Hierdie oënskynlike krisis in leierskap ondermyn die andersins hardwerkende personeel in die range van die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) met betrekking tot die voldoening aan hul grondwetlike verpligtinge om die veiligheid en sekuriteit van Suid-Afrikaners te verseker. Ander navorsing dui op lae moraal, as gevolg van swak leierskap, wat op sy beurt die vermoë van die SAPD raak om sy grondwetlike verpligtinge uit te voer. Gegewe die nasie se onverbiddelike hoë misdaadsyfers, is daar ‘n dringende behoefte om ferm, beslissende leierskap wat gegrond is op integriteit en respek vir die Grondwet.

Die Wet op die SAPD is onvoldoende om te verseker dat slegs die beste mense vir leierskap in die SAPD aangewys word, aangesien dit nie duidelike kriteria daarstel met betrekking tot die aanstelling van ‘n Nasionale Kommissaris nie. Dit is miskien die ideale geleentheid vir ‘n wysiging aan die Wet op die SAPD om te verseker dat gekwalifiseerde persone met integriteit die organisasie lei.  

 Deur me Phephelaphi Dube: Direkteur, Sentrum vir Grondwetlike Regte

Leave a Reply

Your email address will not be published.