+27 (0) 21 930 3622
info@fwdeklerk.org

View Archived Content

VERKLARING: TERSYDESTELLING VAN KERNOOREENKOMS VERWELKOM

nuclear opt

Die Sentrum vir Grondwetlike Regte (SGR) verwelkom die beslissing deur die Wes-Kaapse Hoë Hof, wat Suid-Afrika se kernooreenkoms met Rusland tersyde stel. Die suksesvolle uitdaging van die ooreenkoms is geloods deur die burgerregte organisasies, EarthLife Africa (ELA) en die Southern African Faith Communities’ Environment Institute (SAFCEI), op grond daarvan dat die ooreenkoms onwettig en ongrondwetlik was.

Die geheime kernooreenkoms het die nasie na bewering R1 triljoen gekos en die Suid-Afrikaanse publiek sou niks wyser gewees het as dit nie was vir ondersoekende joernaliste en die nie-regeringsinstellings wat die howe genader het nie.

Afgesien van die enorme koste van die ooreenkoms, wat Suid-Afrikaners moes dra, het die ooreenkoms ook die Grondwet se bepaling geskend dat die verkryging van goedere of dienste regverdig, billik, deursigtig en kostedoeltreffend moet wees. Die ooreenkoms sou bindend wees vir 20 jaar en sou basies Suid-Afrika se mag om besluite te neem oor die kernbedryf aan Rusland oorhandig.

Read More »

ARTIKEL: ‘N KWESBARE REGBANK?

gavel small

Soos wat die geval is met strukturele interdikte – met lae van verslagdoening en toesighouding – is die onlangse bevel deur die Konstitusionele Hof in Black Sash Trust v Minister of Social Development and Others (Black Sash-saak) verreikend en omvattend. Gewoonlik sal sodanige interdik beskuldigings van inmenging en ‘n moontlike skending van die beginsel van die skeiding van magte ontlok – en nie om ongegronde redes nie – maar hierdie is nie gewone tye nie. 

Op dieselfde dag as wat die Konstitusionele Hof sy bevinding gemaak het in die Black Sash-saak, het die Hoë Hof in Pretoria die Minister van Polisie se aanstelling van generaal-majoor Ntlemeza as Nasionale Hoof van die Direktoraat vir Prioriteitsmisdaadondersoek ter syde gestel. Dit is ter syde gestel op grond daarvan dat die aanstelling, gegewe vorige negatiewe bevindinge deur howe teen generaal-majoor Ntlemeza, irrasioneel was.

Read More »

ARTIKEL: HET DIE STATE OF CAPTURE-VERSLAG DIE PRESIDENT VAN SY MAGTE ONTNEEM?

madonsela foter‘n Vraag het ontstaan oor of die Openbare Beskermer die President regtens kan dwing om ‘n kommissie van ondersoek in te stel, aangesien die instelling van kommissies van ondersoek, kragtens die Grondwet, alleenlik die prerogatief van die President is.

Verskeie wetlike owerhede het reeds die mening uitgespreek dat die Openbare Beskermer die skeiding van magte geskend het deur die President te beveel om, binne 30 dae, ‘n kommissie van ondersoek in te stel, onder leiding van ‘n regter wat alleenlik deur die Hoofregter aangewys is, wat een naam aan die President sal verstrek. Indien ‘n hof ook tot hierdie gevolgtrekking kom, sal daardie aspek van die State of Capture-verslag nietig wees. Die leerstelling van die skeiding van magte is ‘n belangrike deel van Suid-Afrika se grondwetlike demokrasie. Die leerstelling beteken dat die Grondwet vereis dat howe verseker dat al die takke van die regering binne die grense van die reg optree. Nietemin moet die howe ook toegee aan die uitsluitlike domein van die uitvoerende en wetgewende takke van die regering, tensy die Grondwet die inbraak toelaat.

Read More »

ARTIKEL: ONTTREKKING VAN DIE INTERNASIONALE STRAFHOF: WAT IS VOLGENDE VIR SUID-AFRIKA?

icc logo smlKragtens die Grondwet is dit die prerogatief van die nasionale uitvoerende gesag om nie net alle internasionale ooreenkomste te beding nie, maar om dit ook te bekragtig. Sodanige ooreenkomste bind dan die land nadat dit deur ‘n resolusie in die Parlement goedgekeur is, tensy die betrokke internasionale ooreenkoms van tegniese of administratiewe aard is, in watter geval sodanige ooreenkoms die land bind sonder dat ‘n resolusie deur die Parlement aanvaar word. Daarna word die internasionale ooreenkoms wet nadat nasionale wetgewing ingestel is. Dit is op hierdie grondslag dat die Inwerkingstelling van die Statuut van Rome van die Internasionale Strafhof (Implementeringswet) in 2002 deel van die Suid-Afrikaanse reg geword het.

Dit gaan nou verander. Op 19 Oktober het Suid-Afrika die proses begin om van die Strafhof te onttrek deur die Verenigde Nasies (VN) in kennis te stel van sy voorneme om die bekragtiging van die Statuut van Rome van die Internasionale Strafhof (ISH) te herroep. Die kennisgewing het die Hof se vermeende partydigheid teenoor Afrika-state uitgewys en voorts dat Suid-Afrika se mening oor die take van die Hof strydig is met die werk van die Hof.

Read More »

ARTIKEL: OPENBARE INSTELLINGS EN VERANTWOORDBAARHEID: DIE SUID-AFRIKAANSE UITSAAIKORPORASIE

outside parliament sabcOp Woensdag, 5 Oktober, het die Parlementêre Portefeuljekomitee oor Kommunikasie (die Komitee) ‘n vergadering met die beleërde Raad van die Suid-Afrikaanse Uitsaaikorporasie (SAUK) belê ten einde laasgenoemde die geleentheid te gee om die Komitee in te lig oor die sake by die openbare uitsaaier. Dit is gedoen in lig van die onlangse uitspraak deur die Appèlhof betreffende sy nuut aangestelde Groephoof van Korporatiewe Sake, Hlaudi Motsoeneng, en die probleme wat die SAUK onlangs geteister het. Dit is opmerklik dat hierdie vergadering tydens die parlementêre reses plaasgevind het, wat ‘n aanduiding van die erns van die saak is.

Read More »

ARTIKEL: WAARHEEN NOU VIR DIE NASIONALE VERVOLGINGSGESAG OOR JIBA EN MRWEBI?

npaDit is ‘n ingewikkelde saak en – waar daar sin van kan gemaak word – dit dui op ‘n organisasie wat vasgevang is in onderduimse aktiwiteite en wanadministrasie. Met die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) wat sedert sy instelling nog nie ‘n hoof gehad het wat ‘n volle termyn suksesvol voltooi het sonder om te bedank of wat gedruk is om die pos te verlaat nie, is een van die aanduiders hiervan.

Die jongste slag vir die vervolgingsliggaam is die onlangse bevinding deur die Noord-Gautengse Hoë Hof (die Hof) waarin die Algemene Balieraad ‘n aansoek gebring het dat Nomgcobo Jiba (Jiba) en Lawrence Mrwebi (Mrwebi) van die rol van advokate geskrap word – wat toe toegestaan is. In die beslissing het die Hof verdoemende bevindings teen die twee gemaak. Dit is van groot kommer dat die volgende gesê is van individue aan die stuur van die nasie se organisasie wat misdaad beveg: “Ek kan nie glo dat twee amptenare van die hof (advokate), wat sulke hoë poste in die vervolgingsgesag beklee, so laag sal daal vir die beskerming en verdediging van een individue wat by ernstige oortredings betrek word nie.”

Read More »

ARTIKEL: DIE LAASTE HOOFSTUK VIR MOTSOENENG?

SABC LogoDie einde van die beleërde Hoof Operasionele Beampte (HOB) van die Suid-Afrikaanse Uitsaaikorporasie (SAUK) se termyn by die openbare uitsaaier het moontlik aangebreek. Ná ‘n reeks hofsake met opposisiepartye, het die Appèlhof nie die SAUK se HOB se aansoek om verlof tot appèl teen ‘n Hoër Hof se beslissing dat sy aanstelling ter syde gestel moet word, toegestaan nie.

In 2014, in die verslag When Governance and Ethics Fail, het die Openbare Beskermer bevind dat Motsoeneng gejok het oor sy matrieksertifikaat en direk as gevolg daarvan ‘n pos by die uitsaaier bekom het. Voorts, ten spyte van die bekendstelling van die verslag, is hy permanent in sy huidige pos aangestel. Die SAUK en die Departement van Kommunikasie het trouens alles gedoen om Motsoeneng te behou, en in 2015 het dit bekend geword dat hy homself ‘n salarisverhoging van byna R1 miljoen (R2.8 tot R3.7 miljoen) toegeken het. Die SAUK en Motsoeneng het die bevindings van die Openbare Beskermer in die Hoë Hof en Appèlhof betwis en het aangevoer dat die bevindings van die Openbare Beskermer nie bindend is nie.

Read More »

The FW de Klerk Foundation Annual Conference

The FW de Klerk Foundation Annual Conference – hosted in conjunction with the Konrad-Adenauer-Stiftung – took place on 31 January 2025. The theme of this year’s conference is: “South Africa’s Position in the World Today”.
 

 Esteemed speakers include Ambassador Andreas Peschke (Ambassador of the Federal Republic of Germany); Magda Wierzycka (CEO of Sygnia); Dr Harlan Cloete (Local Governance and Public Leadership – Research Fellow) and Johan “Rassie” Erasmus (Springbok Coach).