+27 (0) 21 930 3622
info@fwdeklerk.org

View Archived Content

ARTIKEL: OPENBARE INSTELLINGS EN VERANTWOORDBAARHEID: DIE SUID-AFRIKAANSE UITSAAIKORPORASIE

outside parliament sabcOp Woensdag, 5 Oktober, het die Parlementêre Portefeuljekomitee oor Kommunikasie (die Komitee) ‘n vergadering met die beleërde Raad van die Suid-Afrikaanse Uitsaaikorporasie (SAUK) belê ten einde laasgenoemde die geleentheid te gee om die Komitee in te lig oor die sake by die openbare uitsaaier. Dit is gedoen in lig van die onlangse uitspraak deur die Appèlhof betreffende sy nuut aangestelde Groephoof van Korporatiewe Sake, Hlaudi Motsoeneng, en die probleme wat die SAUK onlangs geteister het. Dit is opmerklik dat hierdie vergadering tydens die parlementêre reses plaasgevind het, wat ‘n aanduiding van die erns van die saak is.

Read More »

ARTIKEL: WAARHEEN NOU VIR DIE NASIONALE VERVOLGINGSGESAG OOR JIBA EN MRWEBI?

npaDit is ‘n ingewikkelde saak en – waar daar sin van kan gemaak word – dit dui op ‘n organisasie wat vasgevang is in onderduimse aktiwiteite en wanadministrasie. Met die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) wat sedert sy instelling nog nie ‘n hoof gehad het wat ‘n volle termyn suksesvol voltooi het sonder om te bedank of wat gedruk is om die pos te verlaat nie, is een van die aanduiders hiervan.

Die jongste slag vir die vervolgingsliggaam is die onlangse bevinding deur die Noord-Gautengse Hoë Hof (die Hof) waarin die Algemene Balieraad ‘n aansoek gebring het dat Nomgcobo Jiba (Jiba) en Lawrence Mrwebi (Mrwebi) van die rol van advokate geskrap word – wat toe toegestaan is. In die beslissing het die Hof verdoemende bevindings teen die twee gemaak. Dit is van groot kommer dat die volgende gesê is van individue aan die stuur van die nasie se organisasie wat misdaad beveg: “Ek kan nie glo dat twee amptenare van die hof (advokate), wat sulke hoë poste in die vervolgingsgesag beklee, so laag sal daal vir die beskerming en verdediging van een individue wat by ernstige oortredings betrek word nie.”

Read More »

ARTIKEL: DIE LAASTE HOOFSTUK VIR MOTSOENENG?

SABC LogoDie einde van die beleërde Hoof Operasionele Beampte (HOB) van die Suid-Afrikaanse Uitsaaikorporasie (SAUK) se termyn by die openbare uitsaaier het moontlik aangebreek. Ná ‘n reeks hofsake met opposisiepartye, het die Appèlhof nie die SAUK se HOB se aansoek om verlof tot appèl teen ‘n Hoër Hof se beslissing dat sy aanstelling ter syde gestel moet word, toegestaan nie.

In 2014, in die verslag When Governance and Ethics Fail, het die Openbare Beskermer bevind dat Motsoeneng gejok het oor sy matrieksertifikaat en direk as gevolg daarvan ‘n pos by die uitsaaier bekom het. Voorts, ten spyte van die bekendstelling van die verslag, is hy permanent in sy huidige pos aangestel. Die SAUK en die Departement van Kommunikasie het trouens alles gedoen om Motsoeneng te behou, en in 2015 het dit bekend geword dat hy homself ‘n salarisverhoging van byna R1 miljoen (R2.8 tot R3.7 miljoen) toegeken het. Die SAUK en Motsoeneng het die bevindings van die Openbare Beskermer in die Hoë Hof en Appèlhof betwis en het aangevoer dat die bevindings van die Openbare Beskermer nie bindend is nie.

Read More »

ARTIKEL: DIE KEURINGSPROSES VAN DIE OPENBARE BESKERMER – ‘N EVALUERING

ppSA‘n Ad hoc-komitee is deur die Parlement ingestel om toesig te hou oor die aanstelling van die opvolger van die Openbare Beskermer, advokaat Thuli Madonsela. Dr Makhosi Khoza, ANC-LP, was die voorsitter. In haar openingsrede het sy “die beste persoon vir die werk” belowe. Ook op die komitee was Julius Malema namens die EVV, asook die volgende: Glynnis Breytenbach, Phumzile van Damme, James Selfe en Werner Horne namens die DA. Ander lede sluit in, namens die ANC, Bongani Bongo, Amos Masondo, Nicolaas Koornhof, Grace Tseke, Madipoane Mothapo en Patrick Maesela.

Kleiner partye is verteenwoordig deur professor Themba Msimang vir die IVP, Steve Swart van die ACDP en Sibusiso Mncwabe namens die NFP.

Read More »

ARTIKEL: REGTERS V REGTERS – ‘N BEHOEFTE AAN FINALITEIT

constitutional court foterGister het die Konstitusionele Hof (die Hof) in Nkabinde and Another v Judicial Service Commission and Others bevind dat ‘n bepaling in die Wet op die Regterlike Dienskommissie die toets van grondwetlikheid slaag. Die Hof het die aansoek deur Regters Nkabinde en Jafta, om ‘n bevel te herroep wat voorheen deur dieselfde Hof gemaak is, van die hand gewys. Die Hof het voorts benadruk dat dit in die belang van geregtigheid is dat daar uitsluitsel gegee word oor die klagte teen die regter-president van die Wes-Kaap, Regter Hlophe.

Die besluit is die laaste struikelblok wat oorkom is en baan die weg vir die daarstelling van ‘n tribunaal om tugverhore betreffende Regter Hlophe se optrede in te stel. Dit volg na ‘n klagte van ernstige wangedrag by die Regterlike Dienskommissie (RDK) ingedien is teen Regter Hlophe deur al die destydse Regters van die Konstitusionele Hof, met inbegrip van die partye in gister se bevinding, Jafta en Nkabinde. Hulle het beweer dat Regter Hlophe onbehoorlik opgetree het deur te poog om hul oordeel te beïnvloed betreffende aangeleenthede wat direk verband hou met die aanklagte van korrupsie teen President Jacob Zuma. Regters Jafta en Nkabinde sou belangrike getuienis lewer oor hierdie onbehoorlike optrede, maar in plaas daarvan het hulle die regmatigheid van die tribunaal wat deur die RDK ingestel sou word, uitgedaag. Agt jaar en talle regsuitdagings later, blyk dit of hierdie bevinding uitsluitsel in die aangeleentheid sal gee.

Read More »

ARTIKEL: NABETRAGTING OP DIE VERKIESINGS – AKTIEWE BURGERY EN DIE VERANTWOORDBAARHEID VAN STAATSAMPTENARE

CREDIT coda FoterIn die maande voor vanjaar se plaaslike verkiesings is die moontlikheid van vry en regverdige verkiesings gekenmerk deur verskeie voorvalle regoor die land. Van betogings in Vuwani betreffende munisipale afbakening, tot die verskeie politieke moorde in KwaZulu-Natal, asook die oorvloed van besware en klagtes op verkiesingsdag, was dit inderdaad onwaarskynlik dat ‘n kalm politieke atmosfeer sou heers na afloop van die bekendmaking van die finale uitslae. Na afloop van die verkiesingsproses en die aankondiging van die finale uitslae, het die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) verklaar dat die verkiesings vry en regverdig was. Hierdie sentimente is bevestig deur die Prokureursorde van Suid-Afrika.

Read More »

VERKLARING: DIE WEG NA VREEDSAME VERKIESINGS

tshwane gov zaGedeeltes in die Stad Tshwane word gekenmerk deur geweld, met mediaberigte wat uitgebrande motorvoertuie en strate besaai met brandende motorbande wys. Een persoon is na bewering in die geweld dood. Die gewelddadige betogings is oënskynlik as gevolg van partylede se ongelukkigheid met die regerende party se Nasionale Uitvoerende Raad se besluit om ‘n burgemeesterskandidaat te kies bó die kandidate wat deur die Tshwane-tak van die regerende party verkies word.

Daarbenewens het die Minister van Polisie, Nathi Nhleko, verlede week aangekondig dat hy ‘n taakspan daargestel het, wie se mandaat dit is om die “toename in politieke moorde” te ondersoek. Hy het voorts kommer uitgespreek oor die aantal moorde wat met die komende verkiesings op 3 Augustus 2016 verband hou. Die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie (SAMRK) voer aan dat daar ongeveer 50 polities-verwante moorde oor die afgelope vyf jaar plaasgevind het, hoofsaaklik in KwaZulu-Natal en Mpumalanga. Die Instituut vir Sekerheidstudies (ISS) het ook daarop gewys dat politieke moorde die gevolg is van plaaslike konflikte en mededinging.

Read More »

VERKLARING: ALLE OË OP DIE NASIONALE VERVOLGINGSGESAG

npaDie Sentrum vir Grondwetlike Regte (SGR) verwelkom die beslissing van die Hoë Hof in Pretoria (die Hoë Hof) in Democratic Alliance v Acting NDPP and Others. ‘n Volbank van die Hoë Hof het beslis dat ‘n besluit wat in 2009 geneem is deur die destydse waarnemende Nasionale Direkteur van Openbare Vervolgings, Mokotedi Mpshe, om 783 klagte teen die President, mnr Zuma, te laat vaar, irrasioneel was en hersien en tersyde gestel moet word. Die klagte hou verband met die Wapentransaksie, waarin sy finansiële adviseur, mnr Schabir Shaik, skuldig bevind is en tot 15 jaar gevangenisstraf gevonnis is.

Read More »

ARTIKEL: VERTROUE IN DIE STELSEL – DIE WERKING VAN DIE SUID-AFRIKAANSE MENSEREGTEKOMMISSIE IN ONS DEMOKRASIE

SAHRC logoIn Maart 2010 het die Sentrum vir Grondwetlike Regte (SGR), in ooreenstemming met sy missie om die Grondwet te handhaaf en te beskerm, ‘n klag by die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie (SAMRK) namens mnr Chumani Maxwele ingedien. Die SAMRK het ‘n grondwetlike mandaat om menseregte in Suid-Afrika te beskerm, bevorder en te monitor. Die SAMRK word voorts deur die Wet op die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie bemagtig om die handhawing van menseregte in die land te ondersoek en daaroor verslag te doen, en om stappe te doen om die toepaslike regstellings te verseker waar menseregte geskend is. Die klagte hou verband met die aanranding van mnr Maxwele deur lede van die President se Spesiale Beskermingseenheid, en sodoende die skending van sy grondwetlike regte. Die President se Spesiale Beskermingseenheid het mnr Maxwele daarvan beskuldig dat hy ‘n onwelvoeglike teken na die President se konvooi gemaak het toe dit in Kaapstad verby hom gery het. Gevolglik het dieselfde Eenheid hom in hegtenis geneem en hom in een van die voertuie gegooi, waarna hy vasgebind en geblinddoek is met ‘n swart sak. Hy is oornag aangehou en ondervra, terwyl hy die hele tyd ontken het dat hy die vermelde teken gebaar gemaak het.

Read More »