VERKLARING: HOU OP OM OMKOOPGELD TE BETAAL
Korrupsie het baie gedaantes. Dit sluit in die omkoop van staatsamptenare, staatsamptenare wat hul invloed of hul funksies of mag misbruik vir hul eie gewin, onwettige verryking en verduistering, wanbesteding of afleiding van eiendom. Korrupsie is natuurlik nie beperk tot openbare administrasie nie. Diesnieteenstaande berokken korrupsie in die staatsadministrasie veral skade aan demokratiese instellings, die ekonomie en die Oppergesag van die Reg.
Die Sentrum vir Grondwetlike Regte (die SGR) verwelkom die eenparige beslissing deur die Konstitusionele Hof waarin die Hof die uitslag van verskeie tussenverkiesings in die plaaslike munisipaliteit ter syde gestel het en beveel het dat nuwe tussenverkiesings gehou word – omdat die verkiesings nie vry en regverdig was nie.
2015 herdenk die 24ste jaar van die ‘16 Dae van Aktivisme teen Vroue’-veldtog. Dit is teen hierdie tyd algemeen bekend dat hierdie inisiatief van die Verenigde Nasies ten doel het om alle vorme van geweld teen vroue te erken, aan te pak en uit te wis. Elke jaar, vir 16 dae lank, loods regerings, organisasies en mense uit alle vlakke van die lewe veldtogte en programme wat ten doel het om bewusmaking te skep oor geslagsgebaseerde geweld, en dra almal die kleur oranje, wat sinoniem met die beweging geword het.
DIE GRONDWET EN GOEIE PUBLIEKE LEIERSKAP: ONTBYTBESPREKINGSREEKS 2015
Op 20 November 1959 het die Verenigde Nasies se Algemene Vergadering die Verklaring oor die Regte van die Kind (die Konvensie) aanvaar, en later die Konvensie oor die Regte van die Kind in 1989. Die Konvensie het sedertdien die verdrag betreffende menseregte geword wat die meeste in die geskiedenis bekragtig is. Dit hou regerings, die samelewing, ouers en die internasionale gemeenskap verantwoordelik vir die uitvoering van sekere verpligtinge ten einde die regte van kinders te verwesenlik. Dit het voorts ten doel om te verseker dat hierdie regte onvervreembaar, integraal en onverdeelbaar is. State wat party is tot die Konvensie word van verwag om die inhoud van die Konvensie aan sy burgers bekend te maak. Die Konvensie word beskou as uniek in die sin dat dit burger-, politieke, maatskaplike en kultuurregte ten volle verskans.
Die Sentrum vir Grondwetlike Regte (die SGR) neem met kommer kennis van die toenemende vlakke van geweld, intimidasie en rasse-ondertoon wat met studentebetogings by universiteitskampusse en elders in Suid-Afrika gepaardgaan – of dit nou deur studente, of in reaksie op studentebetogings gepleeg word.
15 Oktober is Internasionale Dag vir Landelike Vroue, soos ingestel deur die Verenigde Nasies. Die dag het ten doel om die rol te erken wat vroue speel in die bevordering van landbou- en landelike ontwikkeling, die verbetering van voedselsekuriteit en die uitwissing van landelike armoede. Aanduidings is egter dat Suid-Afrika nog lank nie hierdie ideaal verwesenlik het nie.
Jaarliks word Wêreldonderwysersdag op 5 Oktober herdenk. Volgens die Verenigde Nasies se Opvoedkundige, Wetenskaplike en Kulturele Organisasie (UNESCO) word hierdie dag uitgesonder om te verseker dat onderwysers sal voortgaan om aan die behoeftes van toekomstige nageslagte te voldoen. Onderwysers speel om verskeie redes ‘n belangrike rol in enige samelewing. Hulle bied onderrig aan jong mense, wat op hulle beurt die leiers van die volgende nageslag word. Hulle dra ook kennis aan kinders in hul mees ontvanklike jare oor, wat dus ‘n grondslag vir die res van hul lewens vestig.
DIE GRONDWET EN GOEIE PUBLIEKE LEIERSKAP: ONTBYTBESPREKINGSREEKS 2015