ARTIKEL: VERTROUE IN DIE STELSEL – DIE WERKING VAN DIE SUID-AFRIKAANSE MENSEREGTEKOMMISSIE IN ONS DEMOKRASIE
In Maart 2010 het die Sentrum vir Grondwetlike Regte (SGR), in ooreenstemming met sy missie om die Grondwet te handhaaf en te beskerm, ‘n klag by die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie (SAMRK) namens mnr Chumani Maxwele ingedien. Die SAMRK het ‘n grondwetlike mandaat om menseregte in Suid-Afrika te beskerm, bevorder en te monitor. Die SAMRK word voorts deur die Wet op die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie bemagtig om die handhawing van menseregte in die land te ondersoek en daaroor verslag te doen, en om stappe te doen om die toepaslike regstellings te verseker waar menseregte geskend is. Die klagte hou verband met die aanranding van mnr Maxwele deur lede van die President se Spesiale Beskermingseenheid, en sodoende die skending van sy grondwetlike regte. Die President se Spesiale Beskermingseenheid het mnr Maxwele daarvan beskuldig dat hy ‘n onwelvoeglike teken na die President se konvooi gemaak het toe dit in Kaapstad verby hom gery het. Gevolglik het dieselfde Eenheid hom in hegtenis geneem en hom in een van die voertuie gegooi, waarna hy vasgebind en geblinddoek is met ‘n swart sak. Hy is oornag aangehou en ondervra, terwyl hy die hele tyd ontken het dat hy die vermelde teken gebaar gemaak het.
Die Sentrum vir Grondwetlike Regte (SGR) en die Skool vir Publieke Leierskap (SPL) aan die Universiteit van Stellenbosch (US) het die tweede in ‘n reeks ontbytbesprekings vir 2016 gehou op Woensdag, 4 Mei 2016. Die Konrad Adenauer-stigting (KAS) ondersteun die reeks.
Tydens ‘n mediakonferensie na afloop van die Konstitusionele Hof se historiese beslissing, waarin dit bevind het dat die Openbare Beskermer se verslag oor die opgraderings aan president Zuma se privaatwoning in Nkandla bindend op hom was en dat hy gevolglik verplig is om die geld met betrekking tot opgraderings wat nie met sekuriteit verband hou nie, terug te betaal, het Thuli Madonsela daarop gewys dat in plaas daarvan om dit te vier, sy slegs gelukkig sal wees wanneer die Valke en die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) hul ondersoek na haar sal staak. Alhoewel die twee staatsagentskappe dit ontken, kan dit aangevoer word dat sy nie sodanige verklaring sonder geldige gronde sou gemaak het nie.
‘n Grondwetlike krisis ontstaan wanneer die Grondwet nie in staat is om probleme wat in die staat ontstaan, op te los nie, of wanneer die optrede van die staat – die Uitvoerende Gesag, die Wetgewer of die Regbank – nie met die voorskrifte van die Grondwet versoenbaar is nie.
Die Sentrum vir Grondwetlike Regte (die SGR) verwelkom die eenparige beslissing van die Konstitusionele Hof in die gekombineerde sake van Economic Freedom Fighters (EFF) v The Speaker of the National Assembly and Others en Democratic Alliance (DA) v the Speaker of the National Assembly and Others. Die besluit is ‘n duidelike bevestiging van nie net die Oppergesag van die Reg nie, maar ook van die oppergesag van die Grondwet. Die eenparige besluit beklemtoon voorts die belangrikheid van die skeiding van magte in ‘n grondwetlike demokrasie, asook die noodsaaklikheid van wigte en teenwigte om teen die misbruik van mag te waak. Wat belangrik is, is dat die besluit duidelikheid bied oor die bindende aard van die Openbare Beskermer se regstellende stappe wat deur haar Kantoor aanbeveel word.
Op Maandag, 21 Maart word Suid-Afrika se Menseregtedag gevier. Die dag word uitgesonder om die nasie te herinner aan sy oorgang van apartheid na ‘n grondwetlike demokrasie wat gegrond is op die waardes van menswaardigheid, die behaling van gelykheid, en die behaling van menseregte en vryhede, asook nie-rassigheid en nie-seksisme. Die heerskappy van die Grondwet en die Oppergesag van die Reg word ook gewaarborg. ‘n Soortgelyke waarborg bestaan betreffende universele stemreg, ‘n nasionale algemene kiesersrol, gereelde verkiesings en ‘n veelpartystelsel van demokratiese regering, ten einde verantwoordbaarheid, ‘n responsiewe ingesteldheid en openheid te verseker.
Die Sentrum vir Grondwetlike Regte (SGR) verwelkom die uitslag in die regering se appèlaansoek in die al-Bashir-saak, wat deur die Appèlhof van die hand gewys is, as as ‘n belangrike bevestiging van die oppergesag van die reg. Artikel 2 van die Grondwet bevestig die Oppergesag van die Grondwet en bepaal dat enige wet of optrede wat nie met die Grondwet ooreenstem nie, ongeldig is, en voorts dat verpligtinge wat deur die Grondwet daargestel word, uitgevoer moet word. Daar is geen uitsondering op hierdie verpligting nie.
Indien nuusberigte geglo kan word, dan is Minister van Landelike Ontwikkeling en Grondhervorming, Gugile Nkwinti, voornemens om die sperdatum vir grondeise te verleng om eise voor 1913 in te sluit. Maar die Grondwet bepaal uitdruklik dat “‘n [P]ersoon of gemeenskap wat na 19 Junie 1913 die besit van eiendom ontneem is as gevolg van wette of praktyke van die verlede wat op grond van ras gediskrimineer het, is geregtig, in die mate wat deur ‘n Parlementswet bepaal word, op óf teruggawe van daardie eiendom óf billike vergoeding.”.
Die Onteieningswetsontwerp (die Wetsontwerp) is deur die Nasionale Vergadering aanvaar en is op pad na die Nasionale Raad van Provinsies, wat dit óf kan aanvaar soos dit is, óf dit met veranderinge kan aanvaar, óf dit selfs kan verwerp. Indien dit aanvaar word, is al wat nog nodig sal wees vir ‘n nuwe onteieningsproses om in werking te tree, die President se handtekening en ‘n aanvangsdatum.