VERKLARING: NIE BLOOT DIE GROOTPRATERY VAN ‘N KINDERLIKE POLITIKUS NIE
Volgens mediaberigte en transkripsies het Julius Malema gister aan sy ondersteuners buite die Landdroshof in Newcastle gesê:
“Ons, die regmatige eienaars, ons vrede is versteur deur die wit man se aankoms…Hulle het ons mense doodgemaak gedurende grondontneming…Hulle het vreedsame Afrikane hier gevind. Hulle het hulle doodgemaak! Hulle het hulle geslag soos diere! Ons doen nie ‘n beroep op die slagting van wit mense nie, ten minste nie vir nou nie”.
‘n Opsomming van die hoogtepunte en aktiwiteite van die FW de Klerk Stigting gedurende die jaar onder oorsig.
Zohra Dawood is aangestel as direkteur van die FW de Klerk Stigting se Sentrum vir Eenheid in Diversiteit vanaf 17 Oktober 2016.
Die hele land hou die afgelope maande die drama van studente-opstande dop. Nie sedert die 1976 Soweto opstande is sulke wydvoorkomende tonele in Suid-Afrika gesien nie. Dis veral historiese wit universiteite en hulle besture wat die verskynsel van voortdurende en voortslepende studente-onrus en geweld nie ken nie. Die skade aan eiendom beloop al na beraming amper R1000m.
Ek het met groot hartseer verneem van die dood van voormalige President Shimon Peres. Saam met Yitzhak Rabin was hy een van die grootste vredemakers van ons tyd. Hy het onvermoeid gewerk om goeie verhoudings tussen Israeli’s en Palestyne te bevorder en het dwarsdeur sy lewe en op sy hoë ouderdom voortgegaan om nuwe nageslagte te inspireer met sy visie van versoening, geregtigheid en vreedsame naasbestaan. Hy het verstaan dat die beste waarborg vir die sekuriteit van Israel op die lang termyn die bevordering van geregtigheid en gelykheid vir almal is.
Die wonderlike van Erfenisdag (as een van die “nuwe” vakansiedae van die nie meer so nuwe Suid-Afrika nie) is dat ons kan terugkyk en dit wat ons die afgelope 22 jaar bereik het, kan vier. Vir baie gaan dit verder terug as 22 jaar – na ons kulturele en tradisionele verlede – dis tog ook deel van ons erfenis, individueel en kollektief. “Erfenis” is verskillende dinge vir verskillende mense.
Die FW de Klerk Stigting bied op Vrydag, 26 Augustus 2016 ‘n konferensie in Johannesburg aan om sy Sentrum vir Eenheid in Diversiteit (SED) bekend te stel. Die Sentrum se naam is afgelei van die verwysing in die aanhef van die Grondwet dat Suid-Afrika behoort aan almal wat daarin woon, verenig in ons diversiteit.
Die FW de Klerk Stigting is verheug om R529 650 aan die werk van die Nasionale Instituut vir Dowes (NID) te skenk. Op Vrydag, 12 Augustus het ‘n oorhandigingseremonie met voormalige President FW de Klerk en mnr Deon de Villiers (hoof van die NID) by die Stigting se kantore plaasgevind.
Die herbenoeming van strate en plekke moet met groot sensitiwiteit benader word. Alle Suid-Afrikaners moet voel of hulle en hul kulture ten volle verteenwoordig word in straat- en plekname. Die Grondwet verklaar dat Suid-Afrika aan ons almal behoort, verenig in ons diversiteit.