Die Stigting se personeel sal Visuele Kommunikasie-pakke saamstel, wat Outisme Wes-Kaap dan aan families sal skenk wat min of geen toegang tot hulpbronne het nie. Hierdie Pakke is onder andere ontwerp om kinders wat nie-verbaal is (of nie oor die taalvaardighede beskik om hul behoeftes oor te dra nie) ‘n stem te gee, deur die gebruik van kommunikasie-kaarte.

Benewens ‘67 minute’ op Mandela-dag handhaaf die FW de Klerk Stigting ‘n voortgesette verbintenis tot Outisme Wes-Kaap en ander organisasies deur ons Internasionale Ondersteuningsprogram vir Donateurs. Deur hierdie program is die Stigting in staat om skenkings aan plaaslike organisasies oor te dra wat daagliks ‘n verskil maak aan die lewens van benadeelde kinders en kinders met gestremdhede. Daarbenewens is die verwesenliking van die regte van Suid-Afrikaners met gestremdhede, soos verskans in die Handves van Regte, steeds ‘n prioriteit van die SGR.

Lees meer oor die Internasionale Ondersteuningsprogram vir Donateurs en oor die werk en missie van Outisme Wes-Kaap.

 

Uitgereik deur die FW de Klerk Stigting
17 Julie 2015

Leave a Reply

Your email address will not be published.