Die Stigting is lank reeds ‘n ondersteuner van Chaeli, wat benoem is vir KidsRights se Internasionale Vredesprys en aan wie dit in 2011 toegeken is. Voormalige President De Klerk – namens die Wêreldspitsberaad van Nobelvredespryswenners – het in 2012 ook die eerste Medalje vir Sosiale Aktivisme aan Chaeli toegeken.

Ons prys Chaeli vir haar voortgesette toewyding tot die regte van kinders met gestremdhede in Suid-Afrika. Ons wens haar ook voorspoed toe met haar reis om Kilimanjaro uit te klim. Ons weet dat Chaeli ‘n inspirasie is – en steeds sal wees – vir almal wat haar ontmoet en van haar merkwaardige storie te hore kom.

Uitgereik deur die FW de Klerk Stigting
9 Julie 2015

Leave a Reply

Your email address will not be published.