+27 (0) 21 930 3622
info@fwdeklerk.org

View Archived Content

REGSBEAMPTE

gavel smallDie Sentrum vir Grondwetlike Regte (SGR), gebaseer in Kaapstad, verlang die dienste van ‘n Regsbeampte. Die Regsbeampte sal aan die Direkteur van die SGR verslag doen en sal vir die volgende pligte verantwoordelik wees:

  • Die uitvoer van regsnavorsing met betrekking tot grondwetlike aangeleenthede;
  • Help met die opstel van regsmenings;
  • Monitering en assessering van die grondwetlikheid van konsepwetgewing en beleide;
  • Help met die voorbereiding van geskrewe en mondelinge voorleggings aan die parlementêre portefeulje- en gekose komitees;
  • Monitering, assessering en verslagdoening oor sake en beslissings wat met die Grondwet verband hou;
  • Help met die produksie van die SGR se publikasies;
  • Hantering van grondwetlike navrae en die verspreiding van inligting;
  • Deelname aan vergaderings, konferensies en seminare;
  • Steun aan die Direkteur van die SGR betreffende die uitvoering van die SGR se mandaat;
  • Bestuur van administratiewe aangeleenthede betreffende die SGR in samewerking met die Stigting; en
  • Uitvoering van pligte soos benodig.
Read More »

VERKLARING: ALLE OË OP DIE NASIONALE VERVOLGINGSGESAG

npaDie Sentrum vir Grondwetlike Regte (SGR) verwelkom die beslissing van die Hoë Hof in Pretoria (die Hoë Hof) in Democratic Alliance v Acting NDPP and Others. ‘n Volbank van die Hoë Hof het beslis dat ‘n besluit wat in 2009 geneem is deur die destydse waarnemende Nasionale Direkteur van Openbare Vervolgings, Mokotedi Mpshe, om 783 klagte teen die President, mnr Zuma, te laat vaar, irrasioneel was en hersien en tersyde gestel moet word. Die klagte hou verband met die Wapentransaksie, waarin sy finansiële adviseur, mnr Schabir Shaik, skuldig bevind is en tot 15 jaar gevangenisstraf gevonnis is.

Read More »

ARTIKEL: HIERDIE VRYHEIDSDAG – ‘N FOKUS OP DIE JEUG

sober youthOp 27 April vier Suid-Afrikaners Vryheidsdag, om die dag te gedenk waarop Suid-Afrika se eerste veelparty-demokratiese verkiesings plaasgevind het. Terwyl die belangrikheid van politieke regte nie onderbeklemtoon kan word nie, beteken vryheid ook die regte van individue om nie struikelblokke die hoof te moet bied betreffende moontlike keuses en aktiwiteite nie. Met ander woorde, die vermoë om jou volle potensiaal te verwesenlik.

Read More »

VERKLARING: NADRAAI VAN DIE SERITI-KOMMISSIE NOODSAAK HEROORWEGING VAN WET OP KOMMISSIES

seritiDit is tyd dat die Wet op Kommissies gewysig word ten einde groter betekenis aan grondwetlike waardes te heg. Die Grondwet stel die President, asook provinsiale premiers, in staat om kommissies van ondersoek in te stel. Hierdie gesag om kommissies van ondersoek in te stel kan verder gedelegeer word ten einde ministeriële kommissies, asook ander Kommissies op plaaslike vlak toe te laat.

Die kommissie van ondersoek na die wapentransaksie (alom bekend as die Seriti-kommissie) is kragtens die Wet op Kommissies van 1947 ingestel. Dieselfde Wet bepaal dat Kommissies hul bevindings aan die President bekend moet maak voordat sodanige bevindings aan die publiek bekendgemaak kan word. Voorts kan Kommissies slegs aanbevelings aan die regering maak. Gevolglik is Kommissies nie verplig om hul verslae bekend te maak nie en die regering is ook nie verplig om ingevolge die aanbevelings van die Kommissie op te tree nie.

Read More »

ARTIKEL: VERTROUE IN DIE STELSEL – DIE WERKING VAN DIE SUID-AFRIKAANSE MENSEREGTEKOMMISSIE IN ONS DEMOKRASIE

SAHRC logoIn Maart 2010 het die Sentrum vir Grondwetlike Regte (SGR), in ooreenstemming met sy missie om die Grondwet te handhaaf en te beskerm, ‘n klag by die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie (SAMRK) namens mnr Chumani Maxwele ingedien. Die SAMRK het ‘n grondwetlike mandaat om menseregte in Suid-Afrika te beskerm, bevorder en te monitor. Die SAMRK word voorts deur die Wet op die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie bemagtig om die handhawing van menseregte in die land te ondersoek en daaroor verslag te doen, en om stappe te doen om die toepaslike regstellings te verseker waar menseregte geskend is. Die klagte hou verband met die aanranding van mnr Maxwele deur lede van die President se Spesiale Beskermingseenheid, en sodoende die skending van sy grondwetlike regte. Die President se Spesiale Beskermingseenheid het mnr Maxwele daarvan beskuldig dat hy ‘n onwelvoeglike teken na die President se konvooi gemaak het toe dit in Kaapstad verby hom gery het. Gevolglik het dieselfde Eenheid hom in hegtenis geneem en hom in een van die voertuie gegooi, waarna hy vasgebind en geblinddoek is met ‘n swart sak. Hy is oornag aangehou en ondervra, terwyl hy die hele tyd ontken het dat hy die vermelde teken gebaar gemaak het.

Read More »

ARTIKEL: DIE GEBRUIK VAN STAATSORGANE OM PERSOONLIKE GESKILLE OP TE LOS

hawks logoTydens ‘n mediakonferensie na afloop van die Konstitusionele Hof se historiese beslissing, waarin dit bevind het dat die Openbare Beskermer se verslag oor die opgraderings aan president Zuma se privaatwoning in Nkandla bindend op hom was en dat hy gevolglik verplig is om die geld met betrekking tot opgraderings wat nie met sekuriteit verband hou nie, terug te betaal, het Thuli Madonsela daarop gewys dat in plaas daarvan om dit te vier, sy slegs gelukkig sal wees wanneer die Valke en die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) hul ondersoek na haar sal staak. Alhoewel die twee staatsagentskappe dit ontken, kan dit aangevoer word dat sy nie sodanige verklaring sonder geldige gronde sou gemaak het nie.

Read More »

ARTIKEL: NKANDLA EN DIE NASIONALE VERGADERING MET EIER OP GESIG – ‘N GRONDWETLIKE KRISIS?

na foter‘n Grondwetlike krisis ontstaan wanneer die Grondwet nie in staat is om probleme wat in die staat ontstaan, op te los nie, of wanneer die optrede van die staat – die Uitvoerende Gesag, die Wetgewer of die Regbank – nie met die voorskrifte van die Grondwet versoenbaar is nie.

Sodanige situasie het verlede week ontstaan toe die Konstitusionele Hof sy uitspraak oor Nkandla gelewer het. Die hoogste hof in die land het gepraat. Die President se versuim om aan die Openbare Beskermer se regstellende stappe teen hom te voldoen, is teenstrydig met sy verpligtinge om die Grondwet as hoogste reg van die Republiek te handhaaf, beskerm en respekteer.

Read More »

VERKLARING: NKANDLA-BESLISSING KERN VAN SUID-AFRIKA SE GRONDWET

NKANDLADie Sentrum vir Grondwetlike Regte (die SGR) verwelkom die eenparige beslissing van die Konstitusionele Hof in die gekombineerde sake van Economic Freedom Fighters (EFF) v The Speaker of the National Assembly and Others en Democratic Alliance (DA) v the Speaker of the National Assembly and Others. Die besluit is ‘n duidelike bevestiging van nie net die Oppergesag van die Reg nie, maar ook van die oppergesag van die Grondwet. Die eenparige besluit beklemtoon voorts die belangrikheid van die skeiding van magte in ‘n grondwetlike demokrasie, asook die noodsaaklikheid van wigte en teenwigte om teen die misbruik van mag te waak. Wat belangrik is, is dat die besluit duidelikheid bied oor die bindende aard van die Openbare Beskermer se regstellende stappe wat deur haar Kantoor aanbeveel word.

Read More »