ARTIKEL: DIE STAND VAN DIE PARLEMENT

Die FW de Klerk Stigting deel die bekommernis van deelnemers aan ‘n onlangse private gesprekvoering – waarna in die Business Day verwys is – oor die funksionering van die Parlement, wat deur die Raad vir die Bevordering van die Suid-Afrikaanse Grondwet (CASAC) aangebied is.
Die dramatiese ontwrigting van die Parlement deur die Ekonomiese Vryheidsvegters (EVV) is onaanvaarbaar – al is dit hoe nodig dat die President verantwoordelik gehou word oor die Nkandla-aangeleentheid.
In ‘n artikel wat Dinsdag in publikasies van Media24 verskyn het, het Max du Preez verklaar dat Dylann Roof, wat daarvan beskuldig word dat hy nege swart aanbidders in Charleston, Suid-Carolina vermoor het, apartheid se ideologie aanhang. Du Preez voer aan dat die moorde op sewe swart Suid-Afrikaners wat Barend Strydom in 1989 gepleeg het, hom die idee gee dat Roof se identifisering met apartheid dalk nie so onvanpas is nie.
800 jaar gelede, op 15 Junie 1215 in ‘n weiland langs die Teemsrivier in Engeland, het ‘n gebeurtenis plaasgevind wat die grondwetlike toekoms diep sou raak – nie net van die Engelse nie – maar van lande regoor die wêreld, met inbegrip van Suid-Afrika. Op daardie dag is Koning John deur sy baronne gedwing om die Magna Carta te onderteken – ‘n dokument wat vir die eerste keer die idee daargestel het dat konings – en dus regerings – uiteindelik aan die Oppergesag van die Reg onderhewig is.
Niël Barnard se outobiografie, Geheime Revolusie, bied ‘n interessante insig in die geheime onderhandelings tussen Nelson Mandela en die Nasionale Intelligensiediens (NID) in 1988/89, wat die weg help baan het na die grondwetlike transformasie van Suid-Afrika.
Dit is ‘n groot eer vir my om hierdie belangrike vergadering van die Bondsraad by die Voortrekkermonument toe te spreek – hierdie nasionale gedenkwaardigheid wat so belangrik is vir die identiteit, die geskiedenis en die siel van ons mense.
Is dit nie ‘n wonderlike verrassing dat die Minister van Polisie, mnr Nkosinathi Nhleko, ‘n verslag gepubliseer het wat die besteding van R246 miljoen aan President Zuma se huis toesmeer nie?
Die FW de Klerk Stigting en sy Sentrum vir Grondwetlike Regte (die SGR) vier op 25 Mei Afrikadag saam met die res van Suid-Afrika – en die vasteland.
In 2002 het die Verenigde Nasies 21 Mei aangewys as Wêrelddag vir Kulturele Diversiteit vir Dialoog en Ontwikkeling. Op hierdie dag word al die mense van die wêreld aangemoedig om saam te kom en hul verskillende tale, praktyke en gelowe te deel. Die dag het ten doel om ons almal daaraan te herinner dat verskeidenheid en verskille nie afbreek doen aan ons gemeenskaplike mensegeskiedenis nie, maar dit eerder verryk.