ARTIKEL: EVV REG OM KONSTITUSIONELE HOF OOR NKANDLA TE NADER
‘n Besluit deur die Ekonomiese Vryheidsvegters (die EVV) om direkte toegang tot die Konstitusionele Hof betreffende die Nkandla-aangeleentheid te verkry, is die regte besluit. Alhoewel regsekerheid betreffende die Openbare Beskermer se magte ‘n belangrike saak is, het die Wes-Kaapse Hoë Hof in Democratic Alliance v SABC and Others waarskynlik die reg in hierdie verband korrek uitgeklaar.

“Is Suid-Afrika reg vir ‘n vroulike president?” – lui die hoofopskrifte van tyd tot tyd. Dieselfde vraag is aan die president van die vroueliga van die regerende party gestel, en het die volgende antwoord ontlok: terwyl daar vordering gemaak is betreffende vroue in leierskap, is die “tyd nog nie ryp vir ‘n vrou om [die party, en dus die land] te lei nie”. Dieselfde vraag is ‘n jaar later gestel – die tesourier-generaal van dieselfde organisasie het geantwoord deur te sê dat “almal reg is vir ‘n vroulike leier”.
DIE GRONDWET EN GOEIE PUBLIEKE LEIERSKAP: ONTBYTBESPREKINGSREEKS 2015
Die Sentrum vir Grondwetlike Regte (die SGR) verwelkom die omvattende verduideliking deur Regter Dunstan Mlambo, Regter-president van die Gautengse Afdeling van die Hoë Hof, namens ‘n volbank van die Noord-Gautengse Hoë Hof. In sy beslissing het die Hof die redes verduidelik vir sy vroeër beslissing, waarin hy bevind het dat die Suid-Afrikaanse regering se versuim om die Soedanese President, Omar al-Bashir – in ooreenstemming met sy internasionale verpligtinge – in hegtenis te neem, strydig is met die Grondwet en onwettig is.
[Opsomming van toespraak gelewer tydens die Konferensie betreffende Bestuursinstrumente en -maatstawwe vir voedselsekuriteit, aangebied deur die Noordwes-universiteit en die Konrad Adenauer-stigting, van 18 tot 19 Junie 2015]
“Die meeste van die wêreld se vlugtelinge – 86% – woon in die ontwikkelende wêreld, in vergelyking met 70% 10 jaar gelede. Die meeste van hierdie lande het hul deure oopgehou vir mense wat op soek is na veiligheid, en het ‘n vrygewigheid getoon wat dikwels buite hul vermoë is.”
Op hierdie Jeugdag bring die Sentrum vir Grondwetlike Regte (die SGR) hulde aan daardie jongmense wat vir geregtigheid en vryheid in ons land gely het, maar ook aan diegene wat vandag daarna streef om Suid-Afrika vir die toekomstige nageslagte te bou en te ontwikkel.