VERKLARING: NUWE DIREKTEUR – SENTRUM VIR GRONDWETLIKE REGTE
Die FW de Klerk Stigting kondig graag aan dat me Phephelaphi Dube adv Johan Kruger as Direkteur van die Sentrum vir Grondwetlike Regte (SGR) sal opvolg, met ingang van 1 Mei 2016.
Me Dube het in 2014 by die Stigting aangesluit as Regsbeampte by die Sentrum vir Grondwetlike Regte, waar sy haarself binne ‘n kort tydperk onderskei het en haar as waardevolle lid van die span gevestig het.
Me Dube het ‘n LL.M-graad aan die Universiteit van Stellenbosch behaal, ‘n LL.B-graad aan die Universiteit van Fort Hare, asook ‘n Diploma in Europese Studies aan die Universiteit van Wene in Oostenryk. Sy het in 2005 haar klerkskap by Rhodes-universiteit se Regskliniek voltooi en het internasionale ervaring opgedoen as klerk vir die Adjunkpresident van die Internasionale Strafhof. Me Dube het voorheen navorsingsposisies beklee aan die Universiteit van Stellenbosch se Suid-Afrikaanse Navorsingsleerstoel in Eiendomsreg en by die Ludwig Boltzman-instituut vir Menseregte aan die Universiteit van Wene.
Vroeër hierdie week het die Minister van Sport en Ontspanning, Fikile Mbalula, die instelling van sanksies aangekondig teen vier van Suid-Afrika se hoofsportkodes (Atletiek Suid-Afrika, Krieket Suid-Afrika, Netbal Suid-Afrika en Suid-Afrikaanse Rugby) omdat hulle nie die rasseteikens wat hulle self vroeër aanvaar het, behaal het nie. Hy het gesê dat hy besluit het om hul voorreg om groot internasionale toernooie in Suid-Afrika aan te bied en daarvoor te bie, op te hef.
Daar is verskeie aspekte betreffende die huidige debat oor “staatskaping” ter sprake.
[Die CJ Langenhoven Gedenklesing: Theuns Eloff, KKNK, Oudtshoorn 27 Maart 2016]
Vladimir Lenin het gesê dat “wanneer die tyd aanbreek vir ons om die kapitaliste te hang, hulle met mekaar sal meeding om die tou aan ons te verkoop”. Op dieselfde wyse speel Afrikaners ‘n leidende rol om die ANC te help om Afrikaans as onderrigtaal op universiteitsvlak te vervang.
Die grondwetlike demokrasie wat ons as Suid-Afrikaners 22 jaar gelede gevestig het na soveel jare van verdeling en konflik, beleef tans ‘n ernstige krisis.
Suid-Afrikaners is geskok oor tonele wat die afgelope tyd op veral histories Afrikaanse kampusse afspeel. Hierdie insidente vorm deel van ‘n proses wat aan die einde van 2015 met #Rhodesmustfall begin het. Kort daarna was dit #Feesmustfall, met soortgelyke elemente. Toe het OpenStellenbosch gevolg, waar rasse- en anti-Afrikaanse sentimente duideliker na vore gekom het, en toe ReformPuk. Dit alles het aan die begin van 2016 ontaard in slagspreuke op mure en T-hemde waar die rassisme en rassehaat onverbloemd was, soos “F… whites” en selfs “Kill all whites”. Met die verbranding van kunswerke by UCT het studente geskree: “It is whiteness burning!”. En verlede week het dit by UP uitgeloop op #Afrikaansmustfall en geweld en fisiese aanvalle en teenaanvalle.
Dit spyt die FW de Klerk Stigting om aan te kondig dat adv Johan Kruger, Direkteur van die Sentrum vir Grondwetlike Regte, die Sentrum aan die einde van Februarie sal verlaat. Adv Kruger het ‘n senior pos by die Verenigde Nasies in Nairobi aanvaar.