerhede het reeds die mening uitgespreek dat die Openbare Beskermer die skeiding van magte geskend het deur die President te beveel om, binne 30 dae, ‘n kommissie van ondersoek in te stel, onder leiding van ‘n regter wat alleenlik deur die Hoofregter aangewys is, wat een naam aan die President sal verstrek. Indien ‘n hof ook tot hierdie gevolgtrekking kom, sal daardie aspek van die State of Capture-verslag nietig wees. Die leerstelling van die skeiding van magte is ‘n belangrike deel van Suid-Afrika se grondwetlike demokrasie. Die leerstelling beteken dat die Grondwet vereis dat howe verseker dat al die takke van die regering binne die grense van die reg optree. Nietemin moet die howe ook toegee aan die uitsluitlike domein van die uitvoerende en wetgewende takke van die regering, tensy die Grondwet die inbraak toelaat.
Kragtens die Grondwet is dit die prerogatief van die nasionale uitvoerende gesag om nie net alle internasionale ooreenkomste te beding nie, maar om dit ook te bekragtig. Sodanige ooreenkomste bind dan die land nadat dit deur ‘n resolusie in die Parlement goedgekeur is, tensy die betrokke internasionale ooreenkoms van tegniese of administratiewe aard is, in watter geval sodanige ooreenkoms die land bind sonder dat ‘n resolusie deur die Parlement aanvaar word. Daarna word die internasionale ooreenkoms wet nadat nasionale wetgewing ingestel is. Dit is op hierdie grondslag dat die Inwerkingstelling van die Statuut van Rome van die Internasionale Strafhof (Implementeringswet) in 2002 deel van die Suid-Afrikaanse reg geword het.
Die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) sal aan almal wat wil luister, vertel dat die liggaam onafhanklik en onpartydig is en dat die liggaam sonder vrees of begunstiging optree. Dit is dus logies dat, nadat die Minister van Finansies, Pravin Gordhan, van bedrog aangekla is – al is die meriete van die saak debatteerbaar – strafregtelike klagte ook ingedien sal word teen verskeie individue wie se sakeondernemings klaarblyklik verskeie Suid-Afrikaanse wette oortree het.
Hoe aanvaar ‘n nasie die verlede? Is daar ‘n regte manier om die verlede te onthou? Hoe kan ‘n multikulturele samelewing ‘n gemeenskaplike identiteit ter wille van maatskaplike samehorigheid smee? Dít was die herhalende temas die afgelope week tydens ‘n studietoer na Berlyn, Duitsland, en die omliggende gebiede. Saam met ‘n mengelmoes van besigheid, die regering, akademici en die burgerlike samelewing, het ek aan die studietoer deelgeneem, wat mildelik finansier is deur die Konrad Adenauer-stigting. Duitsland, met sy belaaide en dikwels omstrede geskiedenis van die 20ste eeu onder die Nasionale Sosialiste, asook die kommunistiese diktatorskap in die voormalige Duitse Demokratiese Republiek (DDR), het as die perfekte agtergrond gedien om die Suid-Afrikaanse ervaring te oorweeg.
Op Woensdag, 5 Oktober, het die Parlementêre Portefeuljekomitee oor Kommunikasie (die Komitee) ‘n vergadering met die beleërde Raad van die Suid-Afrikaanse Uitsaaikorporasie (SAUK) belê ten einde laasgenoemde die geleentheid te gee om die Komitee in te lig oor die sake by die openbare uitsaaier. Dit is gedoen in lig van die onlangse uitspraak deur die Appèlhof betreffende sy nuut aangestelde Groephoof van Korporatiewe Sake, Hlaudi Motsoeneng, en die probleme wat die SAUK onlangs geteister het. Dit is opmerklik dat hierdie vergadering tydens die parlementêre reses plaasgevind het, wat ‘n aanduiding van die erns van die saak is.
Die Sentrum vir Grondwetlike Regte (SGR) kondig hiermee die aanstelling aan van me Christine Botha as Regsbeampte, effektief vanaf Oktober 2016. Me Botha sal in hierdie pos die Direkteur van die SGR bystaan met die behaling van die Sentrum se doelwitte om die waardes, regte en beginsels in die Grondwet te bevorder; om ontwikkelings te monitor, met inbegrip van konsepwetgewing betreffende die Grondwet; om mense en organisasies in te lig oor hul grondwetlike regte en verpligtinge; en om mense en organisasies by te staan om hul regte op te eis.
Dit is ‘n ingewikkelde saak en – waar daar sin van kan gemaak word – dit dui op ‘n organisasie wat vasgevang is in onderduimse aktiwiteite en wanadministrasie. Met die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) wat sedert sy instelling nog nie ‘n hoof gehad het wat ‘n volle termyn suksesvol voltooi het sonder om te bedank of wat gedruk is om die pos te verlaat nie, is een van die aanduiders hiervan.
Die einde van die beleërde Hoof Operasionele Beampte (HOB) van die Suid-Afrikaanse Uitsaaikorporasie (SAUK) se termyn by die openbare uitsaaier het moontlik aangebreek. Ná ‘n reeks hofsake met opposisiepartye, het die Appèlhof nie die SAUK se HOB se aansoek om verlof tot appèl teen ‘n Hoër Hof se beslissing dat sy aanstelling ter syde gestel moet word, toegestaan nie.
DIE GRONDWET EN GOEIE PUBLIEKE LEIERSKAP: ONTBYTBESPREKINGSREEKS 2016