+27 (0) 21 930 3622
info@fwdeklerk.org

View Archived Content

VERKLARING: FW DE KLERK ONTVANG DIE PRAESES ELIT-TOEKENNING VAN TRINITY KOLLEGE, DUBLIN

FWDeKlerk TrinityVoormalige President FW de Klerk het op 18 Januarie 2017 die gesogte Praeses Elit-toekenning van die Prokureursorde van Trinity Kollege in Dublin ontvang. Die toekenning is ingestel deur Mary Robinson, die voormalige President van Ierland, om mense te vereer wat die regsdiskoers bevorder het deur uitnemendheid wat voorspraak vir en verbintenis tot sake betref.

In sy aanvaardingstoespraak het De Klerk die aanvaarding van nie-rassigheid en nie-diskriminasie beskryf as een van die belangrikste ontwikkelings in sosiale en politieke houdings gedurende die 20ste eeu. 

Read More »

UITNODIGING: JAARLIKSE KONFERENSIE 2017

ct conf finalDie FW de Klerk Stigting – in vennootskap met die Konrad Adenauer-stigting – nooi jou uit om ons Jaarlikse Konferensie by te woon. Ons tema vir 2017 is: “Die Grondwet en Regeringsbestuur – weer by ‘n Kruispad”.

Die FW de Klerk Stigting bied jaarliks ‘n konferensie op 2 Februarie in Kaapstad aan, om saam te val met die aankondiging in die Parlement in 1990 van Nelson Mandela en ander gevangenes se vrylating en die ontbanning van verskeie organisasies. Elke jaar pak die konferensie ‘n aktuele tema aan, met insette van ‘n wye verskeidenheid invloedryke sprekers. Vorige sprekers sluit in voormalige President Kgalema Motlanthe, Regter Albie Sachs, dr Mathews Phosa, me Rhoda Kadalie, prof Frans Viljoen, mnr Sipho Pityana, adv Jeremy Gauntlett, mnr Johann Rupert en voormalige President FW de Klerk. 

Read More »

VERKLARING TER VEROORDELING VAN VANDALISME BY MOSKEES

mosque optDie FW de Klerk Stigting veroordeel ten sterkste die onlangse vandalisme by moskees in die Wes-Kaap. Die aanvalle op die moskees in Simonstad en Kalkbaai is ‘n aanval op die grondslag van ons grondwetlike demokrasie, soos waarvoor in Hoofstuk 2 van die Handves van Regte voorsiening gemaak is en wat vrymoedig verklaar dat “[e]lkeen die reg het op vryheid van gewete, godsdiens, denke, oortuiging en mening.”

Die onlangse skending en aanvalle op moskees is in stryd met die sentimente en menings van die meerderheid van Suid-Afrikaners wat groot waarde heg aan respek vir en die vryheid van godsdiens. Die Stigting staan saam met die oorgrote meerderheid deur sy woede uit te spreek oor die aanval op plekke van aanbidding en verering. Hierdie aanvalle moet veroordeel word, maar sal ons nie afskrik van ons gesamentlike verbintenis tot die bou van ‘n verdraagsame, respekvolle en oop samelewing nie.

Read More »

ARTIKEL: VERSOENINGSDAG 2016

sa concourt flag foterVersoeningsdag is ietwat van ‘n laatkommer wat betref die reeks openbare vakansiedae in die nuwe Suid-Afrika wat beding en op ooreengekom is. Die eerste viering het op 16 Desember 1995 plaasgevind en is daargestel as ‘n manier om twee verskillende geskiedenisse te erken en bevestig – eerstens die Slag van Bloedrivier in 1838, aanvanklik bekend as Dingaansdag, en wat daarna as Geloftedag bekendgestaan het. Die tweede groot geleentheid op dieselfde dag in 1961 was die stigting van Umkhonto we Sizwe, die gewapende vleuel van die ANC.

Terwyl hierdie gewigtige hoofstukke in die geskiedenis van Suid-Afrika kragtige reaksies ontlok, is dit hoofsaaklik danksy die wil van alle Suid-Afrikaners, sedert die vroeë 1990s, om saam vorentoe te beweeg en versoening en nasionale eenheid te aanvaar en bevorder wat aan die kern is van wat nou bekend staan as Versoeningsdag.

Read More »

ARTIKEL: DIE KOMMISSIE VAN ONDERSOEK EN DIE NUK BEVESTIGING VAN ZUMA SE PRESIDENTSKAP – WAT LÊ VIR ONS IN 2017 VOOR?

zuma parliament foterDie sperdatum vir president Zuma om die kommissie van ondersoek ingevolge die Madonsela staatskapingverslag aan te stel, het verlede Vrydag stil-stil gekom en gegaan.  Die president het Vrydagaand – ure voor die sperdatum – ‘n aansoek by die hof ingedien om die Madonselaverslag en aanbevelings te laat hersien. Met só ‘n optrede word die aanbevelings tydelik opgeskort. Hy en sy regsadviseurs vat klaarblyklik nie kanse nie. 

Sy argument is dat haar opdrag ongeldig is omdat hy, volgens die Grondwet, nie onafhanklik besluit het om so ‘n kommissie aan te stel nie en dat net hy so iets kan doen (en nie die hoofregter nie). Hy argumenteer ook dat hy nie regter en jurie in sy eie hof kan wees nie, aangesien die kommissie aan hom sal moet rapporteer.

Die Grondwet bepaal in artikel 84(2)(f) inderwaarheid dat die president verantwoordelik is vir die aanstelling van kommissies van ondersoek. Aan die ander kant bepaal artikel 96(2)(b) dat lede van die Kabinet en Adjunkministers nie mag “optree op enige wyse wat met hul amp onbestaanbaar is, of hulself blootstel aan enige omstandigheid wat die risiko inhou van ʼn botsing tussen hul amptelike verantwoordelikhede en hul private belange nie”. Wat van die Kabinet waar is, moet tog ook van die voorsitter van die Kabinet waar wees.

Read More »

ARTIKEL: VERORBER SASSA DIE ARMES?

SASSAOp 23 November 2016 het die Parlement se Staande Komitee oor Openbare Rekenings (SKOOR) in die Nasionale Vergadering die Minister van Maatskaplike Ontwikkeling, die Ouditeur-generaal en lede van die Valke, te same met die SA Agentskap vir Maatskaplike Sekerheid (SASSA) voor ‘n verhoor gedaag oor die gewigte saak van onreëlmatige, vrugtelose en verkwistende besteding.

‘n Noukeurige lees van die notule van die Komitee dui op ‘n benewelde Agentskap wat sit en vroetel terwyl miljoene Suid-Afrikaners dieper en dieper in armoede verval. Die geduld van die Portefeuljekomitee is ernstig getoets deur speurder te moet speel in die afwesigheid van omvattende reaksies en die totale afwesigheid van institusionele verantwoordbaarheid, dit ten spyte daarvan dat die Komitee SASSA voorsien het van ‘n lys belangrike vrae voor die verhoor plaasgevind het.

Read More »

TOESPRAAK: VRYHEID EN REG – WAT BETEKEN DIE ABO-MONUMENT VIR AFRIKANERS VANDAG?

fwdk speech smallAan die voet van die Paarlberg, reg onder die Afrikaanse taalmonument, is ons byeen by ’n monument enig in sy soort in die Wes-Kaap en in ’n sekere sin in Suid-Afrika.

Die ABO-Monument wat fokus op die stryd van die Kaapse Afrikaners, en ander Kolonialers is die “teks” in die “konteks” van die die stryd waarin die Afrikaner in sy wordingsjare vasgevang was.

Die Anglo-Boereoorlog is in ’n sekere sin een van die grootste geskiedkundige gebeurtenisse wat Suid-Afrika ooit getref het.  Selfs hier in die Kaap het die burgery moeilike en vernederende tye beleef. Die twee Boererepublieke van Transvaal en die Vrystaat is verwoes.

Afrikaners en lede van ander gemeenskappe wat aan die Boererepublieke hul morele steun gegee het, is deur die Britte en Britsgesindes as “Kaapse Rebelle” gebrandmerk. Hierdie aanvanklike “skelwoord” het later jare ‘n eretitel geword vir meer as 16 000 mans wat by die Boerekommando’s aangesluit het.

Read More »

ARTIKEL: HET DIE KOMMISSIE VAN ONDERSOEK OOR STAATSKAPING JACOB ZUMA SE POLITIEKE RAKLEEFTYD ONBEDOELD VERLENG?

zumaDie vorige Openbare Beskermer (OB) se verslag oor staatskaping is bekend en die politieke impak van die verslag en bevindings het reeds begin en sal nog lank gevoel word. Wat gebeur nadat die kommissie sy verslag, bevindings en aanbevelings bekend gemaak het? Watter invloed gaan dit op die Zuma presidentskap en sy opvolgers hê?

Die aanbeveling van die OB is dat die President binne 30 dae ‘n kommissie van ondersoek aanstel. Dit moet dus teen 2 Desember gebeur. Daarvoor het die President baie vinnig die naam van die aangewese voorsitter nodig – geïdentifiseer deur hoofregter Mogoeng. Die Kommissie van Ondersoek (KvO) het 180 dae om sy werk af te handel. Kom ons aanvaar dat dit ‘n tydjie gaan neem om alle lede en amptenare aangestel te kry, logistieke reëlings te tref, en dies meer en dat die KvO eers op 1 Februarie met sy werk begin. Die keerdatum waarop die KvO die verslag, sy bevindings en aanbevelings aan die President moet oorhandig, is dan 31 Julie 2017. Die President moet daarna binne 14 dae ‘n afskrif van die verslag aan die Parlement beskikbaar maak, insluitend ‘n aanduiding van sy bedoeling met die implementering van die bevindings. Dit bring ons by ongeveer einde Augustus 2017. Tensy daar struikelblokke in die weg van die KvO gegooi word, behoort die verslag dus ten minste drie maande voor die ANC se verkiesingskonferensie in Desember 2017 bekend te wees.

Read More »

VERKLARING: FW DE KLERK STIGTING VEROORDEEL AANVAL OP MNR VICTOR RETHABILE MLOTSHWA

fwdk logo NO TEXTDie FW de Klerk Stigting veroordeel die aanval op mnr Victor Rethabile Mlotshwa op ‘n plaas naby die Komati-kragsentrale in Middelburg, Mpumalanga.

Die onmenslike en vernederende aanval op mnr Mlotshwa deur twee mans het tereg openbare verontwaardiging ontlok en die FW de Klerk Stigting steun stappe wat alle Suid-Afrikaners sal verbind tot ons grondliggende beginsels in die Grondwet van menswaardigheid, nie-rassigheid en die oppergesag van die reg.

Die Stigting prys ook voorts die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) vir sy vinnige optrede teen die beweerde oortreders, wat aangekla is van aanranding met die doel om ernstig te beseer.

Read More »