ARTIKEL: NZIMANDE SE PLAN OM TAALEENVORMIGHEID OP ONS UNIVERSITEITE AF TE DWING
Na aanleiding van ’n verklaring deur die Minister van Hoër Onderwys en Opvoeding, Blade Nzimande, tydens sy begrotingsrede vroeër dié week, het “…ons nie meer Afrikaanse of Zulu- of Tswana-universiteite nodig nie. Al ons universiteite is Suid-Afrikaanse universiteite en moet al die mense van hierdie land dien.”

Jonathan Jansen is een van ons mees uitgesproke en invloedryke akademiese leiers. Van tyd tot tyd neem hy oordeelkundige en brawe besluite ten opsigte van die mynveld van transformatiewe politiek by sy eie universiteit, die Universiteit van die Vrystaat.
In 1996 is Eugene de Kock, die voormalige bevelvoerder van die C1-teen-inturgensie-eenheid van die Suid-Afrikaanse Polisiediens, verhoor en skuldig bevind aan 89 klagte en tot 212 jaar tronkstraf gevonnis.
In ’n artikel wat hy verlede Sondag vir Rapport geskryf het, het Frans Cronje van die Instituut vir Rasseverhoudings Suid-Afrikaners met reg aangeraai om vir alle gebeurlikhede te beplan.
Die hoofboodskap van president Zuma se tweede inhuldigingsrede is dat sy nuwe regering gedurende die volgende vyf jaar die “tweede fase van ons oorgang vanaf apartheid na ’n nasionale demokratiese samelewing sal loods.
Volgens mediaberigte is die Departement van Justisie en Staatkundige Ontwikkeling in die proses om howe wat hul verrigtinge in inheemse tale sal uitvoer, in te stel, in ’n poging om geregtigheid te versnel en om howe toegankliker te maak.
21 Mei is Wêrelddag vir Kulturele Diversiteit vir Dialoog en Ontwikkeling.
Daar is ’n paar punte wat ons moet oorweeg in die lig van verlede week se verkiesing.