VERKLARING: ERFENISDAG
21 jaar na die instelling van ons nuwe grondwetlike demokrasie het minderhede min om op Erfenisdag te vier. Die visie van ‘n multikulturele samelewing met ‘n verskeidenheid kulture en tale wat in harmonie in wedersydse verdraagsaamheid en respek saam bestaan, is nog nie verwesenlik nie.
Die Grondwet maak ten volle voorsiening vir sodanige samelewing. Dit erken ons 11 nasionale tale en ken aan hulle gelykheid van aansien toe. Dit verplig die staat om ons inheemse tale te ontwikkel en vereis van die regering om ten minste twee tale op nasionale en provinsiale vlak te gebruik. Dit erken die reg van almal om hul kulture te beoefen en hul tale te praat. Dit aanvaar die reg van elkeen op onderrig in die taal of tale van hul keuse in openbare onderriginstellings.
Luister, die video wat onlangs deur die Open Stellenbosch (OS)-beweging vervaardig is, behoort deur almal gesien te word wat belangstel in rasseverhoudings en die toekoms van ons universiteite. Dit bestaan uit 32 onderhoude – hoofsaaklik met swart studente – betreffende hul beskouing van uitsluiting op grond van ras by die Universiteit van Stellenbosch. Hulle kla oor subtiele – en nie so subtiele – rassisme in hul skakeling met wit Afrikaanssprekende studente – met inbegrip van blatante rassediskriminasie in studente-kroeë en op die internet.
Tydens ‘n onlangse toespraak in Kaapstad het FW de Klerk die onderwerp aangeraak oor waarom besigheid steeds in Suid-Afrika moet belê.
Die FW de Klerk Stigting doen ‘n beroep op die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye om die kwotas vir bruin vissermanne gebaseer op die nasionale demografie, wat vervat word in die sektorspesifieke konsepbeleide betreffende die toekenning van visvangregte in ‘n wye reeks visserye wat onlangs bekendgestel is, weg te laat.
Die Departement van Handel en Nywerheid het pas die jongste weergawe van die Wetsontwerp op die Bevordering en Beskerming van Beleggings gepubliseer. Die Wetsontwerp spruit uit die regering se behoefte om buitelandse beleggers gerus te stel nadat Suid-Afrika drie jaar gelede besluit het om sy Bilaterale Beleggingsooreenkomste (BBOs) met verskeie Europese lande te verbreek. Die doel van die Wetsontwerp is klaarblyklik om voorsiening te maak vir “die wetgewende beskerming van beleggers” en die “bevordering van beleggings”.
Ter viering van die lewe en nalatenskap van Nelson Mandela, en in ooreenstemming met die tema van ‘tree op, inspireer verandering’, sal die personeel van die FW de Klerk Stigting en sy Sentrum vir Grondwetlike Regte (die SGR) hul ‘67 minute’ op Vrydag, 17 Julie aan Outisme Wes-Kaap skenk. Die Stigting het lank reeds ‘n verhouding met Outisme Wes-Kaap, wat ondersteuning, raadgewende dienste, opleiding, berading en hul ander bronne gratis aan outistiese kinders en hul families bied.
Onlangs het daar ‘n onthullende polemiese gesprek tussen Joel Netshitenzhe, die voormalige hoof ideoloog van die Nasionale Demokratiese Revolusie, en die SAKP se hoof ideoloog, Jeremy Cronin, plaasgevind.
Voormalige President FW de Klerk en die FW de Klerk Stigting wil graag hul opregte ondersteuning aan Chaeli en haar span toesê wanneer hulle in Augustus 2015 Kilimanjaro gaan klim.
Die FW de Klerk Stigting het opmerkings deur Minister Blade Nzimande oor die ontoelaatbaarheid van enkelmedium Afrikaanse universiteite verwys na die Kommissie vir die Bevordering en Beskerming van die Regte van Kultuur-, Godsdiens- en Taalgemeenskappe (KGT-kommissie).