Die Stigting ondersteun lank reeds die werk van Autism Western Cape, wat ten doel het om inligting te verstrek, asook raadgewende en ondersteuningsdienste te bied aan diegene wat deur Outisme Spektrum Versteuring (OSV) geraak word. Iris House Children’s Hospice bied verligting, oornag- en einde-van-lewe-sorg aan kinders met spesiale behoeftes en jong mense met lewensbeperkende of lewensgevaarlike toestande. Beide organisasies is gebaseer in die Wes-Kaap, en bied hul dienste gratis aan aan kinders en jong mense met spesiale behoeftes, en aan hul families.
Benewens ‘67 minute’ van diens op Mandeladag, is die Stigting en die SGR verbind tot die bemagtiging en herstel van waardigheid van alle Suid-Afrikaners, met inbegrip van mense met gestremdhede. Dit sluit in die bevordering en beskerming van hul regte, soos verskans in ons Grondwet – die nalatenskap van leiers soos mnr Mandela en mnr De Klerk.
Vir meer inligting oor Autism Western Cape, besoek: www.autismwesterncape.org.za
Vir meer inligting oor Iris House Children’s Hospice, besoek: iris-house.org
Uitgereik deur die FW de Klerk Stigting