+27 (0) 21 930 3622
info@fwdeklerk.org

View Archived Content

VERKLARING: TERSYDESTELLING VAN KERNOOREENKOMS VERWELKOM

nuclear opt

Die Sentrum vir Grondwetlike Regte (SGR) verwelkom die beslissing deur die Wes-Kaapse Hoë Hof, wat Suid-Afrika se kernooreenkoms met Rusland tersyde stel. Die suksesvolle uitdaging van die ooreenkoms is geloods deur die burgerregte organisasies, EarthLife Africa (ELA) en die Southern African Faith Communities’ Environment Institute (SAFCEI), op grond daarvan dat die ooreenkoms onwettig en ongrondwetlik was.

Die geheime kernooreenkoms het die nasie na bewering R1 triljoen gekos en die Suid-Afrikaanse publiek sou niks wyser gewees het as dit nie was vir ondersoekende joernaliste en die nie-regeringsinstellings wat die howe genader het nie.

Afgesien van die enorme koste van die ooreenkoms, wat Suid-Afrikaners moes dra, het die ooreenkoms ook die Grondwet se bepaling geskend dat die verkryging van goedere of dienste regverdig, billik, deursigtig en kostedoeltreffend moet wees. Die ooreenkoms sou bindend wees vir 20 jaar en sou basies Suid-Afrika se mag om besluite te neem oor die kernbedryf aan Rusland oorhandig.

Read More »

ARTIKEL: ‘N KWESBARE REGBANK?

gavel small

Soos wat die geval is met strukturele interdikte – met lae van verslagdoening en toesighouding – is die onlangse bevel deur die Konstitusionele Hof in Black Sash Trust v Minister of Social Development and Others (Black Sash-saak) verreikend en omvattend. Gewoonlik sal sodanige interdik beskuldigings van inmenging en ‘n moontlike skending van die beginsel van die skeiding van magte ontlok – en nie om ongegronde redes nie – maar hierdie is nie gewone tye nie. 

Op dieselfde dag as wat die Konstitusionele Hof sy bevinding gemaak het in die Black Sash-saak, het die Hoë Hof in Pretoria die Minister van Polisie se aanstelling van generaal-majoor Ntlemeza as Nasionale Hoof van die Direktoraat vir Prioriteitsmisdaadondersoek ter syde gestel. Dit is ter syde gestel op grond daarvan dat die aanstelling, gegewe vorige negatiewe bevindinge deur howe teen generaal-majoor Ntlemeza, irrasioneel was.

Read More »

ARTIKEL: HET DIE STATE OF CAPTURE-VERSLAG DIE PRESIDENT VAN SY MAGTE ONTNEEM?

madonsela foter‘n Vraag het ontstaan oor of die Openbare Beskermer die President regtens kan dwing om ‘n kommissie van ondersoek in te stel, aangesien die instelling van kommissies van ondersoek, kragtens die Grondwet, alleenlik die prerogatief van die President is.

Verskeie wetlike owerhede het reeds die mening uitgespreek dat die Openbare Beskermer die skeiding van magte geskend het deur die President te beveel om, binne 30 dae, ‘n kommissie van ondersoek in te stel, onder leiding van ‘n regter wat alleenlik deur die Hoofregter aangewys is, wat een naam aan die President sal verstrek. Indien ‘n hof ook tot hierdie gevolgtrekking kom, sal daardie aspek van die State of Capture-verslag nietig wees. Die leerstelling van die skeiding van magte is ‘n belangrike deel van Suid-Afrika se grondwetlike demokrasie. Die leerstelling beteken dat die Grondwet vereis dat howe verseker dat al die takke van die regering binne die grense van die reg optree. Nietemin moet die howe ook toegee aan die uitsluitlike domein van die uitvoerende en wetgewende takke van die regering, tensy die Grondwet die inbraak toelaat.

Read More »

ARTIKEL: ONTTREKKING VAN DIE INTERNASIONALE STRAFHOF: WAT IS VOLGENDE VIR SUID-AFRIKA?

icc logo smlKragtens die Grondwet is dit die prerogatief van die nasionale uitvoerende gesag om nie net alle internasionale ooreenkomste te beding nie, maar om dit ook te bekragtig. Sodanige ooreenkomste bind dan die land nadat dit deur ‘n resolusie in die Parlement goedgekeur is, tensy die betrokke internasionale ooreenkoms van tegniese of administratiewe aard is, in watter geval sodanige ooreenkoms die land bind sonder dat ‘n resolusie deur die Parlement aanvaar word. Daarna word die internasionale ooreenkoms wet nadat nasionale wetgewing ingestel is. Dit is op hierdie grondslag dat die Inwerkingstelling van die Statuut van Rome van die Internasionale Strafhof (Implementeringswet) in 2002 deel van die Suid-Afrikaanse reg geword het.

Dit gaan nou verander. Op 19 Oktober het Suid-Afrika die proses begin om van die Strafhof te onttrek deur die Verenigde Nasies (VN) in kennis te stel van sy voorneme om die bekragtiging van die Statuut van Rome van die Internasionale Strafhof (ISH) te herroep. Die kennisgewing het die Hof se vermeende partydigheid teenoor Afrika-state uitgewys en voorts dat Suid-Afrika se mening oor die take van die Hof strydig is met die werk van die Hof.

Read More »