+27 (0) 21 930 3622
info@fwdeklerk.org

View Archived Content

VERKLARING: DIE ONTSLAG VAN MINISTER NHLANHLA NENE

NENEPresident Zuma se besluit om Minister Nhlanhla Nene as Minister van Finansies af te dank kan dui op ‘n katastrofiese keerpunt vir Suid-Afrika se reeds sukkelende ekonomie. Die Ministerie van Finansies en die Tesourie was tot dusver die – en moontlik die laaste – verskansing teen ongebreidelde en verkwistende staatsbesteding. Minister Nene het eerlikheid gehandhaaf wat die bestuur van staatsfinansies betref en het probeer, met moed en onderskeiding, om sterk te staan teen onverantwoordelike staatsbesteding.   

Dit word wyd geglo dat sy teenstand van die President se planne om meer as een triljoen rand aan Russiese kernreaktors te bestee en om ‘n sterk standpunt in te neem deur die omkering van die hoogs verdagte planne van die Voorsitter van die raad van SAL, Dudu Myeni, om ingewikkelde kontrakte vir ‘n nuwe vliegtuig te heropen, tot sy ontslag gelei het. Me Myeni, ‘n noue vertroueling van President Zuma, is ook die Voorsitter van die Jacob G Zuma-stigting.

Read More »

VERKLARING DEUR DIE FW DE KLERK STIGTING OOR DIE HUIDIGE TAALDEBAT BY DIE UNIVERSITEIT VAN STELLENBOSCH

US buildingsDie Stigting het die volgende verklaring uitgereik in reaksie op ‘n versoek deur “Die Burger” vir kommentaar oor die huidige taaldebat oor die Universiteit van Stellenbosch

Dit is die verantwoordelikheid van die Raad van die Universiteit van Stellenbosch om die universiteit se taalbeleid te bepaal.

Dit is die Stigting se mening dat die Raad sodoende die vereiste in artikel 29(2) van die Grondwet in ag moet neem, ingevolge waarvan “almal die reg het om onderrig te ontvang in die amptelike taal of tale van hul keuse in openbare onderwysinstellings waar daardie onderwys redelikerwys doenlik is.”

Read More »

VERKLARING: TAALBELEID BY DIE UNIVERSITEIT VAN STELLENBOSCH

stellenbosch-universiteitDie Stigting neem met skok en teleurstelling kennis van die brief van prof Wim de Villiers aan die Senaat van die Universiteit van Stellenbosch. Die brief stel dit duidelik dat indien die Rektor se voorstelle op 30 November deur die Raad van die Universiteit goedgekeur word, Afrikaans nie meer ‘n posisie gelykstaande aan dié van Engels aan die US sal beklee nie. So nadat die gerusstelling slegs ‘n paar jaar gelede gemaak is dat Afrikaans die hooftaal sou bly, en nadat die versekering verlede jaar gegee is dat die taal gelyke status as Engels sal geniet, blyk dit nou of Afrikaans vir alle praktiese doeleindes op pad uit is wat onderrigtaal betref. Onder hierdie omstandighede moet ons vra watter vertroue ons kan hê in enige versekering wat die universiteit se administrasie bied?

Read More »

ARTIKEL: DIKTATORSKAP VAN DIE PROLETARIAAT

DWS smallIn sy toespraak aan die ANC se Nasionale Algemene Raad op 9 Oktober 2015, het President Zuma ‘n paar belangrike insigte verskaf oor wat hy van sy alliansie-vennote dink en hoe hy hul toekomstige verhouding beskou nadat die doelwitte van die Nasionale Demokratiese Revolusie (NDR) behaal is. (President Zuma se opmerkings in isiZulu word in kursief aangedui.)

President Zuma het die ANC se rol as volg uiteengesit:

“Die ANC, die leier van die Alliansie, is ‘n nasionale bevrydingsbeweging bestaande uit verskillende klasse wat die NDR bevorder, waarvan die hoofdoel is om die Nasionale Demokratiese Samelewing daar te stel, wat verenig, nie-rassig, nie-seksisties, demokraties en vooruitstrewend is. Dit is die doelwit van die ANC.”

Read More »

ARTIKEL: PRESIDENT ZUMA SE VIERING VAN PERSVRYHEIDSDAG

zuma parliament foterDit is verstaanbaar dat President Zuma ongelukkig is met die behandeling wat hy kry van die media – en veral van die gedrukte media. Hy word gereeld uitgebeeld met ‘n stortkop wat uit sy kop spruit. Kunstenaars skilder hom met sy geslagsdele wat ontbloot is. Hy word berispe vir korrupsie en die media gaan voort om hom te teister oor die besteding van R246 miljoen aan sy aftreehuis.

Dit is dus nie verbasend dat toe hy emosioneel was toe hy van die teks van sy onlangse toespraak ter viering van Persvryheidsdag, afgewyk het nie.

Read More »

ARTIKEL: TERUG SKOOL TOE, MNR ADJUNKPRESIDENT?

DWS headshotIn sy toespraak op 15 Oktober aan die Spitsberaad oor Transformasie in Hoër Onderwys in Durban, het Adjunkpresident Ramaphosa die volgende verklaring gemaak:

“Alhoewel ons ‘n beslissende skuif weg van die gefragmenteerde, ondoeltreffende en onbillike onderwysstelsel van die apartheid-era gemaak het, ervaar ons steeds die gevolge daarvan. Indien die apartheid-regeerders nie so deeglik, so metodies, so kwaadwillig was wat die weerhouding van onderwys aan die swart meerderheid betref nie, sou Suid-Afrika vandag ‘n heeltemal ander koers van ontwikkeling ingeslaan het. Ons sou ‘n meer gelyke nasie, ‘n meer welvarende nasie gewees het. Ons sou oor ‘n gevorderde, gediversifiseerde, meer inklusiewe ekonomie beskik het.”

Read More »

ARTIKEL: PLAN B SE KRITICI BLY IN KAMMA-LAND

theuns eloffByna alle Suid-Afrikaners stem saam dat ons land in ’n krisis is. Die meeste staatsdepartemente is lamgelê deur onbevoegdheid, korrupsie en ’n kultuur van toeëiening.

Die stand van die ekonomie, die onderwys, gesondheidsdienste, infrastruktuur en veiligheid is op ’n laagtepunt. Die bose drieling van armoede, werkloosheid en ongelykheid floreer.

Daarby word ’n weldeurdagte plan om die samelewing in die naam van transformasie te “Afrikaniseer” mee­doënloos toegepas.

Read More »

VERKLARING: VERJAARSDAGWENSE VIR AARTSBISKOP TUTU

tutu squareVoormalige President FW de Klerk en die personeel van die FW de Klerk Stigting en sy Sentrum vir Grondwetlike Regte (SGR) wil graag hul gelukwense en beste wense aan Aartsbiskop Desmond Tutu oordra met die viering van sy 84ste verjaardag.

Ons wil ook die Aartsbiskop voortgesette goeie gesondheid en geluk toewens in die jaar wat voorlê, en ons erken die waardevolle rol wat hy gespeel het en steeds speel in Suid-Afrika se nie-rassige, grondwetlike demokrasie.

Read More »

ARTIKEL: ANC SE HOOFRAADSVERGADERING-DOKUMENTE EN BUITELANDSE BELEID: SUID-AFRIKA SE NUWE ANTI-WESTERSE BUITELANDSE BELEID

world leadersDie ANC moet geluk gewens word met die sorg waarmee hulle hul lede voorberei vir belangrike beleidsbesprekings soos dié wat binnekort tydens sy Nasionale Hoofraadsvergadering van 2015 sal plaasvind. Die Hoofraadsvergadering is die belangrikste ANC-vergadering tussen Nasionale Konferensies. Dit bied die organisasie die geleentheid om die vordering te oorweeg wat sedert die vorige Nasionale Konferensie gemaak is betreffende die inwerkingstelling van beleide en om voorstelle vir nuwe beleide by die volgende Nasionale Konferensie te ontwikkel – wat teen die einde van 2017 sal plaasvind.

Read More »