+27 (0) 21 930 3622
info@fwdeklerk.org

View Archived Content

ARTICLE: MOSIE VAN WANTROUE IN DIE PRESIDENT: WAT OM IN GEDAGTE TE HOU

parliamentDie amptelike politieke opposisieparty het aangedui dat hy voornemens is om, in ooreenstemming met die Parlement se bestaande Reëls, ‘n mosie van wantroue in die President in te stel. Die mosie sal op 1 Maart 2016 deur die Nasionale Vergadering gedebateer word. Die opposisieparty wys daarop dat die President se besluit om die Minister van Finansies, Nhlanhla Nene, laat verlede jaar te verwyder – ‘n besluit wat die ekonomie na bewering R500 miljard gekos het – die rede is vir die besluit om met die mosie voort te gaan. Dit is nie die eerste keer dat die opposisieparty gepoog het om ‘n besluit oor wantroue in die Nasionale Vergadering te aanvaar nie.

Read More »

FEESTYD-GROETE

Festive Flag smlDie Sentrum vir Grondwetlike Regte (die SGR) wens al sy vriende en ondersteuners vrede en geluk toe gedurende die Feestyd en goeie gesondheid en voorspoed vir die Nuwe Jaar …

Read More »

VERKLARING: HOU OP OM OMKOOPGELD TE BETAAL

anti corruptionKorrupsie het baie gedaantes. Dit sluit in die omkoop van staatsamptenare, staatsamptenare wat hul invloed of hul funksies of mag misbruik vir hul eie gewin, onwettige verryking en verduistering, wanbesteding of afleiding van eiendom. Korrupsie is natuurlik nie beperk tot openbare administrasie nie. Diesnieteenstaande berokken korrupsie in die staatsadministrasie veral skade aan demokratiese instellings, die ekonomie en die Oppergesag van die Reg.

Read More »

ARTIKEL: INTERNASIONALE DAG VIR PERSONE MET GESTREMDHEDE: DAARSTELLING VAN TOEGANG – HOE VAAR ONS?

IDPD3 Desember word jaarliks deur die Verenigde Nasies gedenk as die Internasionale Dag vir Persone met Gestremdhede. Die dag is veronderstel om bewusmaking te bevorder en steun te werf vir belangrike aangeleenthede wat verband hou met die insluiting van persone met gestremdhede in die samelewing en ontwikkeling. Die dag het voorts ten doel om bewusmaking te skep oor aangeleenthede wat met gestremdheid verband hou en om die aandag te fokus op die voordele van van ‘n inklusiewe en toeganklike samelewing vir almal. Hierdie jaar se tema, ‘Insluiting maak Saak: Toegang en Bemagtiging vir Mense van alle Vermoëns’, fokus op toeganklikheid en gestremdheid in die konteks van stedelike ontwikkeling.

Read More »

VERKLARING: KONSTITUSIONELE HOF SE TLOKWE-UITSPRAAK ‘N WAARSKUWING VIR OVK EN POLITIEKE PARTYE

iecDie Sentrum vir Grondwetlike Regte (die SGR) verwelkom die eenparige beslissing deur die Konstitusionele Hof waarin die Hof die uitslag van verskeie tussenverkiesings in die plaaslike munisipaliteit ter syde gestel het en beveel het dat nuwe tussenverkiesings gehou word – omdat die verkiesings nie vry en regverdig was nie.

In sy onlangse beslissing in Kham and Others v Electoral Commission and Another het die Hof ook verklaar dat in die toekoms, wanneer ‘n kieser registreer om in ‘n spesifieke kiesdistrik te stem, die Onafhanklike Verkiesingskommissie (die OVK) verplig is om voldoende besonderhede van die kieser se adres te verkry ten einde te verseker dat die kieser ten tyde van registrasie normaalweg ‘n inwoner van daardie kiesdistrik is.

Read More »

ARTIKEL: 16 DAE VAN AKTIVISME TEEN GEWELD TEEN VROUE

UNWomen OrangeSplotch2015 herdenk die 24ste jaar van die ‘16 Dae van Aktivisme teen Vroue’-veldtog. Dit is teen hierdie tyd algemeen bekend dat hierdie inisiatief van die Verenigde Nasies ten doel het om alle vorme van geweld teen vroue te erken, aan te pak en uit te wis. Elke jaar, vir 16 dae lank, loods regerings, organisasies en mense uit alle vlakke van die lewe veldtogte en programme wat ten doel het om bewusmaking te skep oor geslagsgebaseerde geweld, en dra almal die kleur oranje, wat sinoniem met die beweging geword het.

Read More »