+27 (0) 21 930 3622
info@fwdeklerk.org

View Archived Content

ARTIKEL: NKANDLA EN DIE NASIONALE VERGADERING MET EIER OP GESIG – ‘N GRONDWETLIKE KRISIS?

na foter‘n Grondwetlike krisis ontstaan wanneer die Grondwet nie in staat is om probleme wat in die staat ontstaan, op te los nie, of wanneer die optrede van die staat – die Uitvoerende Gesag, die Wetgewer of die Regbank – nie met die voorskrifte van die Grondwet versoenbaar is nie.

Sodanige situasie het verlede week ontstaan toe die Konstitusionele Hof sy uitspraak oor Nkandla gelewer het. Die hoogste hof in die land het gepraat. Die President se versuim om aan die Openbare Beskermer se regstellende stappe teen hom te voldoen, is teenstrydig met sy verpligtinge om die Grondwet as hoogste reg van die Republiek te handhaaf, beskerm en respekteer.

Read More »

VERKLARING: NKANDLA-BESLISSING KERN VAN SUID-AFRIKA SE GRONDWET

NKANDLADie Sentrum vir Grondwetlike Regte (die SGR) verwelkom die eenparige beslissing van die Konstitusionele Hof in die gekombineerde sake van Economic Freedom Fighters (EFF) v The Speaker of the National Assembly and Others en Democratic Alliance (DA) v the Speaker of the National Assembly and Others. Die besluit is ‘n duidelike bevestiging van nie net die Oppergesag van die Reg nie, maar ook van die oppergesag van die Grondwet. Die eenparige besluit beklemtoon voorts die belangrikheid van die skeiding van magte in ‘n grondwetlike demokrasie, asook die noodsaaklikheid van wigte en teenwigte om teen die misbruik van mag te waak. Wat belangrik is, is dat die besluit duidelikheid bied oor die bindende aard van die Openbare Beskermer se regstellende stappe wat deur haar Kantoor aanbeveel word.

Read More »

VERKLARING: MENSEREGTEDAG 2016 – VORDERING GEMAAK, MAAR MIN OM TE VIER

small flog foterOp Maandag, 21 Maart word Suid-Afrika se Menseregtedag gevier. Die dag word uitgesonder om die nasie te herinner aan sy oorgang van apartheid na ‘n grondwetlike demokrasie wat gegrond is op die waardes van menswaardigheid, die behaling van gelykheid, en die behaling van menseregte en vryhede, asook nie-rassigheid en nie-seksisme. Die heerskappy van die Grondwet en die Oppergesag van die Reg word ook gewaarborg. ‘n Soortgelyke waarborg bestaan betreffende universele stemreg, ‘n nasionale algemene kiesersrol, gereelde verkiesings en ‘n veelpartystelsel van demokratiese regering, ten einde verantwoordbaarheid, ‘n responsiewe ingesteldheid en openheid te verseker.

Read More »

SGR VERWELKOM APPÈLHOF SE BESLISSING IN AL-BASHIR-APPÈLAANSOEK

al bashir smlDie Sentrum vir Grondwetlike Regte (SGR) verwelkom die uitslag in die regering se appèlaansoek in die al-Bashir-saak, wat deur die Appèlhof van die hand gewys is, as as ‘n belangrike bevestiging van die oppergesag van die reg. Artikel 2 van die Grondwet bevestig die Oppergesag van die Grondwet en bepaal dat enige wet of optrede wat nie met die Grondwet ooreenstem nie, ongeldig is, en voorts dat verpligtinge wat deur die Grondwet daargestel word, uitgevoer moet word. Daar is geen uitsondering op hierdie verpligting nie.

Read More »

ARTIKEL: PLANNE OM SPERDATUM VAN GRONDEISE TE VERLENG IS ONGRONDWETLIK

farmIndien nuusberigte geglo kan word, dan is Minister van Landelike Ontwikkeling en Grondhervorming, Gugile Nkwinti, voornemens om die sperdatum vir grondeise te verleng om eise voor 1913 in te sluit. Maar die Grondwet bepaal uitdruklik dat “‘n [P]ersoon of gemeenskap wat na 19 Junie 1913 die besit van eiendom ontneem is as gevolg van wette of praktyke van die verlede wat op grond van ras gediskrimineer het, is geregtig, in die mate wat deur ‘n Parlementswet bepaal word, op óf teruggawe van daardie eiendom óf billike vergoeding.”.

Hierdie selfde datum word vervat in die Wet op die Herstel van Grondregte, soos gewysig.

Read More »

ARTIKEL: LAAT DIE ONTEIENINGSWET OORDRAGTE DEUR DERDE PARTYE TOE? ‘N HEROORWEGING VAN DIE OPENBARE BELANG

pepsi smlDie Onteieningswetsontwerp (die Wetsontwerp) is deur die Nasionale Vergadering aanvaar en is op pad na die Nasionale Raad van Provinsies, wat dit óf kan aanvaar soos dit is, óf dit met veranderinge kan aanvaar, óf dit selfs kan verwerp. Indien dit aanvaar word, is al wat nog nodig sal wees vir ‘n nuwe onteieningsproses om in werking te tree, die President se handtekening en ‘n aanvangsdatum.

Maar dit is waar dinge interessant raak. Volgens die huidige weergawe van klousule 9(1)(a): “Die uitwerking van ‘n onteiening van eiendom is dat die eienaarskap van die eiendom wat in die kennisgewing van onteiening beskryf word, berus in die onteieningsowerheid of in die persoon namens wie die eiendom onteien is…

Read More »

ARTICLE: MOSIE VAN WANTROUE IN DIE PRESIDENT: WAT OM IN GEDAGTE TE HOU

parliamentDie amptelike politieke opposisieparty het aangedui dat hy voornemens is om, in ooreenstemming met die Parlement se bestaande Reëls, ‘n mosie van wantroue in die President in te stel. Die mosie sal op 1 Maart 2016 deur die Nasionale Vergadering gedebateer word. Die opposisieparty wys daarop dat die President se besluit om die Minister van Finansies, Nhlanhla Nene, laat verlede jaar te verwyder – ‘n besluit wat die ekonomie na bewering R500 miljard gekos het – die rede is vir die besluit om met die mosie voort te gaan. Dit is nie die eerste keer dat die opposisieparty gepoog het om ‘n besluit oor wantroue in die Nasionale Vergadering te aanvaar nie.

Read More »

FEESTYD-GROETE

Festive Flag smlDie Sentrum vir Grondwetlike Regte (die SGR) wens al sy vriende en ondersteuners vrede en geluk toe gedurende die Feestyd en goeie gesondheid en voorspoed vir die Nuwe Jaar …

Read More »