VERKLARING: SUID-AFRIKA VERPLIG OM INTERNASIONALE LASBRIEF VAN STRAFHOF NA TE KOM
Die Sentrum vir Grondwetlike Regte (die SGR) verwelkom ‘n tussentydse bevel deur die Hoë Hof in Pretoria wat die Soedanese President, Omar Al-Bashir, verhoed om Suid-Afrika te verlaat totdat die Hof ‘n aansoek vir sy inhegtenisname kragtens ‘n lasbrief van die Internasionale Strafhof (ISH) aangehoor het.
Die Sentrum vir Grondwetlike Regte (die SGR) verwelkom ’n eenparige beslissing deur ’n volbank regters van die Wes-Kaapse HoëHof wat verhoed dat lede van die Parlement in die Nasionale Vergadering of die Nasionale Raad van Provinsies (NRVP) in hegtenis geneem kan word.
DIE GRONDWET EN GOEIE PUBLIEKE LEIERSKAP: BESPREKINGSREEKS 2015
“Die grondslag van ‘n demokratiese staat is vryheid” – Aristotle
Minister van Verdediging en Militêre Veterane, Nosiviwe Noluthando Mapisa-Nqakula, het onlangs aangekondig dat die SA Nasionale Weermag (SANW) ontplooi sal word om die SA Polisiediens (SAPD) by te staan om verdere xenofobiese aanvalle te voorkom en onderdruk.
Die Sentrum vir Grondwetlike Regte (die SGR) neem met kommer kennis van en veroordeel die voortgesette aanvalle op buitelanders in Suid-Afrika – waarvan die jongste voorvalle in die provinsie van KwaZulu-Natal uitgebreek het.
Die Sentrum vir Grondwetlike Regte (die SGR) neem met kommer kennis van ‘n onlangse mediaberig oor die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) se onwilligheid om die gebruik van Afrikaans toe te laat tydens een van sy vergaderings in Mosselbaai in die Wes-Kaap.
‘n Vrou word die onderwerp van openbare bespotting oor haar keuse van kleredrag.
Die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) vier jaarliks op 7 April Wêreldgesondheidsdag.