VERKLARING: SGR VERWELKOM INGRYPING DEUR HOOFREGTER MOGOENG
Die Sentrum vir Grondwetlike Regte (die SGR) verwelkom Hoofregter Mogoeng Mogoeng se ingryping in verband met die onlangse vlaag ongevraagde aanvalle op die integriteit en die onafhanklikheid van die Regbank deur senior lede van die Kabinet en die regerende party.
DIE GRONDWET EN GOEIE PUBLIEKE LEIERSKAP: ONTBYTBESPREKINGSREEKS 2015
Die Sentrum vir Grondwetlike Regte (die SGR) neem met kommer kennis van die toenemende aanvalle op die onafhanklikheid, onpartydigheid, waardigheid en doeltreffendheid van die howe deur senior lede van die ANC en sy alliansie-vennote.
Die Sentrum vir Grondwetlike Regte (die SGR) verwelkom die omvattende verduideliking deur Regter Dunstan Mlambo, Regter-president van die Gautengse Afdeling van die Hoë Hof, namens ‘n volbank van die Noord-Gautengse Hoë Hof. In sy beslissing het die Hof die redes verduidelik vir sy vroeër beslissing, waarin hy bevind het dat die Suid-Afrikaanse regering se versuim om die Soedanese President, Omar al-Bashir – in ooreenstemming met sy internasionale verpligtinge – in hegtenis te neem, strydig is met die Grondwet en onwettig is.
Minister van Verdediging en Militêre Veterane, Nosiviwe Noluthando Mapisa-Nqakula, het onlangs aangekondig dat die SA Nasionale Weermag (SANW) ontplooi sal word om die SA Polisiediens (SAPD) by te staan om verdere xenofobiese aanvalle te voorkom en onderdruk.
Die Sentrum vir Grondwetlike Regte (die SGR) neem met kommer kennis van en veroordeel die voortgesette aanvalle op buitelanders in Suid-Afrika – waarvan die jongste voorvalle in die provinsie van KwaZulu-Natal uitgebreek het.
Die Sentrum vir Grondwetlike Regte (die SGR) verwelkom die Noord-Gautengse Hoë Hof se tersydestelling van die Minister van Polisie se skorsing van die Hoof van die Direktoraat vir Prioriteitsmisdaadondersoek (DPMO) – die “Valke” – deur te bevind dat dit onwettig en onregmatig was.
Onlangse verwikkelinge – in die Parlement sowel as in die openbare sfeer – beklemtoon die inherente spanning in die Grondwet deur die vereiste dat die Openbare Beskermer aan die Parlement verantwoording doen, terwyl dit terselfdertyd vereis dat die Openbare Beskermer dieselfde instelling tot verantwoording bring.