UITNODIGING: DIE TOEKOMS VAN HOËR ONDERWYS IN SUID-AFRIKA
DIE GRONDWET EN GOEIE PUBLIEKE LEIERSKAP: ONTBYTBESPREKINGSREEKS 2015
ONDERWERP: DIE TOEKOMS VAN HOËR ONDERWYS IN SUID-AFRIKA
SPREKERS: PROF ADAM HABIB EN PROF BARNEY PITYANA
DIE GRONDWET EN GOEIE PUBLIEKE LEIERSKAP: ONTBYTBESPREKINGSREEKS 2015
ONDERWERP: DIE TOEKOMS VAN HOËR ONDERWYS IN SUID-AFRIKA
SPREKERS: PROF ADAM HABIB EN PROF BARNEY PITYANA
Op 20 November 1959 het die Verenigde Nasies se Algemene Vergadering die Verklaring oor die Regte van die Kind (die Konvensie) aanvaar, en later die Konvensie oor die Regte van die Kind in 1989. Die Konvensie het sedertdien die verdrag betreffende menseregte geword wat die meeste in die geskiedenis bekragtig is. Dit hou regerings, die samelewing, ouers en die internasionale gemeenskap verantwoordelik vir die uitvoering van sekere verpligtinge ten einde die regte van kinders te verwesenlik. Dit het voorts ten doel om te verseker dat hierdie regte onvervreembaar, integraal en onverdeelbaar is. State wat party is tot die Konvensie word van verwag om die inhoud van die Konvensie aan sy burgers bekend te maak. Die Konvensie word beskou as uniek in die sin dat dit burger-, politieke, maatskaplike en kultuurregte ten volle verskans.
Die Sentrum vir Grondwetlike Regte (die SGR) neem met kommer kennis van die toenemende vlakke van geweld, intimidasie en rasse-ondertoon wat met studentebetogings by universiteitskampusse en elders in Suid-Afrika gepaardgaan – of dit nou deur studente, of in reaksie op studentebetogings gepleeg word.
Die Grondwet bied verskeie opsies om jou regte op vreedsame en wettige wyse op te eis. Dit sluit in die reg om te vergader, te betoog, betooglinies te vorm en petisies voor te lê op ‘n vreedsame en ongewapende wyse.
15 Oktober is Internasionale Dag vir Landelike Vroue, soos ingestel deur die Verenigde Nasies. Die dag het ten doel om die rol te erken wat vroue speel in die bevordering van landbou- en landelike ontwikkeling, die verbetering van voedselsekuriteit en die uitwissing van landelike armoede. Aanduidings is egter dat Suid-Afrika nog lank nie hierdie ideaal verwesenlik het nie.
Landelike vroue woon in gebiede wat onder tradisionele owerhede val, met die meeste van hulle wat op gemeenskaplike grond woon. Volgens die voormalige Departement van Grondsake het 21.5 miljoen mense teen 2008 op gemeenskaplike grond gewoon. Sensus-syfers wys daarop dat 58.9% van individue wat in sodanige gebiede woon, vroue is.
Jaarliks word Wêreldonderwysersdag op 5 Oktober herdenk. Volgens die Verenigde Nasies se Opvoedkundige, Wetenskaplike en Kulturele Organisasie (UNESCO) word hierdie dag uitgesonder om te verseker dat onderwysers sal voortgaan om aan die behoeftes van toekomstige nageslagte te voldoen. Onderwysers speel om verskeie redes ‘n belangrike rol in enige samelewing. Hulle bied onderrig aan jong mense, wat op hulle beurt die leiers van die volgende nageslag word. Hulle dra ook kennis aan kinders in hul mees ontvanklike jare oor, wat dus ‘n grondslag vir die res van hul lewens vestig.
Die Sentrum vir Grondwetlike Regte (SGR) en die Skool vir Publieke Leierskap (SPL) aan die Universiteit van Stellenbosch (US) het die vierde in ‘n reeks
Die Sentrum vir Grondwetlike Regte (die SGR) verwelkom ‘n beslissing deur die Noord-Gautengse Hoë Hof om nie die Staat se aansoek om verlof tot appèl toe te staan met betrekking tot ‘n vroeër beslissing deur ‘n volbank in die Al-Bashir-saak nie.
‘n Volbank van die Hoë Hof het verklaar dat dit nie van mening is dat die appèlaansoek ‘n redelike vooruitsig sou hê om te slaag nie.
DIE GRONDWET EN GOEIE PUBLIEKE LEIERSKAP: ONTBYTBESPREKINGSREEKS 2015
ONDERWERP: DIE PARLEMENT, DIE MENSE EN VERANTWOORDBARE REGERING
SPREKERS: MOSIUOA LEKOTA EN TONY LEON
‘n Besluit deur die Ekonomiese Vryheidsvegters (die EVV) om direkte toegang tot die Konstitusionele Hof betreffende die Nkandla-aangeleentheid te verkry, is die regte besluit. Alhoewel regsekerheid betreffende die Openbare Beskermer se magte ‘n belangrike saak is, het die Wes-Kaapse Hoë Hof in Democratic Alliance v SABC and Others waarskynlik die reg in hierdie verband korrek uitgeklaar.