ARTIKEL: ‘N KWESBARE REGBANK?

Soos wat die geval is met strukturele interdikte – met lae van verslagdoening en toesighouding – is die onlangse bevel deur die Konstitusionele Hof in Black Sash Trust v Minister of Social Development and Others (Black Sash-saak) verreikend en omvattend. Gewoonlik sal sodanige interdik beskuldigings van inmenging en ‘n moontlike skending van die beginsel van die skeiding van magte ontlok – en nie om ongegronde redes nie – maar hierdie is nie gewone tye nie.
Op dieselfde dag as wat die Konstitusionele Hof sy bevinding gemaak het in die Black Sash-saak, het die Hoë Hof in Pretoria die Minister van Polisie se aanstelling van generaal-majoor Ntlemeza as Nasionale Hoof van die Direktoraat vir Prioriteitsmisdaadondersoek ter syde gestel. Dit is ter syde gestel op grond daarvan dat die aanstelling, gegewe vorige negatiewe bevindinge deur howe teen generaal-majoor Ntlemeza, irrasioneel was.


Volgens die Hoof Uitvoerende Beampte van die Suid-Afrikaanse Uitsaaikorporasie (SAUK), het die Uitsaaier die Hoë Hof genader om die bevindings van die voormalige Openbare Beskermer se verslag – When Governance and Ethics Fail – te betwis. Daardie verslag het bevind dat die voormalige Hoof Bedryfsbeampte, Hlaudi Motsoeneng, skuldig is aan wangedrag en dat hy sy pos by die SAUK op bedrieglike wyse bekom het. Die aansoek om hersiening – op grond van administratiewe geregtigheid – kom ‘n hele drie jaar na die verslag uitgereik is en die regstellende stappe daarvolgens deur die Kantoor van die Openbare Beskermer gepubliseer is.
Die Sentrum vir Grondwetlike Regte (SGR) verwelkom vandag se beslissing deur die Noord-Gautengse Hoë Hof dat die regering se onttrekking van die Internasionale Strafhof (ISH) ongrondwetlik en ongeldig is in die afwesigheid van sodanige goedkeuring deur die Parlement.
Die President sal môre, in sy Staatsrede aan Suid-Afrikaners, praat oor die nasie se aktuele sake. As hoof van die Uitvoerende Gesag, word daar van hom verwag om eerlik te wees oor die nasie se politieke, asook sosio-ekonomiese status quo, terwyl hy die nasie hoop gee dat ten spyte van trae ekonomiese groei en ander euwels, daar steeds baie dinge is waaroor Suid-Afrikaners bly kan wees. Soos nou die gebruik geword het, sal die opposisiebanke die President koggel wanneer hy praat. Die howe het bevind dat Lede van die Parlement nie verwyder mag word omdat hulle hulself uitdruk nie, ongeag hoe onaangenaam sodanige uitdrukking vir die voorsittende beampte mag wees – so ‘n mens verwag nie ‘n herhaling van verlede jaar se gewelddadige tonele nie. Maar vanjaar, in aanloop tot die Staatsrede, is daar ‘n paar onverwagte ontwikkelings, soos die ontplooiing van lede van die Suid-Afrikaanse Weermag om “wet en orde te handhaaf”. Ook onverwags is die nuus dat joernaliste na bewering in twee media-blokke geplaas sal word, en slegs sal mag beweeg indien hulle deur twee polisiebeamptes vergesel word.
Op 31 Januarie 2017 het die Sentrum vir Grondwetlike Regte (die SGR) onder die sambreel van die FW de Klerk Stigting (die Stigting), ook sy stem gevoeg by die bekendstelling van die Wetsontwerp op die Voorkoming en Bekamping van Haatsmisdade en Haatspraak (die Wetsontwerp).
Op 24 Januarie 2017 gaan die Sentrum vir Grondwetlike Regte (SGR) die Portefeuljekomitee oor Binnelandse Sake (die Komitee) toespreek oor sy grootste bekommernisse betreffende die Wysigingswetsontwerp op Vlugtelinge. Die SGR het in Oktober 2016 geskrewe voorleggings oor die Wysigingswetsontwerp ingedien, wat op die SGR se webtuiste,