ARTIKEL: DIE KEURINGSPROSES VAN DIE OPENBARE BESKERMER – ‘N EVALUERING
‘n Ad hoc-komitee is deur die Parlement ingestel om toesig te hou oor die aanstelling van die opvolger van die Openbare Beskermer, advokaat Thuli Madonsela. Dr Makhosi Khoza, ANC-LP, was die voorsitter. In haar openingsrede het sy “die beste persoon vir die werk” belowe. Ook op die komitee was Julius Malema namens die EVV, asook die volgende: Glynnis Breytenbach, Phumzile van Damme, James Selfe en Werner Horne namens die DA. Ander lede sluit in, namens die ANC, Bongani Bongo, Amos Masondo, Nicolaas Koornhof, Grace Tseke, Madipoane Mothapo en Patrick Maesela.
Kleiner partye is verteenwoordig deur professor Themba Msimang vir die IVP, Steve Swart van die ACDP en Sibusiso Mncwabe namens die NFP.
Gister het die Konstitusionele Hof (die Hof) in Nkabinde and Another v Judicial Service Commission and Others bevind dat ‘n bepaling in die Wet op die Regterlike Dienskommissie die toets van grondwetlikheid slaag. Die Hof het die aansoek deur Regters Nkabinde en Jafta, om ‘n bevel te herroep wat voorheen deur dieselfde Hof gemaak is, van die hand gewys. Die Hof het voorts benadruk dat dit in die belang van geregtigheid is dat daar uitsluitsel gegee word oor die klagte teen die regter-president van die Wes-Kaap, Regter Hlophe.
In die maande voor vanjaar se plaaslike verkiesings is die moontlikheid van vry en regverdige verkiesings gekenmerk deur verskeie voorvalle regoor die land. Van betogings in Vuwani betreffende munisipale afbakening, tot die verskeie politieke moorde in KwaZulu-Natal, asook die oorvloed van besware en klagtes op verkiesingsdag, was dit inderdaad onwaarskynlik dat ‘n kalm politieke atmosfeer sou heers na afloop van die bekendmaking van die finale uitslae. Na afloop van die verkiesingsproses en die aankondiging van die finale uitslae, het die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) verklaar dat die verkiesings vry en regverdig was. Hierdie sentimente is bevestig deur die Prokureursorde van Suid-Afrika.
Die Grondwet beskerm die regte van alle Suid-Afrikaners om deel te neem aan die kulturele lewe van hul keuse en dit beskerm voorts die kulturele, godsdiens- en taalregte van gemeenskappe, op voorwaarde dat sodanige praktyke nie strydig is met enige bepaling in die Handves van Regte nie. Ontwikkelings deur die loop van die jaar suggereer dat die reg op gelykheid en waardigheid baie vroue in die land steeds ontwyk weens kulturele praktyke.
Die Konstitusionele Hof (die Hof) het gepraat – vanaf 28 Julie 2016 is die Wysigingswet op die Herstel van Grondregte, Wet 15 van 2014 (die Wysigingswet) ongeldig, grootliks te wyte aan die gebrekkige proses wat daartoe gelei het dat dit deur die Nasionale Vergadering as wet aanvaar is. Die besluit beklemtoon die belangrikheid van openbare deelname aan die wetgewende proses. Dit is immers vanselfsprekend dat die einste mense wat die onderdane van die gereg sal word, nie net geraadpleeg sal word nie, maar dat hul menings ook in ag geneem moet word wanneer wette opgestel word. Die besluit het uiteindelik ‘n uitwerking op veral die Onteieningswetsontwerp, in verband waarmee die President onlangs aan die Speaker van die Nasionale Vergadering en die Voorsitter van die Nasionale Raad van Provinsies (NRVP) geskryf het om duidelikheid te kry oor prosedurele aangeleenthede, met inbegrip van onvoldoende openbare deelname.
Die Sentrum vir Grondwetlike Regte (SGR) verwelkom vandag se beslissing deur die Konstitusionele Hof in die saak tussen die Departement van Korrektiewe Dienste (die Departement) en die vakbond, Solidariteit, asook werknemers van die Departement. In ‘n nasie waar konsepte van gelykheid steeds omstrede is, help die beslissing om dit wat onder gelykheid verstaan kan word, duidelik te stel. Die beslissing herbevestig regverdigheid as ‘n prosedurele waarde in die inwerkingstelling van enige indiensnemingsbeleide in die werkplek. Die besluit beteken uiteindelik dat oorwegings van geregtigheid en gelykheid bepaal dat nasionale staatsdepartemente nie alleenlik op nasionale demografie kan steun ten einde die vlak van verteenwoordiging van verskillende aangewese groepe te bepaal nie.
Dit blyk of dinge by die Suid-Afrikaanse Uitsaaikorporasie (SAUK) ‘n krisispunt bereik het. Dit, in die nasleep van radikale veranderinge wat dit onlangs betreffende sy bedrywighede gemaak het. Sommige van hierdie veranderinge blyk ongrondwetlik te wees. Dit dui op ‘n organisasie wat onseker is van sy rol as ‘n openbare uitsaaier in ‘n grondwetlike demokrasie. Die feit dat beide die howe sowel as die Openbare Beskermer bevind het dat die waarnemende Hoof Bedryfsbeampte, Hlaudi Motsoeneng, se aanstelling irrasioneel en onregmatig is, dra by tot die openbare uitsaaier se ongemak. Daarbenewens dui nuusberigte daarop dat die SAUK volgende maand ‘n verlies van tot R500 miljoen sal aankondig – byna dubbel die verlies van R395 miljoen van verlede jaar. Dit alles skets ‘n prentjie van onsekerheid oor die toekoms van die SAUK.
Gedeeltes in die Stad Tshwane word gekenmerk deur geweld, met mediaberigte wat uitgebrande motorvoertuie en strate besaai met brandende motorbande wys. Een persoon is na bewering in die geweld dood. Die gewelddadige betogings is oënskynlik as gevolg van partylede se ongelukkigheid met die regerende party se Nasionale Uitvoerende Raad se besluit om ‘n burgemeesterskandidaat te kies bó die kandidate wat deur die Tshwane-tak van die regerende party verkies word.