+27 (0) 21 930 3622
info@fwdeklerk.org

Ondersteun die werk van die FW de Klerk Stigting

Vir meer inligting oor skenkings kontak info@fwdeklerk.org of skandeer die QR-kode hieronder.

DIE FW DE KLERK STIGTING VERWELKOM KONSTITUSIONELE HOF SE WEIERING VAN ZUMA SE VERLOF OM APPÈL

Uitgereik deur Daniela Ellerbeck namens die FW de Klerk Stigting op 04/04/2025

 

Die Konstitusionele Hof het geweier om voormalige President Jacob Zuma se aansoek om verlof om die Hoogste Hof van Appèl (“Appèlhof”) se uitspraak te appelleer, aan te hoor. Hierdie bevel, gemaak op 31 Maart 2025, beteken die einde van Zuma se private vervolging teen joernalis Karyn Maughan, wat op 5 September 2022 begin het.

Die FW de Klerk Stigting verwelkom die Konstitusionele Hof se bevel wat bevestig dat die publiek vertroue kan hê in die regbank en joernaliste beskerm teen kwelsugtige litigasie wat daarop gemik is om joernaliste te intimideer en stil te maak. Dat die howe die reg op vryheid van uitdrukking beskerm, veral vryheid van die pers en ander media, selfs al ondersoek hulle hoë profiel individue, is van kardinale belang vir openbare vertroue in die regbank en die heerskappy van die reg,” sê Daniela Ellerbeck, ’n prokureur en bestuurder van die FW de Klerk Stigting se Grondwetlike Regte Program.

Die Hooggeregshof se uitspraak – wat Zuma na die Appèlhof geappelleer het – het bepaal dat sy private vervolgings teen Maughan en Aanklaer Downer ‘‘n misbruik van proses was… ingestel vir ‘n ander doel’ (paragrawe 197 en 198). Die Appèlhof het bevind dat Zuma se appèl tot dié hof – waarin hy gevra het dat dit die Hooggeregshof se bevel op skort en hom toe laat om hierdie private vervolgings voort te sit – geen regsfondasie gehad het nie (paragraaf 22),” verduidelik Shanees Nkandu, ‘n intern by die Stigting. “Die Appèlhof het bevind dat openbare vertroue in die regbank en die administrasie van geregtigheid geskend sou word as Maughan en Aanklaer Downer aan ‘n onregmatige, mishandelende en onderdrukkende private vervolging (‘unlawful, abusive and oppressive private prosecution’) onderwerp sou word (paragraaf 18),” sluit Nkandu af.