+27 (0) 21 930 3622
info@fwdeklerk.org

View Archived Content

VERKLARING: MANDELADAG 2016

Mandela DayMandeladag bied ‘n geleentheid om die lewe en diens van voormalige President Nelson Mandela te erken en te vier. In ooreenstemming met die beroep om ‘op te tree’ en om te help om lewens ten goede te verander, sal die personeel van die FW de Klerk Stigting en sy Sentrum vir Grondwetlike Regte (SGR) hul tyd skenk aan twee baie waardige organisasies. Die personeel sal deelneem aan praktiese projekte by Autism Western Cape en Iris House Children’s Hospice – organisasies wat ‘n betekenisvolle, daaglikse verskil aan die lewens van kinders met gestremdhede maak.

Read More »

VERKLARING: FW DE KLERK STIGTING VERWELKOM RHODA KADALIE AS ADJUNKVOORSITTER VAN DIE RAAD VAN TRUSTEES

Rhoda DCDie FW de Klerk Stigting kondig graag die aanstelling aan van me Rhoda Kadalie as Adjunkvoorsitter van sy Raad van Trustees. Me Kadalie, wat in Oktober 2014 by die Raad aangesluit het, is eenparig verkies tot Adjunkvoorsitter van die Raad tydens ‘n raadsvergadering wat op 11 Julie 2016 plaasgevind het. Met haar uitgebreide ervaring as akademikus, asook haar voortgesette werk met betrekking tot die bevordering van menseregte en die behaling van gelykheid, glo die Raad dat me Kadalie groot waarde sal toevoeg tot die werk van die Stigting.

Read More »

VERKLARING DEUR FW DE KLERK STIGTING OOR BESLUIT VAN UNIVERSITEIT VAN PRETORIA OM SLEGS ENGELS AS TAAL VAN ONDERRIG EN ASSESSERING TE GEBRUIK

University of PretoriaDie Universiteit van Pretoria (UP) se nuwe taalbeleid slaag nie die toets van grondwetlikheid nie en stel die universiteit bloot aan regsuitdagings.

Kragtens artikel 27(2) van die Wet op Hoër Onderwys, het ‘n universiteit die reg en verantwoordelikheid om sy taalbeleid te bepaal, onderhewig aan die nasionale beleid van die Minister van Hoër Onderwys. In hierdie verband beskryf die nasionale beleid Afrikaans as medium van onderrig as ‘n “nasionale bate”. Die Ministerie “erken dat Afrikaans as taal van geleerdheid en wetenskap ‘n nasionale bron is…(en dat hy) die behoud van Afrikaans as medium van akademiese uitdrukking en kommunikasie in hoër onderwys steun, en daartoe verbind is om toe te sien dat die vermoë van Afrikaans om te funksioneer as ‘n medium, nie erodeer word nie” (par 15.4).  Daar is dus geen wetlike struikelblokke van die regering wat die UP daarvan verhoed om Afrikaans (en enige ander taal) as onderrigtaal te aanvaar nie.

Read More »

ARTIKEL: DIE OORSPRONG, BEDOELINGS EN GEVOLGE VAN DIE ONTEIENINGSWETSONTWERP

parliament interior sabcDaar moet geen twyfel wees oor die oorsprong, bedoelings en gevolge van die Onteieningswetsontwerp wat President Zuma op die punt is om te onderteken nie.

Die wetsontwerp het sy oorsprong in die ANC se Nasionale Demokratiese Revolusie (NDR), wat ‘n beroep doen om die “uitwissing van apartheid-eiendomsverhoudings”. Dit, volgens die ANC, sal “die herverspreiding van welvaart en inkomste” noodsaak “om die samelewing as ‘n geheel te bevoordeel, veral die armes” – en veral “die derassifisering van eienaarskap en die beheer van welvaart, met inbegrip van grond…”. In 2007 het die ANC verklaar dat die “belangrikste taak in die huidige tydperk die uitwissing van die sosio-ekonomiese nalatenskap van apartheid is”; en dat dit die geval vir nog baie jare sal wees. 

Read More »

ARTIKEL: AFRIKA-DAG: WIE HET REGTIG DIE GROOTSTE EKONOMIE?

City smlBerigte dat Egipte Suid-Afrika verby gesteek het as Afrika se tweede grootste ekonomie en dat ons nou die derde plek beklee – met Nigerië in die eerste plek – het onlangs groot aandag geniet. Dit het alles bygedra tot Suid-Afrika se gevoel van nasionale agteruitgang – nadat ons vir so lank aanvaar het dat ons ‘n onaanvegbare posisie as die vasteland se grootste ekonomie beklee. Kommentators moet nou Suid-Afrikaners troos met die versekering dat ons steeds die mees “hoogs geïndustrialiseerde ekonomie” in Afrika is.

Die relatiewe grootte van ekonomieë word oor die algemeen gemeet deur hul Bruto Binnelandse Produkte (BBP) op ‘n koopkragpariteit-grondslag te evalueer – wat probleme oplos wat veroorsaak is deur die verskille tussen amptelike wisselkoerse en die werklike koopkrag van die betrokke geldeenhede.

Read More »

ARTIKEL: REGTER JANSEN, DIE KULTUUR VAN VERKRAGTING EN RASSISME

dws2016Die ongelukkige Regter Mabel Jansen se kommentaar op sosiale media wat onlangs aan die lig gebring is, naamlik dat swart Suid-Afrikaners ‘n kultuur van verkragting het, is kras en beledigend. Jansen het inter alia opgemerk dat sy nog nie ‘n swart meisie ontmoet het wat nie teen die ouderdom van 12 verkrag is nie en dat ‘n vrou in die swart kultuur “daar is vir hul plesier. Punt. Dit word beskou as ‘n absolute reg en ‘n vrou se toestemming word nie vereis nie.”

Read More »

ARTIKEL: DIE BEHOEFTE AAN NASIONALE EENHEID TEN EINDE ‘N AFGRADERING TE VERHOED NÁ MOODY’S SE BESLUIT

moodysDaar heers ‘n onheilspellende onwerklikheid oor die debat wat gevolg het op Moody’s se besluit om Suid-Afrika se gradering te behou op twee kerwe bó rommelstatus (met ‘n negatiewe uitkyk).

Moody’s het sy besluit verduidelik op grond van drie belangrike oorwegings:

  • Suid-Afrika se ekonomiese groei sal na verwagting herstel nadat dit sy laagtepunt in 2016 bereik het – gebaseer op die vooruitsig van ‘n nouer samewerking tussen die regering, besigheid, arbeid en die burgerlike samelewing ten einde vertroue in die ekonomie te herstel en om die struikelblokke betreffende ekonomiese groei aan te pak.
  • Ten opsigte van die begroting vir 2016 is die verwagting dat algemene regeringskuld teenoor die BBP gestabiliseer sal word onder leiding van die Tesourie – wat ‘n gerusstellende fiskale rekord het.
  • Moody’s was beïndruk deur Suid-Afrika se institusionele sterkte in vergelyking met sy eweknieë – wat ongetwyfeld ‘n verwysing is na die rolle wat deur die Konstitusionele Hof, die Openbare Beskermer en die burgerlike samelewing gespeel is wat die onlangse beslissings betreffende die “spioenasiebande”, Nkandla en die Nene-aangeleentheid betref. 
Read More »

ARTIKEL: WÊRELDPERSVRYHEIDSDAG

PRESS FREEDOMWêreldpersvryheidsdag (3 Mei) bied ons die geleentheid om die vryheid van ons media in Suid-Afrika te evalueer.

Soos enige iemand wat gereeld ons koerante lees sal weet, is die pers dikwels uiters krities van die regering en huiwer nie om ons nasionale leiers met minagting te behandel nie – dikwels op spottende wyse.

Die ANC se amptelike benadering gee volle erkenning aan die behoefte van vryheid van uitdrukking. Dit bevestig dat die Grondwet voorsiening maak vir die vryheid van die media, vryheid van uitdrukking en toegang tot inligting, en dit beskerm. Daar kan egter verskillende opinies wees oor die rol van die media en wat vryheid van uitdrukking werklik beteken.

Read More »

ARTIKEL: ‘N PAAR GEDAGTES OP WERKERSDAG OOR WERKLOOSHEID ONDER DIE JEUG

students foterWerkersdag bied ons die geleentheid om oorweging te skenk aan die nasie se arbeidsverhoudinge en die mate waarin ons ekonomie sy verantwoordelikheid om werk aan al ons mense te bied, te verwesenlik. Ons word gekonfronteer deur die realiteit dat, volgens ‘n verslag van Statistiek SA wat onlangs vrygestel is, getiteld The Social Profile of the Youth, 2009-2014, ongeveer driekwart (3.4 miljoen) van die meer as vyf miljoen werklose Suid-Afrikaners in 2014 jeugdiges (15 – 34 jaar) was. Hierdie kommerwekkende statistiek noodsaak eerlike introspeksie oor Suid-Afrika se huidige modus operandi op die gebied van arbeid, en doen ‘n beroep op ons om die mislukkings die hoof te bied wat ons vermoë kelder om ‘n inklusiewe en voorspoedige Suid-Afrika te verwesenlik – veral vir ons jongmense. Daar is vier struikelblokke in die weg van oplossings vir die werkloosheidskrisis van die jeug.

Read More »