VERKLARING: DIE PERMANENTE KRISIS IN DIE SUID-AFRIKAANSE POLISIEDIENS
Waarnemende Polisiekommissaris, Khomotso Phahlane, is die onderwerp van ‘n ondersoek deur die Onafhanklike Polisieondersoekdirektoraat (OPOD) na bewerings van korrupsie wat spruit uit die tyd toe hy die hoof van forensiese dienste was. Nie net word hy vir korrupsie ondersoek nie, maar hy word ook daarvan beskuldig van dwarsboming van die gereg, nadat hy na bewering getuies gekontak het wat deel was van die ondersoek na die bewerings oor korrupsie.
Hou in gedagte dat hy in die posisie waarneem omdat die Nasionale Polisiekommissaris, Riah Phiyega, tans geskors is terwyl sy na bewering appelleer teen die Claassen-kommissie van ondersoek se bevindings dat sy nie geskik is om haar amp te beklee ten opsigte van haar optrede in die Marikana-slagting nie. Haar voorganger, Bheki Cele, het ook die pos verlaat oor bewerings van wanadministrasie en wangedrag betreffende die huur van ‘n nuwe gebou vir die hoofkwartiere van die polisie. Jackie Selebi se tyd aan die stuur van sake het uiteindelik gelei tot sy gevangenisstraf weens korrupsie, en hy is miskien beter bekend vir sy goed gepubliseerde vriendskap met bekende figure van die onderwêreld.
DIE GRONDWET EN GOEIE PUBLIEKE LEIERSKAP: ONTBYTBESPREKINGSREEKS 2017
Die Sentrum vir Grondwetlike Regte (SGR) vier internasionale Menseregtedag, maar doen ook ‘n beroep om die beskerming van die samelewing se mees kwesbare groepe.
Op 1 Desember 2016 herdenk ons Wêreld Vigsdag – die internasionale inisiatief wat ten doel het om mense in die stryd teen die siekte te verenig. In die gees van die dag is dit dalk gepas om ‘n oomblik te neem en na te dink oor die belangrike vooruitgang wat hierdie jaar gemaak is deur verskeie rolspelers in die stryd teen MIV en Vigs.
Die tydperk van 25 November (Internasionale Dag vir die Uitwissing van Geweld teen Vroue) tot 10 Desember (Internasionale Menseregtedag) is die jaarlikse herdenking van die veldtog van 16 Dae van Aktivisme teen Geslagsgebaseerde Geweld. Die internasionale veldtog het sy oorspring in die eerste Women’s Global Leadership Institute wat deur die Center for Women’s Global Leadership in 1991 gekoördineer is. Die United Nations Women voer jaarliks hierdie veldtog en hierdie jaar se tema fokus op bronne wat nodig is om geslagsgebaseerde geweld regoor die wêreld te beëindig.
Op 20 November word Universele Kinderdag regoor die wêreld gevier. Hierdie dag word toegewy aan die bevordering van die welsyn van kinders en dui op die aanvaarding van die Verklaring van die Regte van die Kind en die Konvensie oor die Regte van die Kind deur die Verenigde Nasies (VN). In Suid-Afrika word hierdie dag toegewy aan die 19.7 miljoen kinders onder die ouderdom van 18 regoor die land.
Die leier van Suid-Afrika se derde grootste politieke party, mnr Julius Malema, bevind homself weereens in stryd met die gereg. Hierdie keer omdat hy na bewering die Wet op Oproerige Byeenkomste geskend het deur na bewering sy ondersteuners aan te moedig om grond te beset. Na bewering het hy in 2014 dit aan ‘n groot groep ondersteuners gesê, en meer onlangs in Junie 2016. Nuusberigte noem voorts sy voorneme om die Konstitusionele Hof te nader om die grondwetlikheid van die Wet op Oproerige Byeenkomste uit te daag. Verskeie politieke kommentators blyk met sy stelling saam te stem, gebaseer op die feit dat die Wet op Oproerige Byeenkomste (die Wet) die Grondwet voorafgaan, aangesien dit in 1956 gepromulgeer is.
Op 16 September 2016 is die derde konsepwetsontwerp van die hoogs omstrede Wysigingswetsontwerp op Vlugtelinge (die Wetsontwerp) in die Nasionale Vergadering bekendgestel. Die publiek is genooi om geskrewe voorleggings teen 28 Oktober 2016 in te dien. Die Wetsontwerp het ten doel om die Wet op Vlugtelinge 130 van 1998 (die Wet) en die Wysigingswet op Vlugtelinge van 2008 en 2011, waarvan laasgenoemde twee nog geproklameer moet word, te herroep. Die bepalings van die Wetsontwerp sal na sodanige aanvang in werking tree.