Een van die grootste probleme, beweer hulle, is dat nie al hul lesings in Engels aangebied word nie. Swart studente wat slegs Engels praat kan nie die lesings volg nie en voer aan dat gelyktydige tolking wat deur die universiteit verskaf word, nie voldoende is nie.

OS se klagtes vorm deel van ‘n toenemende rasse-mobilisering by sommige van ons universiteite:

Die algemene ooreenkomste in al hierdie voorvalle sluit in:

Die OS-studente se gevoel van uitsluiting spruit uit die feit dat hulle ‘n minderheid is by ‘n universiteit wat nie hul kultuur weerspieël en nie ten volle aan hul behoeftes ten opsigte van die taalonderrig van hul keuse voldoen nie. Sou Afrikaanssprekende minderhede nie ook dieselfde gevoel van uitsluiting op grond van taal en kultuur ervaar het by universiteite waar Engels die enigste onderrigtaal is nie? Die verskil is dat daar twee universiteite in die Wes-Kaap is waar almal wat wil, uitsluitlik in Engels kan studeer – terwyl die provinsie se Afrikaanssprekende meerderheid nou slegs een universiteit het waar Afrikaans (op gelyke grondslag met Engels) steeds ‘n onderrigtaal op voorgraadse vlak is.

Daar is geen grondwetlike vereistes vir universiteite om die nasionale demografie in hul studenteliggame of in hul fakulteite te weerspieël nie – mits hulle nie op onregverdige wyse teen enige iemand diskrimineer nie. Daar bestaan egter ongetwyfeld ‘n grondwetlike vereiste vir onderrig by openbare onderwysinstellings in die taal van jou keuse – waar prakties moontlik. Dit is duidelik prakties om universiteitsonderrig in Afrikaans te bied waar Afrikaans die hooftaal is en waar daar ‘n universiteit is met ‘n lang tradisie van onderrig in Afrikaans.

Minister Nzimande aanvaar dat Afrikaans ‘n taal van onderrig moet wees op universiteitsvlak. Ervaring regoor die wêreld – en in Suid-Afrika – wys egter dat waar ook al ‘n wêreldtaal soos Engels bestaan op gelyke grondslag in dieselfde instelling as ‘n streekstaal (soos Afrikaans), die streekstaal vinnig oorskadu sal word.

Daar is min teenkanting van studente, alumni en die fakulteit teen die erosie van Afrikaans by Stellenbosch – vermoedelik op grond daarvan dat dit steeds gelyke status saam met Engels op voorgraadse vlak sal geniet. Dit is te verstane dat universiteitsleiers hoofsaaklik aandag skenk aan die bevordering en handhawing van akademiese prestasie en die daarstelling van ‘n inklusiewe omgewing vir studente uit al Suid-Afrika se gemeenskappe – eerder as die bevordering van hierdie of daardie taal of kulturele agenda. Hulle het aanvaar dat hulle moet afstand doen van hul instellings se apartheids- en/of kolonialistiese verlede en so vinnig as moontlik moet beweeg na demografiese verteenwoordiging. Verlede week het prof De Villiers kritici verseker dat Stellenbosch transformeer so vinnig as wat dit kan. Hy het verklaar dat 50% van Stellenbosch se studente teen 2020 swart moet wees en benadruk dat die universiteit besig is om oorblywende verbintenisse met die verlede – soos name wat aan voormalige Afrikaner-leiers verbind word, te verwyder.

Ongelukkig is dit nie genoeg nie. Rhodes Must Fall, OS en Minister Blade Nzimade sal uiteindelik slegs tevrede wees wanneer die studenteliggame, fakulteite en administrasies van alle Suid-Afrikaanse universiteite ten volle verteenwoordigend is – of om dit eenvoudig te stel, totdat dit bestuur word deur – en die kultuur weerspieël van – die swart meerderheid. Soos die laaste swart student in die Luister-video opmerk: “Die universiteit moet soos ons lyk – Suid-Afrikaners”- maar wat hy duidelik bedoel het is dat dit soos die meerderheid van Suid-Afrikaners moet lyk.

Omdat dieselfde argument hier van toepassing is, sal die debat by Stellenbosch verreikende gevolge hê vir die toekoms van beleërde Afrikaansmediumskole – en ook vir die toekoms van enige onderrig in Afrikaans (aangesien Afrikaans in parallel-mediuminstellings uiteindelik deur Engels verdring sal word). Dit sal weer seminale vrae oor die toekoms van Suid-Afrika as ‘n multikulturele samelewing opper.

Die vraag is oor of – in multikulturele samelewings soos ons s’n – daar nie openbare onderriginstellings moet wees waar minderhede – van watter gemeenskap ook al – in staat sal wees om hul kulture te beoefen en hul tale te gebruik op ‘n grondslag wat ander nie uitsluit nie? Of moet hulle nou maar eenvoudig – in instellings wat deur die meerderheid oorheers word – dieselfde gevoel van uitsluiting op grond van kultuur en taal ervaar as waaroor OS nou kla? En indien dit die geval is, wat word van hul fundamentele grondwetlike regte op menswaardigheid en gelykheid? Wat word van die ideaal van Suid-Afrika as multikulturele samelewing?

Deur Dave Steward, Uitvoerende Direkteur van die FW de Klerk Stigting

Foto: youtube.com

Leave a Reply

Your email address will not be published.