Die dag, wat in 1995 gestig is ingevolge die Verklaring van Beginsels oor Verdraagsaamheid, het ten doel om erkenning te verleen en waardering te betoon aan die ryke verskeidenheid van die wêreld se kulture. Die Verklaring lui

Verdraagsaamheid is respek vir, aanvaarding van en waardering vir die ryke verskeidenheid van ons wêreld se kulture, die maniere waarop ons ons uitdruk en maniere van menswees. Dit word bevorder deur kennis, openheid, kommunikasie en vryheid van denke, gewete en geloof. Verdraagsaamheid beteken om in harmonie te leef met dit wat van jou verskil. Dit is nie net ’n morele plig nie; dit is ook ’n politieke en regsvereiste. Verdraagsaamheid, die eienskap wat vrede moontlik maak, dra by tot die vervanging van ’n kultuur van oorlog met ’n kultuur van vrede.”

Suid-Afrika, met sy ingewikkelde samelewing bestaande uit verskillende etnisiteite en uiters ingewikkelde geskiedenis, moet nou, meer as ooit, verdraagsaamheid uitoefen.

Onlangse voorvalle het die temperatuur ten opsigte van verhoudings tussen verskillende rasse laat styg. Dit sluit in:

In ’n verklaring wat Woensdag uitgereik is, het Tony Ehrenreich, Wes-Kaapse leier van COSATU, sy woede uitgespreek oor “rassistiese aanvalle wat teen werkers in historiese wit gebiede in die Wes-Kaap plaasvind.” Hy het gedreig dat COSATU die oortreders sal soek en hulle op hul eie manier sal aanvat, aangesien hierdie rassistiese optrede klaarblyklik deur die Premier goedgekeur word. Hy het gesê dat hy hierdie rassisme met ’n oog vir ’n oog sal beveg.

Dit is alles voorbeelde van onaanvaarbare en onverdraagsame optrede – en is in stryd met die miljoene skakelings tussen verskillende rassegroepe wat daagliks sonder voorval en gewoonlik met verdraagsaamheid en welwillendheid geskied. Die verskil is miskien dat, in sommige gevalle, misleide en onverdraagsame individue betrokke was, terwyl die oortreders in ander gevalle senior politieke leiers is.

Die Verklaring oor die Beginsels van Verdraagsaamheid sluit ’n paar aanduiders in oor wat die rede vir hierdie toenemende onverdraagsaamheid kan wees. Dit lees as volg:

Verdraagsaamheid op staatsvlak noodsaak regverdige en onpartydige wetgewing, wetstoepassing en ’n regterlike en administratiewe proses. Dit vereis ook dat ekonomiese en maatskaplike geleenthede aan elke persoon beskikbaar gestel word sonder dat daar teen hulle gediskrimineer word. Uitsluiting en marginalisering kan aanleiding gee tot frustrasie, vyandigheid en fanatisme.”

Die werklikheid is dat baie wit Suid-Afrikaners toenemend uitgesluit en gemarginaliseer voel, nie net deur die Staat se beleide betreffende regstellende aksie en BSEB nie, maar deur die regerende alliansie se kategorisering van hulle as ‘kolonialiste’ en as die partye wat verantwoordelik is vir al Suid-Afrika se huidige probleme. Baie swart Suid-Afrikaners voel gemarginaliseer en uitgesluit van maatskaplike en ekonomiese geleenthede, en aanvaar te maklik die regering se verduideliking dat al hulle probleme deur wit mense veroorsaak word. Die gevolg aan beide kante is, soos die Verklaring voorspel, “frustrasie, vyandigheid en fanatisme.”

’n Deel van die oplossing, soos wat deur die Verklaring vereis word, is onderwys. Dit verklaar waarom dit die eerste stap betreffende opvoeding oor verdraagsaamheid is om mense te leer wat hul gedeelde regte en vryhede is sodat hulle gerespekteer sal word, en om die wil te bevorder om die regte van ander te beskerm.

Politieke, godsdienstige en gemeenskapsleiers speel ’n primêre rol in die bevordering van verdraagsaamheid. Hulle moet negatiewe veralgemenings wat op ras gebaseer is, vermy, en moet streef na die bevordering van menswaardigheid, gelykheid en die uitwissing van diskriminasie in al hul beleide en verklarings.

Laastens moet alle Suid-Afrikaners op die Internasionale Dag vir Verdraagsaamheid – en op elke dag van die jaar – mekaar met hoflikheid en bedagsaamheid behandel. Ons moet die kultuur, geskiedenis en politiese diversiteit verstaan en respekteer wat ons samelewing so boeiend en lewendig maak. Ons moet verenig in ons veroordeling van beledigende optrede en taal uit enige oord. Soos die Verklaring aanbeveel moet ons saamstaan op grond van die regte en vryhede wat ons almal deel.

Die verwerping van onverdraagsaamheid is ’n beroep om ’n paradigmaskuif. Hierdie Dag vir Verdraagsaamheid vereis ’n verbintenis van ieder en elke Suid-Afrikaner om die verantwoordelikheid om die regte wat in ons Grondwet verskans word, aktief aan te gryp, en om te streef na ’n nie-rassige, nie-seksistiese samelewing wat op regte gebaseer is. Slegs deur aktiewe burgers te wees, wat onverdraagsaamheid te bowe kom en diversiteit aanvaar, kan die nasionale slagspreuk van !ke e: /xarra //ke (eenheid in diversiteit) bevorder word.

Klaus Kotzé: Operasionele Beampte, FW de Klerk Stigting

Foto: Verenigde Nasies


Leave a Reply

Your email address will not be published.