VERKLARING: DIE SGR VERWELKOM MINISTER VAN POLISIE SE VERBINTENIS TOT GRONDWET
Die Sentrum vir Grondwetlike Regte (die SGR) verwelkom die verbintenis van die Minister van Polisie, Nathi Nhleko, om “burgers se geloof en vertroue in ons wetstoepassingsagentskappe en die kriminele regstelsel te herstel” en sy erkenning dat daar ’n behoefte is om die doeltreffendheid en professionaliteit van die SA Polisiediens (SAPD) te bevorder.
Die Sentrum vir Grondwetlike Regte (SGR) veroordeel ten sterkste die geweld en kriminele optrede deur betogers wat gelei het tot die plundering van informele handelaars se winkels en stalletjies tydens ’n betoging in die sentrale sakedistrik van Kaapstad. Die SGR veroordeel ook die beweerde aanhitsing tot kriminele optrede deur ’n raadslid van die ANC, Loyiso Nkhola, wat na bewering tot hierdie optrede gelei het.