+27 (0) 21 930 3622
info@fwdeklerk.org

View Archived Content

ARTIKEL: DIE KEURINGSPROSES VAN DIE OPENBARE BESKERMER – ‘N EVALUERING

ppSA‘n Ad hoc-komitee is deur die Parlement ingestel om toesig te hou oor die aanstelling van die opvolger van die Openbare Beskermer, advokaat Thuli Madonsela. Dr Makhosi Khoza, ANC-LP, was die voorsitter. In haar openingsrede het sy “die beste persoon vir die werk” belowe. Ook op die komitee was Julius Malema namens die EVV, asook die volgende: Glynnis Breytenbach, Phumzile van Damme, James Selfe en Werner Horne namens die DA. Ander lede sluit in, namens die ANC, Bongani Bongo, Amos Masondo, Nicolaas Koornhof, Grace Tseke, Madipoane Mothapo en Patrick Maesela.

Kleiner partye is verteenwoordig deur professor Themba Msimang vir die IVP, Steve Swart van die ACDP en Sibusiso Mncwabe namens die NFP.

Read More »

ARTIKEL: REGTERS V REGTERS – ‘N BEHOEFTE AAN FINALITEIT

constitutional court foterGister het die Konstitusionele Hof (die Hof) in Nkabinde and Another v Judicial Service Commission and Others bevind dat ‘n bepaling in die Wet op die Regterlike Dienskommissie die toets van grondwetlikheid slaag. Die Hof het die aansoek deur Regters Nkabinde en Jafta, om ‘n bevel te herroep wat voorheen deur dieselfde Hof gemaak is, van die hand gewys. Die Hof het voorts benadruk dat dit in die belang van geregtigheid is dat daar uitsluitsel gegee word oor die klagte teen die regter-president van die Wes-Kaap, Regter Hlophe.

Die besluit is die laaste struikelblok wat oorkom is en baan die weg vir die daarstelling van ‘n tribunaal om tugverhore betreffende Regter Hlophe se optrede in te stel. Dit volg na ‘n klagte van ernstige wangedrag by die Regterlike Dienskommissie (RDK) ingedien is teen Regter Hlophe deur al die destydse Regters van die Konstitusionele Hof, met inbegrip van die partye in gister se bevinding, Jafta en Nkabinde. Hulle het beweer dat Regter Hlophe onbehoorlik opgetree het deur te poog om hul oordeel te beïnvloed betreffende aangeleenthede wat direk verband hou met die aanklagte van korrupsie teen President Jacob Zuma. Regters Jafta en Nkabinde sou belangrike getuienis lewer oor hierdie onbehoorlike optrede, maar in plaas daarvan het hulle die regmatigheid van die tribunaal wat deur die RDK ingestel sou word, uitgedaag. Agt jaar en talle regsuitdagings later, blyk dit of hierdie bevinding uitsluitsel in die aangeleentheid sal gee.

Read More »

ARTIKEL: NABETRAGTING OP DIE VERKIESINGS – AKTIEWE BURGERY EN DIE VERANTWOORDBAARHEID VAN STAATSAMPTENARE

CREDIT coda FoterIn die maande voor vanjaar se plaaslike verkiesings is die moontlikheid van vry en regverdige verkiesings gekenmerk deur verskeie voorvalle regoor die land. Van betogings in Vuwani betreffende munisipale afbakening, tot die verskeie politieke moorde in KwaZulu-Natal, asook die oorvloed van besware en klagtes op verkiesingsdag, was dit inderdaad onwaarskynlik dat ‘n kalm politieke atmosfeer sou heers na afloop van die bekendmaking van die finale uitslae. Na afloop van die verkiesingsproses en die aankondiging van die finale uitslae, het die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) verklaar dat die verkiesings vry en regverdig was. Hierdie sentimente is bevestig deur die Prokureursorde van Suid-Afrika.

Read More »

ARTIKEL: HIERDIE VROUEDAG: KOLLIG OP GEWOONTEREG EN -PRAKTYKE

international womens day foterDie Grondwet beskerm die regte van alle Suid-Afrikaners om deel te neem aan die kulturele lewe van hul keuse en dit beskerm voorts die kulturele, godsdiens- en taalregte van gemeenskappe, op voorwaarde dat sodanige praktyke nie strydig is met enige bepaling in die Handves van Regte nie. Ontwikkelings deur die loop van die jaar suggereer dat die reg op gelykheid en waardigheid baie vroue in die land steeds ontwyk weens kulturele praktyke.

Read More »

ARTIKEL: DIE NADRAAI VAN DIE ONGELDIGVERKLARING VAN DIE WYSIGINGSWET OP DIE HERSTEL VAN GRONDREGTE

foter ConCourtDie Konstitusionele Hof (die Hof) het gepraat – vanaf 28 Julie 2016 is die Wysigingswet op die Herstel van Grondregte, Wet 15 van 2014 (die Wysigingswet) ongeldig, grootliks te wyte aan die gebrekkige proses wat daartoe gelei het dat dit deur die Nasionale Vergadering as wet aanvaar is. Die besluit beklemtoon die belangrikheid van openbare deelname aan die wetgewende proses. Dit is immers vanselfsprekend dat die einste mense wat die onderdane van die gereg sal word, nie net geraadpleeg sal word nie, maar dat hul menings ook in ag geneem moet word wanneer wette opgestel word. Die besluit het uiteindelik ‘n uitwerking op veral die Onteieningswetsontwerp, in verband waarmee die President onlangs aan die Speaker van die Nasionale Vergadering en die Voorsitter van die Nasionale Raad van Provinsies (NRVP) geskryf het om duidelikheid te kry oor prosedurele aangeleenthede, met inbegrip van onvoldoende openbare deelname.

Read More »

VERKLARING: SGR VERWELKOM KONSTITUSIONELE HOF SE BESLISSING IN SOLIDARITY AND OTHERS V DEPARTMENT OF CORRECTIONAL SERVICES AND OTHERS

courtDie Sentrum vir Grondwetlike Regte (SGR) verwelkom vandag se beslissing deur die Konstitusionele Hof in die saak tussen die Departement van Korrektiewe Dienste (die Departement) en die vakbond, Solidariteit, asook werknemers van die Departement. In ‘n nasie waar konsepte van gelykheid steeds omstrede is, help die beslissing om dit wat onder gelykheid verstaan kan word, duidelik te stel. Die beslissing herbevestig regverdigheid as ‘n prosedurele waarde in die inwerkingstelling van enige indiensnemingsbeleide in die werkplek. Die besluit beteken uiteindelik dat oorwegings van geregtigheid en gelykheid bepaal dat nasionale staatsdepartemente nie alleenlik op nasionale demografie kan steun ten einde die vlak van verteenwoordiging van verskillende aangewese groepe te bepaal nie.

Read More »

ARTIKEL: OM DIE ROL VAN DIE SAUK AS OPENBARE UITSAAIER TE BEGRYP

SABC LogoDit blyk of dinge by die Suid-Afrikaanse Uitsaaikorporasie (SAUK) ‘n krisispunt bereik het. Dit, in die nasleep van radikale veranderinge wat dit onlangs betreffende sy bedrywighede gemaak het. Sommige van hierdie veranderinge blyk ongrondwetlik te wees. Dit dui op ‘n organisasie wat onseker is van sy rol as ‘n openbare uitsaaier in ‘n grondwetlike demokrasie. Die feit dat beide die howe sowel as die Openbare Beskermer bevind het dat die waarnemende Hoof Bedryfsbeampte, Hlaudi Motsoeneng, se aanstelling irrasioneel en onregmatig is, dra by tot die openbare uitsaaier se ongemak. Daarbenewens dui nuusberigte daarop dat die SAUK volgende maand ‘n verlies van tot R500 miljoen sal aankondig – byna dubbel die verlies van R395 miljoen van verlede jaar. Dit alles skets ‘n prentjie van onsekerheid oor die toekoms van die SAUK.

Read More »

VERKLARING: DIE WEG NA VREEDSAME VERKIESINGS

tshwane gov zaGedeeltes in die Stad Tshwane word gekenmerk deur geweld, met mediaberigte wat uitgebrande motorvoertuie en strate besaai met brandende motorbande wys. Een persoon is na bewering in die geweld dood. Die gewelddadige betogings is oënskynlik as gevolg van partylede se ongelukkigheid met die regerende party se Nasionale Uitvoerende Raad se besluit om ‘n burgemeesterskandidaat te kies bó die kandidate wat deur die Tshwane-tak van die regerende party verkies word.

Daarbenewens het die Minister van Polisie, Nathi Nhleko, verlede week aangekondig dat hy ‘n taakspan daargestel het, wie se mandaat dit is om die “toename in politieke moorde” te ondersoek. Hy het voorts kommer uitgespreek oor die aantal moorde wat met die komende verkiesings op 3 Augustus 2016 verband hou. Die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie (SAMRK) voer aan dat daar ongeveer 50 polities-verwante moorde oor die afgelope vyf jaar plaasgevind het, hoofsaaklik in KwaZulu-Natal en Mpumalanga. Die Instituut vir Sekerheidstudies (ISS) het ook daarop gewys dat politieke moorde die gevolg is van plaaslike konflikte en mededinging.

Read More »

ARTIKEL: JEUGDAG – PIONNE IN IEMAND ANDERS SE STRYD

Learners

16 Junie – Jeugdag – word jaarliks in Suid-Afrika gevier ter herinnering van die skoolkinders wat in 1976 deur die apartheidspolisie doodgemaak is. Die betogings was in antwoord op Bantoe-onderrig en die afdwinging van Afrikaans as onderrigmedium in skole. Die beweging het soos ‘n veldbrand oor die land versprei en hierdie jaar is die 40ste herdenking van wat nou na verwys word as die Soweto-opstande.

Die Soweto-opstande dien as ‘n herinnering aan hoe belangrik onderrig vir jong mense is. Dit is dus belangrik om te besin oor die belangrikheid van die dag vir die jeug en vir onderwys vandag. Artikel 29 van die Grondwet verskans die reg op onderwys en bepaal dat elkeen die reg op basiese onderwys het. Basiese onderwys behels die jare tot met en insluitend matrikulasie.

Read More »