Die HSF is, saam met Freedom Under Law, tans betrokke in litigasie voor die Johannesburgse Hoë Hof, waarin hulle vra vir die skorsing van die hoof van die Direktoraat vir Prioriteitsmisdade (die Valke), majoor-generaal Berning Ntlemeza. Die HSF voer aan, inter alia, dat majoor-generaal Ntlemeza se aanstelling ter syde gestel moet word weens “verdoemende geregtelike bevindings wat sy integriteit, eerbaarheid en geskiktheid en gepastheid om sodanige amp te beklee, in twyfel trek.”

Bewerings wat verband hou met onbehoorlike politieke inmenging by instellings wat volgens die Grondwet onafhanklik moet wees – soos die Valke en die Nasionale Vervolgingsgesag – is aan die kern van die huidige omstredenheid betreffende “staatskaping”.

Dit is uiters belangrik vir die voortsetting van grondwetlike regering dat sodanige instellings in ooreenstemming met die Grondwet en die Oppergesag van die Reg moet optree.

Enige optrede deur ‘n party om enige persoon of organisasie te intimideer wat hul politieke regte, of hul reg om toegang tot die howe te verkry, uit te oefen, sal fundamenteel ongrondwetlik wees en sal neerkom op ‘n direkte en ernstige bedreiging vir ons grondwetlike demokrasie.

Die FW de Klerk Stigting doen ‘n beroep op die SA Polisiediens om die rooftog spoedig en ywerig te ondersoek, ten einde die skuldiges so gou as moontlik te identifiseer en aan te kla.

Uitgereik deur die FW de Klerk Stigting

Leave a Reply

Your email address will not be published.