+27 (0) 21 930 3622
info@fwdeklerk.org

View Archived Content

VERKLARING: DIE PERMANENTE KRISIS IN DIE SUID-AFRIKAANSE POLISIEDIENS

SAPS foterWaarnemende Polisiekommissaris, Khomotso Phahlane, is die onderwerp van ‘n ondersoek deur die Onafhanklike Polisieondersoekdirektoraat (OPOD) na bewerings van korrupsie wat spruit uit die tyd toe hy die hoof van forensiese dienste was. Nie net word hy vir korrupsie ondersoek nie, maar hy word ook daarvan beskuldig van dwarsboming van die gereg, nadat hy na bewering getuies gekontak het wat deel was van die ondersoek na die bewerings oor korrupsie.

Hou in gedagte dat hy in die posisie waarneem omdat die Nasionale Polisiekommissaris, Riah Phiyega, tans geskors is terwyl sy na bewering appelleer teen die Claassen-kommissie van ondersoek se bevindings dat sy nie geskik is om haar amp te beklee ten opsigte van haar optrede in die Marikana-slagting nie. Haar voorganger, Bheki Cele, het ook die pos verlaat oor bewerings van wanadministrasie en wangedrag betreffende die huur van ‘n nuwe gebou vir die hoofkwartiere van die polisie. Jackie Selebi se tyd aan die stuur van sake het uiteindelik gelei tot sy gevangenisstraf weens korrupsie, en hy is miskien beter bekend vir sy goed gepubliseerde vriendskap met bekende figure van die onderwêreld.

Read More »

VERKLARING: ONTHOU OP HIERDIE MENSEREGTEDAG DIE MEES KWESBARES

un human rights day optDie Sentrum vir Grondwetlike Regte (SGR) vier internasionale Menseregtedag, maar doen ook ‘n beroep om die beskerming van die samelewing se mees kwesbare groepe.

Noluvo Swelindawo het openlik as ‘n lesbiër geleef in Khayelitsha, totdat sy wreed vermoor is – vermoedelik oor haar seksuele oriëntasie – nog een op ‘n groeiende lys van sulke wrede voorvalle in Suid-Afrika. Ten spyte daarvan dat die Grondwet onregverdige diskriminasie op grond van, onder andere, ‘seksuele oriëntasie’ verbied – en voorts dat die Staat verplig is om die regte in die Handves van Regte te respekteer, beskerm, bevorder en uitvoer – is daar eenvoudig net te veel voorvalle van sulke onverdraagsaamheid. Die verspreiding van sodanige aanvalle vind plaas ten spyte van internasionale Menseregtedag, ‘n dag wat ook die einde van die veldtog van 16 Dae van Aktivisme teen Geslagsgebaseerde Geweld gedenk.

Suid-Afrika het reeds een van die hoogste verkragtingsyfers ter wêreld – en vir vroue soos Noluvo Swelindawo, maak hul seksuele oriëntering hulle ekstra kwesbaar. Die veldtog van 16 Dae van Aktivisme teen Geslagsgebaseerde Geweld het ten doel om geslagsgebaseerde geweld aan te pak, met inbegrip van die soort geweld wat teen vroue gerig is wat as lesbiërs, gay, biseksueel of transgender identifiseer.

Read More »

ARTIKEL: DIE STRYD TEEN DIE MIV-EPIDEMIE – IS SUID-AFRIKA BESIG OM TE WEN?

HIV TESTOp 1 Desember 2016 herdenk ons Wêreld Vigsdag – die internasionale inisiatief wat ten doel het om mense in die stryd teen die siekte te verenig. In die gees van die dag is dit dalk gepas om ‘n oomblik te neem en na te dink oor die belangrike vooruitgang wat hierdie jaar gemaak is deur verskeie rolspelers in die stryd teen MIV en Vigs.

Suid-Afrika het ‘n lang pad gekom sedert die baanbrekende uitspraak deur die Konstitusionele Hof (die Hof) in Minister of Health and others v Treatment Action Campaign and Others in 2002 (TAC), ingevolge waarvan die Regering beveel het dat die anti-retrovirale middel, Nevirapine, aan alle staatshospitale en klinieke beskikbaar gestel word, en nie slegs aan dié wat as navorsingsfasiliteite geklassifiseer is nie.

Read More »

ARTIKEL: 16 DAE VAN AKTIVISME TEEN GESLAGSGEBASEERDE GEWELD – DIE ROL VAN DIE SUID-AFRIKAANSE POLISIEDIENS

ORANGE 2016 optDie tydperk van 25 November (Internasionale Dag vir die Uitwissing van Geweld teen Vroue) tot 10 Desember (Internasionale Menseregtedag) is die jaarlikse herdenking van die veldtog van 16 Dae van Aktivisme teen Geslagsgebaseerde Geweld. Die internasionale veldtog het sy oorspring in die eerste Women’s Global Leadership Institute wat deur die Center for Women’s Global Leadership in 1991 gekoördineer is. Die United Nations Women voer jaarliks hierdie veldtog en hierdie jaar se tema fokus op bronne wat nodig is om geslagsgebaseerde geweld regoor die wêreld te beëindig.

Suid-Afrika erken sy verpligting om te verseker dat die reg op sekuriteit van die persoon beskerm word. Hierdie reg word in artikel 12 van die Grondwet verskans, wat bepaal dat elkeen die reg het op vryheid en sekuriteit van die persoon, en sluit die reg in om vry te wees van alle vorms van geweld, van beide openbare en private bronne. Voorts verbied dit onmenslike of vernederende behandeling en strafmaatreëls.

Read More »

ARTIKEL: UNIVERSELE KINDERDAG: 19.7 MILJOEN STERK

children foterOp 20 November word Universele Kinderdag regoor die wêreld gevier. Hierdie dag word toegewy aan die bevordering van die welsyn van kinders en dui op die aanvaarding van die Verklaring van die Regte van die Kind en die Konvensie oor die Regte van die Kind deur die Verenigde Nasies (VN). In Suid-Afrika word hierdie dag toegewy aan die 19.7 miljoen kinders onder die ouderdom van 18 regoor die land. 

Universele Kinderdag gaan verder as om bloot net die jeug van die wêreld te vier – die doel is om bewusmaking te skep oor die mees kwesbare kinders, wat verskeie vorms van mishandeling, uitbuiting en onderdrukking moes deurmaak. Kinderregte is wêreldwyd verder gevoer deur die Millennium Ontwikkelingsdoelwitte (MOD) en voorts ook deur die doelwitte wat in die Volhoubare Ontwikkelingsdoelwitte (VOD) vir 2015 – 2030 uiteengesit is. 

Read More »

ARTIKEL: JULIUS MALEMA WEER IN STRYD MET DIE GEREG: DIE GRONDWETLIKHEID VAN DIE WET OP OPROERIGE BYEENKOMSTE

MALEMA EFFDie leier van Suid-Afrika se derde grootste politieke party, mnr Julius Malema, bevind homself weereens in stryd met die gereg. Hierdie keer omdat hy na bewering die Wet op Oproerige Byeenkomste geskend het deur na bewering sy ondersteuners aan te moedig om grond te beset. Na bewering het hy in 2014 dit aan ‘n groot groep ondersteuners gesê, en meer onlangs in Junie 2016. Nuusberigte noem voorts sy voorneme om die Konstitusionele Hof te nader om die grondwetlikheid van die Wet op Oproerige Byeenkomste uit te daag. Verskeie politieke kommentators blyk met sy stelling saam te stem, gebaseer op die feit dat die Wet op Oproerige Byeenkomste (die Wet) die Grondwet voorafgaan, aangesien dit in 1956 gepromulgeer is.

Van nader beskou blyk dit egter dat daar niks verdags is met betrekking tot sy bepalings nie. Trouens, indien enige iets, kan die huidige bepalings van die Wet die toets van grondwetlikheid slaag.

Read More »

ARTIKEL: WATER IS LEWE

CFCR Water Plant opt

Op 11 November 2016 het Megan Dick, kommunikasiebeampte, en die SGR se interne, Kiah Murphy en Sonam Mansingh, die geleentheid gehad om die Welvanpas-watersuiweringswerke in die munisipaliteit Drakenstein, wat binnekort voltooi sal word, te besoek. 

Suid-Afrika se verouderende waterstelselinfrastruktuur, swaar ekonomiese afhanklikheid op landbou, en die uiterste gevolge van klimaatverandering op die omgewing, het dit byna onmoontlik gemaak vir die regering om die reg op water progressief te verwesenlik, soos uitgedruk in artikel 27 in die Grondwet. Baie munisipaliteite is gedwing om waterbeperkings in te stel om te verseker dat die land nie ‘n onomkeerbare waterkrisis beleef nie. Die munisipaliteit Drakenstein in die Paarl was een van die eerste gebiede om beperkings aan die begin van 2016 aan te kondig. Sedertdien het ‘n kombinasie van pogings deur die regering en die gemeenskap, asook ‘n passievolle inset deur kundige ingenieurs, waterverlies in die gebied drasties verminder.

Read More »

ARTIKEL: DIE WYSIGINGSWETSONTWERP OP VLUGTELINGE – SAL DIT WERKLIK KORRUPSIE BEKAMP?

refugee dayOp 16 September 2016 is die derde konsepwetsontwerp van die hoogs omstrede Wysigingswetsontwerp op Vlugtelinge (die Wetsontwerp) in die Nasionale Vergadering bekendgestel. Die publiek is genooi om geskrewe voorleggings teen 28 Oktober 2016 in te dien. Die Wetsontwerp het ten doel om die Wet op Vlugtelinge 130 van 1998 (die Wet) en die Wysigingswet op Vlugtelinge van 2008 en 2011, waarvan laasgenoemde twee nog geproklameer moet word, te herroep. Die bepalings van die Wetsontwerp sal na sodanige aanvang in werking tree. 

Die Sentrum vir Grondwetlike Regte (SGR) het geskrewe voorleggings aan die Parlement gerig aangesien hierdie Wetsontwerp ‘n kwesbare en klaarblyklik baie groot groep mense raak wat aan potensiële misbruik in die asielstelsel onderwerp kan word. ‘n Verslag deur die UNHCR in Junie 2016 raam dat die getal asielsoekers in Suid-Afrika op 1 096 063 mense te staan kom. Die organisasie Africa Check het hierdie syfers ondersoek en bevind dat die hangende sake soos deur die UNHCR aangevoer is, nie so hoog is nie, maar dat Suid-Afrika egter oor die tweede grootste agterstand van onafgehandelde asielsake in die wêreld beskik.

Read More »

The FW de Klerk Foundation is proud to share their 2023 Cultural, Religious and Linguistic Rights Report Card.