+27 (0) 21 930 3622
info@fwdeklerk.org

View Archived Content

Persoonlike Skenkings

Maak ’n veilige skenking aanlyn deur ’n krediet- of debietkaart Die SGR funksioneer as ‘n eenheid van die FW de Klerk Stigting, ’n geregistreerde Publieke

Read More »

ARTIKEL: VRYHEID VEREIS VERANTWOORDELIKE BURGERS

freedom-fenceOp 27 April -­ Vryheidsdag -­ herdenk ons Suid-­Afrika se eerste demokratiese verkiesings, wat op hierdie dag in 1994 gehou is en gelei het tot die daarstelling van ’n nuwe demokratiese regering wat verteenwoordigend is van ’n staat wat gebaseer is op grondwetlikheid en die oppergesag van die reg. Vryheidsdag behels egter nie net die oorweging van dit wat vryheid in ’n grondwetlike demokrasie beteken nie, maar ook oor die erkenning van die verlede.

Read More »

INTERNASIONALE VROUEDAG 2013: BEHOORT SUID-­AFRIKA DIT TE VIER, OF DIT TE BETREUR?

womanOp 8 Maart 2013 het ons Internasionale Vrouedag gedenk, en het ons ons waardering van en dankbaarheid teenoor vroue getoon, en ook hul ekonomiese, politiese en maatskaplike bydrae tot die samelewing erken.

Die moderne beeld van ’n vrou van die 21ste eeu word in Westerse tydskrifte uitgebeeld as grasieus met selfvertroue, welvaart, gesondheid en skoonheid. Tog – ten spyte van die vordering wat deur vroue op die gebied van menseregte, politieke deelname en bevryding, onderwys en inkomste gemaak is – moet baie van die byna 3.5 miljard vroue op ons planeet op ’n daaglikse basis kwessies soos diskriminasie, geweld en verdrukking die hoof bied.

Read More »

ARTIKEL: DIE STAATSREDE ‘N REFLEKSIE OP DIE PRESIDENT EERDER AS DIE NASIE

parliament ‘n President is iemand wat mense lei en rigting gee -­ of dit in ‘n vergadering, ‘n organisasie of ‘n staat is. As ‘n leier is dit ook ‘n president se doel om te inspireer en om die rede en motivering te wees vir mense om op ‘n sekere manier op te tree. As ‘n president ooreenkomstig nie daarin slaag om te lei nie, sal diegene wat hy veronderstel is om te lei, hom nie wil volg nie. Dit geld natuurlik ook vir ‘n land soos Suid-­Afrika.

Read More »

ARTIKEL: PLIG OM REGERING TE KRITISEER IN ’N GRONDWETLIKE DEMOKRASIE

FNB Ons woon in ‘n grondwetlike demokrasie waar mag ten alle tye deur die Grondwet ingeperk word, waar die regering onderhewig is aan die beginsels van verantwoordbaarheid, responsiewe ingesteldheid en deursigtigheid en waar elke burger die reg -­ en plig -­ het om deel te neem aan ons demokrasie. Ons woon in ‘n oop samelewing wat beskerm word deur ‘n Handves van Regte, met inbegrip van die reg op vryheid van uitdrukking en die reg om ‘n mening te handhaaf. Dit beteken dat dit elkeen vry staan om die regering te kritiseer -­ veral wanneer daardie verkose verteenwoordigers versuim om op ‘n deursigtige en verantwoordbare wyse te reageer op die vertroue wat deur die kiesers in hulle geplaas is.

Read More »