ARTIKEL: BLADE NZIMANDE SE ONGRONDWETLIKE VELDTOG OM AFRIKAANS AS UNIVERSITEITSTAAL TE VERWYDER
Volgens “Rapport” wat op 30 November 2014 verskyn het, dreig die Minister van Hoër Onderwys, dr Blade Nzimande, om die registrasie van die private universiteit, Akademia, te onttrek indien dit eksklusief Afrikaans gaan bly.
’n Jaar het nou verloop sedert die dood van Nelson Mandela, die eerste president van ons nie-rassige grondwetlike demokrasie.
Sedert Maart vanjaar is meer as 5000 mense dood aan Ebola.
Dit het onder die aandag van die FW de Klerk Stigting gekom dat internasionale studente deur die Departement van Binnelandse Sake se nuwe immigrasiebeleide verhoed kan word om aan Suid-Afrikaanse universiteite te studeer.
Die FW de Klerk Stigting en die Sentrum vir Grondwetlike Regte (die SGR) veroordeel die onlangse beweerde aanranding van Delia Adonis, ’n skoonmaker by ’n winkelsentrum in Claremont, Kaapstad. Volgens mediaberigte was die aanranding rasgemotiveerd en is die 62-jarige vrou deur vyf jong wit mans ernstig en op lafhartige wyse aangerand.
Universele Kinderdag is ’n dag wat aan die bevordering en beskerming van kinderregte gewy word.
Die FW de Klerk Stigting verwelkom die voorstel van die Staatsdienskommissie dat die regering sy beleide betreffende transformasie en aanstellings moet hersien.
Die Stigting is deur verskeie vriende gevra om kommentaar te lewer op Magnus Heystek se onlangse, donker artikel oor Suid-Afrika se vooruitsigte.
16 November is die Verenigde Nasies se Internasionale Dag vir Verdraagsaamheid.