ARTIKEL: DIE REG OP ONDERRIG IN JOU TAAL VAN KEUSE – OBJEKTIEF BEPAALBAAR OF ‘N POLITIEKE BYENES?*

Het die Universiteit van die Vrystaat versuim om oorweging te skenk aan Afrikaanse studente se grondwetlike reg kragtens artikel 29(2)? Dit volg nadat die universiteit sy dubbelmedium-taalbeleid met ‘n enkelmedium-beleid vervang het. Dit was ‘n belangrike kwessie in die Appèlhof se uitspraak in University of the Free State v Afriforum (Appèlhof-uitspraak). Die UV se uitspraak is gegrond op ‘n “verbintenis tot transformasie”, en is deur die Appèlhof gehandhaaf. Afriforum het aansoek verlof by die Konstitusionele Hof ingedien om teen die beslissing te appelleer.
In ‘n eerste vir die Konstitusionele Hof, sal dit belangrik wees om die betekenis van die interne kwalifiseerders van artikel 29(2) duidelik te stel, in die konteks van hoër onderwys.



25 Mei is die jaarlikse herdenking van die stigting van die Organisasie vir Afrika-Eenheid (OAE). Die OAE is ingestel om “eenheid en solidariteit onder Afrika-state te bevorder” en om “die oorblyfsels van kolonisasie en apartheid op die vasteland uit te roei”. Dit was aan die begin van die bevryding vir baie Afrika-lande van kolonialisme, en die samewerking was een van die beste voorbeelde van pan-Afrikanisme en die voorneme om bande tussen Afrika-lande te smee. In 2001 is die OAE hernoem na die Afrika-unie (AU). Vanjaar vier dit sy 54ste bestaansjaar – meer as vyf dekades, en tog blyk dit of daar nie veel is om te vier nie.


DIE GRONDWET EN GOEIE PUBLIEKE LEIERSKAP: ONTBYTBESPREKINGSREEKS 2017