Dit opper die voor die hand liggende vraag: het die Onteieningswetsontwerp ten doel om oordragte deur derde partye toe te laat? Met ander woorde – kan daar ‘n regmatige openbare doelwit wees wat die oordrag van eiendom van een private party na ‘n ander behels? Die soort oordrag deur ‘n derde party wat hier in die vooruitsig gestel word sal nie deur die staat of die derde party benodig word vir die bou van infrastruktuur soos spoorlyne en hawens nie. Die eiendom moet ook nie benodig word om hoofsaaklik tot voordeel van die die publiek te wees nie, soos omgewingsensitiewe vleilande.

Die Grondwet definieer openbare belang as “die nasie se verbintenis tot grondhervorming, en tot hervormingsmaatreëls wat billike toegang tot al Suid-Afrika se natuurlike bronne sal verwesenlik”, en die Wetsontwerp gee eenvoudig weer net die Grondwet, sonder verdere insig. Die Wetsontwerp definieer ‘openbare doelwit’ as enige doelwitte wat met die administrasie van die bepalings van enige wet deur ‘n staatsorgaan verbind word. Beide definisies, wat wyd genoeg is sodat dit nie regmatige grondhervorming of ander doelwitte wat die publiek sal bevoordeel, beperk nie, verleen egter nie veel leiding betreffende die bepaling of ‘n oordrag deur ‘n derde party van onteiende eiendom vir die uitsluitlike doel van ekonomiese ontwikkeling aan die vereiste van openbare doel of openbare belang voldoen nie.

Die vereiste dat onteiening vir ‘n openbare doelwit of in openbare belang moet plaasvind dien as ‘n wig teen die staat se mag om te reguleer – dus kan ‘n verdere vraag wees of ‘n oordrag deur ‘n derde party vir ekonomiese ontwikkeling op voldoende wyse aan hierdie vereiste vir openbare doelwit of openbare belang voldoen. Ander soortgelyke jurisdiksies, soos uitgewys deur akademici soos Van der Walt, met inbegrip van Trinidad en Tobago, asook Australië, het gesê dat onteiening waar die eiendom aan ‘n ander persoon oorgedra is nie aan die vereiste van openbare doel voldoen nie en dus ongrondwetlik is. 

Natuurlik is grondhervorming, in die Suid-Afrikaanse konteks en in ooreenstemming met die Grondwet, een sodanige gebied waar private eiendom van een private party na ‘n ander oorgedra word. Maar dit is reeds ‘n grondwetlike vereiste en dit is nie nodig dat dit weer in die Onteieningswetsontwerp genoem word nie. Die insluiting van oordragte deur derde persone in die nuwe onteieningsproses blyk eerder om ‘n berekende skuif te wees om voorsiening te maak vir die onteiening van private eiendom tot voordeel van private persone. Dit kan moontlik aanleiding gee tot onreëlmatighede in die onteieningsproses.

Alhoewel die Appèlhof in Offit Enterprises (Pty) Ltd v Coega Development Corporation (Pty) bevind het dat die onteiening van grond sodat ‘n private ontwikkelaar goedkoop behuising kan bou, aan die vereiste van openbare doel voldoen, is dit nie so duidelik of ekonomiese ontwikkeling aan die vereiste van openbare doel voldoen nie. Kortliks gesê kan hierdie insluiting van die oordrag van derde partye in die Onteieningswetsontwerp moontlik toelaat dat private ontwikkelaars private eiendom om ekonomiese redes onteien, soos vir die bou van ‘n winkelsentrum. In die Verenigde State in Kelo v City of New London het die Hooggeregshof die oordrag van grond van een private eienaar na ‘n ander ten einde ekonomiese ontwikkeling te bevorder – naamlik werkskepping – toegelaat en dus die belastingbasis begroot. In wese beteken dit dat families oënskynlik vir ekonomiese ontwikkeling uit hul huise gedwing is. Is dit wat die Onteieningswetsontwerp ten doel het – hierdie ernstige skending van eiendomsregte?

Indien hierdie huidige weergawe onderteken sou word en dus die huidige Onteieningswet vervang, sal daar ‘n behoefte vir die howe wees om nog groter beheer uit te oefen betreffende die evaluering van die regmatigheid van ‘n oordrag deur ‘n derde party. Daar sal van die howe vereis word om te oorweeg of die oordrag van eiendom deur derde partye vir ekonomiese ontwikkeling ‘n geldige openbare doel is en of die onteiening van die eiendom vir die verwesenliking van die openbare belang vereis word. Dit is nie duidelik wat as onteiening in openbare belang sal kwalifiseer nie – in die afwesigheid van daardie duidelikheid kan daar heel moontlik skendings van eiendomsregte plaasvind. Gevolglik sal daar van die howe vereis word om ‘n streng toets toe te pas om die regmatigheid van ‘n onteiening te bepaal.

Deur Phephelaphi Dube: Regsbeampte, Sentrum vir Grondwetlike Regte

Leave a Reply

Your email address will not be published.