+27 (0) 21 930 3622
info@fwdeklerk.org

Ondersteun die werk van die FW de Klerk Stigting

Vir meer inligting oor skenkings kontak info@fwdeklerk.org of skandeer die QR-kode hieronder.

DIE FW DE KLERK STIGTING VIER DIE 30STE BESTAANSJAAR VAN DIE KONSTITUSIONELE HOF

Uitgereik deur Daniela Ellerbeck namens die FW de Klerk Stigting op 20/06/2025

 

Die FW de Klerk Stigting herdenk met trots die 30ste bestaansjaar van die Konstitusionele Hof van Suid-Afrika, wat op 14 Februarie 1995 deur President Nelson Mandela ingehuldig is.

Hierdie Hof staan as ’n pilaar van ons demokrasie, dit handhaaf die Grondwet, bevorder menseregte en beskerm die vryhede van alle Suid-Afrikaners,” sê Christo van der Rheede, uitvoerende direkteur van die FW de Klerk Stigting. “Die Hof se totstandkoming was moontlik gemaak deur o.a. die demokratiese hervormings wat in 1990 deur President FW de Klerk geïnisieer is, wat die grondslag gelê het vir ’n regverdige en inklusiewe grondwetlike orde.”

Oor drie dekades het die Hof uitsprake gelewer wat die oppergesag van die grondwet en heerskappy van die reg gevestig het en wat menswaardigheid, die bereiking van gelykheid en die uitbou van menseregte en vryhede beskerm het,” sê Daniela Ellerbeck, ’n prokureur en bestuurder van die FW de Klerk Stigting se Grondwetlike Regte Program. “Terwyl ons hierdie mylpaal vier, herbevestig die FW de Klerk Stigting sy verbintenis om ons grondwetlike demokrasie ’n werklikheid vir alle Suid-Afrikaners te maak. Ons doen ’n beroep op alle Suid-Afrikaners om die instellings wat ons vryhede handhaaf te eer en te beskerm en om waaksaam te bly in die verdediging van die regte wat in ons Grondwet vervat is.