ARTIKEL: NIKS OM TE VIER OP WERKERSDAG NIE
Op 1 Mei het Suid-Afrika weer eens Werkersdag gevier – alhoewel daar in werklikheid niks is om te vier nie.
Ons opstandige vakbonde veroorsaak geweldige skade aan die samelewing, die ekonomie, die werkloses en aan die belange van die werkers self.
- Suid-Afrika het een van die hoogste stakingsyfers in die wêreld – en ons stakings is van die gewelddadigstes. Tussen 2006 en 2011 het ‘n gemiddeld van 507 werksdae verlore gegaan vir elke 1000 werkende Suid-Afrikaners – in vergelyking met ‘n internasionale gemiddeld van net 30.6 dae per 1000 werkers in dieselfde tydperk.
Ek is verontrus deur die beroep van die SAKP en COSATU om die skorsing van die Israeliese Ambassadeur na afloop van Israel se weiering om ‘n visum aan Minister Blade Nzimande uit te reik om samesprekings te voer met die Palestynse owerhede in Ramallah.
Rasseverhoudings in Suid-Afrika is nou meer weerbarstig as wat dit ter enige tyd sedert 1994 was.
Huidige ontwikkelings op die kampusse van die NWU, Stellenbosch en die UK opper belangrike vrae, nie net oor die toekoms van ons universiteite nie, maar ook oor die aard van ons multikulturele samelewing.
In sy toespraak op 9 Maart in Stellenbosch het FW de Klerk gesê dat die Woordfees ‘n bewys is “van die die lewenskragtigheid van Afrikaans as die taal waarin sewe miljoen Suid-Afrikaners van alle rasse dink, praat, skep en droom”.
Dit is ‘n groot voorreg vir my om te kan deel neem aan hierdie jaar se Woordfees.
Baie Suid-Afrikaners is bekoor deur die meer versoenende toon wat President Zuma aangeneem het in sy reaksie verlede week op die debat oor die staatsrede. Hy was pittig, gemoedelik en humoristies – selfs teenoor sy bitterste kritici.
Internasionale Moedertaaldag, wat in 1999 deur die VN se Organisasie vir Opvoeding, Wetenskap en Kultuur (UNESCO) ingestel is, is ’n geleentheid om linguistiese diversiteit te vier.
11 Februarie 1990 was beslis een van die keerpunte in Suid-Afrika se moderne geskiedenis.