Voorts is politieke partye grootmoedig wat hul optrede betref en het aktief begin om onderhandelings vir koalisieregerings in baie munisipale gebiede te betree – ‘n prosedure wat ongetwyfeld baie kompromie sal noodsaak. Die nadraai van die plaaslike verkiesings dien om vertroue te vestig in ons demokrasie en in die proses van vry en regverdige verkiesings, wat tot dieselfde bydra. Dit wil grootliks voorkom of Suid-Afrikaners geluister het na die beroep om aan die verkiesings deel te neem en om dit vrylik te doen, terwyl ander dieselfde geleentheid gegun moet word om aan die verkiesings deel te neem. Die vraag wat geopper word, nou dat die verkiesings gekom en gegaan het, is hoe anders Suid-Afrikaners kan voortgaan om staatsamptenare verantwoordelik te hou.

Die neiging is dat politieke partye met hul gemeenskappe skakel tydens die belangrikste tydperk in aanloop tot die verkiesing, en dit het gelei tot die indruk dat verkiesings die enigste manier is waarop mense staatsamptenare verantwoordelik kan hou – die dreigement van vervanging. In Suid-Afrika is verkiesings gewaarborg en daar word daarvoor voorsiening gemaak in die Grondwet. Die reg op universele stemreg, ‘n nasionale algemene kieserslys, gereelde verkiesings en ‘n veelpartystelsel van demokratiese regering word as deel van hierdie demokrasie se grondliggende waardes uitgedruk.

Verkiesings is egter periodiek van aard en alhoewel dit ‘n prominente maatstaf van verantwoordbaarheid is, maak hulle dit nie maklik vir burgers om hul verteenwoordigers verantwoordbaar te hou nie. Hulle kan nie alleen werk om verantwoordbaarheid, deursigtigheid, responsiwiteit en openheid van staatsamptenare te waarborg soos deur die Grondwet vereis word nie. Ander maatstawwe bestaan wat staatsamptenare verantwoordbaar kan hou in die jare waartydens geen verkiesings plaasvind nie, en inderdaad, in samewerking met dieselfde.

Hoofstuk 9 van die Grondwet stel instellings daar wat die mandaat het om bystand te verleen om die staat en sy organe verantwoordbaar te hou. Die kantoor van die Ouditeur-generaal oudit byvoorbeeld rekeninge en finansiële state van alle nasionale en provinsiale staatsdepartemente en munisipaliteite en is ook betrokke by hul finansiële bestuur. Lede van die publiek kan, as bekommerde burgers, bystand vra van die kantoor waar finansiële wanadministrasie vermoed word.

Hoofstuk 9 stel ook die kantoor van die Openbare Beskermer in, wie se doel dit is om “enige optrede in staatsaangeleenthede, of in die openbare administrasie in enige regeringsfeer, wat na bewering onbehoorlik is, te ondersoek…” en om toepaslike stappe te doen. Hierdie kantoor het vinnig ‘n baken geword vir hierdie demokrasie ten opsigte van verantwoordbaarheid. Net soos met die Ouditeur-generaal, kan versoeke om bystand deur die burgerlike samelewing ingedien word. ‘n Voorbeeld hiervan is die nou bekende verslag oor die opgraderings by Nkandla wat nie met sekuriteit verband hou nie, getiteld Secure in Comfort. Die magte van hierdie kantoor is uiteengesit en bevestig in die Konstitusionele Hof in Maart vanjaar in Economic Freedom Fighters v Speaker of the National Assembly and Others; Democratic Alliance v Speaker of the National Assembly and Others.

Bekendmaking deur staatsamptenare en die staat is noodsaaklik om ‘n oop en deursigtige samelewing daar te stel. Verantwoordbaarheid kan behaal word deur van staatsamptenare te vereis om oop en deursigtig te wees oor hul finansiële sake, asook dié wat uitgevoer word in hul kapasiteit as staatsamptenare. Dit gaan hand aan hand met die reg op toegang tot inligting soos in artikel 32 van die Grondwet uiteengesit is en in die Wet op die Bevordering van Toegang tot Inligting verskans is.

Bo en behalwe veeleisende toegang tot inligting wat ‘n direkte uitwerking het op Suid-Afrikaners via die bogenoemde maatstawwe, is daar die opsie van litigasie. Alhoewel dit dikwels duur is, is die howe die uiteindelike waghond ten opsigte van ‘n finale oplossing. Burgers hoef nie die howe individueel te nader nie en het die opsie van klasaksies of om burgerregteorganisasies te nader wat oor die geld en ervaring op die betrokke gebied beskik. Burgerregtegroepe kan die prestasie van staatsamptenare monitor en kan sistematiese oorsig van hul optrede bied. In City of Johannesburg Metropolitan Municipality and Others v Hlophe and Others, byvoorbeeld, is inwoners van ‘n verlate gebou in die stad uitgesit ter voorbereiding van opknappings aan die gebou. Die Stad is beveel om die uitgesettenes van alternatiewe verblyf te voorsien, maar het herhaaldelik versuim om dit te doen, met die gevolg dat die inwoners in haglike omstandighede in ‘n gebou in die stad gewoon het. Herstel is eers moontlik gemaak ná ingryping deur die Instituut vir Maatskaplike Ekonomiese Regte (SERI).

Aktiewe burgery is nie beperk tot deelname aan verkiesings en die instel van litigasie nie. Plaaslike regering is ontwerp om voorsiening te maak vir openbare deelname, wat weer ontwikkeling bevoordeel en demokrasie bevorder. Hoofstuk 10 van die Grondwet betaal dat burgers direkte toegang moet hê tot hul verkose plaaslike regeringsverteenwoordigers en dat hulle die geleentheid moet hê om aan plaaslike regeringsbestuur deel te neem. Waar ‘n besluit geneem word wat die mense kan raak, moet daar inderdaad met hulle oorleg gepleeg word. Daarbenewens vereis die Wet op Munisipale Stelsels van munisipaliteite om stelsels in te stel vir gemeenskappe om deel te neem aan die besluitnemingsprosesse.

Ander maniere waarop aktiewe burgery kan help om staatsamptenare verantwoordbaar te hou, is om te vergader, te betoog, ‘n betooglinie te vorm en petisies voor te lê aan die tersaaklike owerhede wat in artikel 17 van die Grondwet verskans word. Soos wat dit al deel geword het van die Suid-Afrikaanse kultuur, fokus optogte na regeringsetels die aandag van diegene wat in beheer is op die lot van besorgde burgers. 

Verkiesings het ten doel om staatsamptenare verantwoordbaar te hou, maar dikwels kry burgers nie die geleentheid om hul verteenwoordigers verantwoordelik te hou vir hul optrede of hul gebrek daaraan nie. Dit is belangrik dat Suid-Afrikaners ander beskikbare maniere gebruik om verteenwoordigers verantwoordelik te hou en om te eis dat hulle hul pligte uitvoer. Dit is nie genoeg om te wag vir ‘n vyf-jaar-siklus om aan die vordering van hul gemeenskappe deel te neem nie. 

Deur Rebecca Sibanda: Regsbeampte, Sentrum vir Grondwetlike Regte

Foto: coda via Foter

Leave a Reply

Your email address will not be published.