ARTIKEL: OPENBARE INSTELLINGS EN VERANTWOORDBAARHEID: DIE SUID-AFRIKAANSE UITSAAIKORPORASIE
Op Woensdag, 5 Oktober, het die Parlementêre Portefeuljekomitee oor Kommunikasie (die Komitee) ‘n vergadering met die beleërde Raad van die Suid-Afrikaanse Uitsaaikorporasie (SAUK) belê ten einde laasgenoemde die geleentheid te gee om die Komitee in te lig oor die sake by die openbare uitsaaier. Dit is gedoen in lig van die onlangse uitspraak deur die Appèlhof betreffende sy nuut aangestelde Groephoof van Korporatiewe Sake, Hlaudi Motsoeneng, en die probleme wat die SAUK onlangs geteister het. Dit is opmerklik dat hierdie vergadering tydens die parlementêre reses plaasgevind het, wat ‘n aanduiding van die erns van die saak is.
Die Sentrum vir Grondwetlike Regte (SGR) kondig hiermee die aanstelling aan van me Christine Botha as Regsbeampte, effektief vanaf Oktober 2016. Me Botha sal in hierdie pos die Direkteur van die SGR bystaan met die behaling van die Sentrum se doelwitte om die waardes, regte en beginsels in die Grondwet te bevorder; om ontwikkelings te monitor, met inbegrip van konsepwetgewing betreffende die Grondwet; om mense en organisasies in te lig oor hul grondwetlike regte en verpligtinge; en om mense en organisasies by te staan om hul regte op te eis.
Dit is ‘n ingewikkelde saak en – waar daar sin van kan gemaak word – dit dui op ‘n organisasie wat vasgevang is in onderduimse aktiwiteite en wanadministrasie. Met die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) wat sedert sy instelling nog nie ‘n hoof gehad het wat ‘n volle termyn suksesvol voltooi het sonder om te bedank of wat gedruk is om die pos te verlaat nie, is een van die aanduiders hiervan.
Die einde van die beleërde Hoof Operasionele Beampte (HOB) van die Suid-Afrikaanse Uitsaaikorporasie (SAUK) se termyn by die openbare uitsaaier het moontlik aangebreek. Ná ‘n reeks hofsake met opposisiepartye, het die Appèlhof nie die SAUK se HOB se aansoek om verlof tot appèl teen ‘n Hoër Hof se beslissing dat sy aanstelling ter syde gestel moet word, toegestaan nie.
DIE GRONDWET EN GOEIE PUBLIEKE LEIERSKAP: ONTBYTBESPREKINGSREEKS 2016
‘n Ad hoc-komitee is deur die Parlement ingestel om toesig te hou oor die aanstelling van die opvolger van die Openbare Beskermer, advokaat Thuli Madonsela. Dr Makhosi Khoza, ANC-LP, was die voorsitter. In haar openingsrede het sy “die beste persoon vir die werk” belowe. Ook op die komitee was Julius Malema namens die EVV, asook die volgende: Glynnis Breytenbach, Phumzile van Damme, James Selfe en Werner Horne namens die DA. Ander lede sluit in, namens die ANC, Bongani Bongo, Amos Masondo, Nicolaas Koornhof, Grace Tseke, Madipoane Mothapo en Patrick Maesela.
Gister het die Konstitusionele Hof (die Hof) in Nkabinde and Another v Judicial Service Commission and Others bevind dat ‘n bepaling in die Wet op die Regterlike Dienskommissie die toets van grondwetlikheid slaag. Die Hof het die aansoek deur Regters Nkabinde en Jafta, om ‘n bevel te herroep wat voorheen deur dieselfde Hof gemaak is, van die hand gewys. Die Hof het voorts benadruk dat dit in die belang van geregtigheid is dat daar uitsluitsel gegee word oor die klagte teen die regter-president van die Wes-Kaap, Regter Hlophe.
In die maande voor vanjaar se plaaslike verkiesings is die moontlikheid van vry en regverdige verkiesings gekenmerk deur verskeie voorvalle regoor die land. Van betogings in Vuwani betreffende munisipale afbakening, tot die verskeie politieke moorde in KwaZulu-Natal, asook die oorvloed van besware en klagtes op verkiesingsdag, was dit inderdaad onwaarskynlik dat ‘n kalm politieke atmosfeer sou heers na afloop van die bekendmaking van die finale uitslae. Na afloop van die verkiesingsproses en die aankondiging van die finale uitslae, het die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) verklaar dat die verkiesings vry en regverdig was. Hierdie sentimente is bevestig deur die Prokureursorde van Suid-Afrika.