+27 (0) 21 930 3622
info@fwdeklerk.org

View Archived Content

VERKLARING: NUWE ADJUNKHOOFREGTER RAYMOND ZONDO – KONSTITUSIONELE HOF

CONCOURT FOTER opt

Die FW de Klerk Stigting wens Regter Raymond Zondo geluk met sy onlangse aanstelling in die amp van Adjunkhoofregter in die Konstitusionele Hof.

Regter Zondo het tot op datum  ‘n vooraanstaande regsloopbaan gehad. Van ‘n nederige begin in KwaZulu-Natal, het hy sy loopbaan by wyle Victoria Mxenge begin, waar sy belangstelling in menseregte gegroei het. ‘n Merkbare loopbaanhoogtepunt was sy aanstelling as lid van die Goldstone-kommissie, wat deur voormalige President De Klerk ingestel is om politieke geweld en intimidasie van Julie 1991 tot die eerste algemene verkiesing in 1994 te ondersoek.  

Read More »

VERKLARING: FW DE KLERK STIGTING KONDIG DEELNAME AAN LITIGASIE AAN

ConCourt interior

Die FW de Klerk Stigting kondig sy deelname aan as mede-applikant, saam met Quaker Peace Centre en AfriForum, in die saak teen die President van Suid-Afrika, die Adjunkpresident en die Regering van Suid-Afrika. Hierdie informele koalisie verteenwoordig ‘n diverse deursnit Suid-Afrikaners, wat verenig is in die strewe na ‘n terugkeer na grondwetlike waardes en die Oppergesag van die Reg in alle aangeleenthede wat met die Staat verband hou.

Die hoofpunt van die aansoek is om ‘n verklarende bevel van die Konstitusionele Hof te verkry dat, weens die moontlikheid dat hy bevooroordeeld is, die President nie in staat is om ‘n regterlike kommissie van ondersoek na staatskaping in te stel nie. Die President het voorheen hierdie botsing van belange erken voor die Konstitusionele Hof in die Nkandla-saak. Die President het erken dat hy versuim het om ‘n kommissie van ondersoek in te stel weens die feit dat hy ‘n persoon van belang is wat die besteding betref aan opgraderings aan sy private woning wat nie met sekuriteit verband hou nie. Daarnebewens verklaar artikel 96(2) van die Grondwet spesifiek dat lede van die Kabinet (wat die President insluit) nie op enige wyse mag optree wat hulself blootstel aan die risiko van konflik tussen hul amptelike verantwoordelikhede en private belange nie.

Read More »

VERKLARING: WIE WORD RYKER EN WIE WORD ARMER?

STATSSA

Statistiek Suid-Afrika (StatsSA) het pas die jongste indiensnemingstatistieke bekendgestel. Die werkloosheidsyfer van 27.7% is nou die hoogste in 14 jaar. As diegene wat opgehou het om werk te soek, ingesluit word, is dit ‘n enorme 36.4%!

Hierdie tragiese en onstellende nuus word onderdruk deur die “groter” stories van staatskaping, Gupta-e-posse wat uitgelek is, en korrupsie en wanbestuur in ondernemings in staatsbesit, soos Eskom en SAL. Hierdie stories het een goue draad wat deur hulle loop: verryking van ‘n paar op enige korrupte manier moontlik, deur staatsgeld en staatsmag vir persoonlike voordeel te gebruik.

Read More »

ARTIKEL: OOR NA JOU, ADJUNKPRESIDENT… OF WEERSTAND EN STAATSKAPING IN SUID-AFRIKAANSE POLITIEK

sa concourt flag foter

‘n Verdoemende verslag is saamgestel deur gerespekteerde akademici en ‘n ervare ondersoekende joernalis. Die woord “staatsgreep” kom prominent voor. Die verslag getiteld The Betrayal of the Promise: How South Africa is being Stolen bied feitelike inligting en verbind magtige politieke elite en individue in die sakewêreld. Dit wys op ‘n giftige mengsel van begunstiging en korrupsie, terwyl dit die grondwetlike staat ernstig ondermyn. Die belangrikste punt wat na vore kom: Staatsinstellings word hergebruik tot nadeel van alle Suid-Afrikaners. 

Die Verslag volg kort op die hakke van ‘n ander verslag wat verlede week deur die Suid-Afrikaanse Raad van Kerke (SARK) bekendgestel is. Die SARK se verslag verwys ook na verklarings deur huidige en voormalige staatsamptenare oor hoe individue met noue bande met die hoogste amp in die land, beheer verkry het oor sommige instellings in staatsbesit. 

Read More »

VERKLARING: ONLANGSE AANVALLE OP FW DE KLERK, DIE VOORSITTER EMERITUS VAN DIE FW DE KLERK STIGTING

FWDK 2017 2 FEB

Die deelname van voormalige President FW de Klerk aan die byeenkoms van die National Foundations Dialogue Initiative (NFDI) op Vrydag, 5 Mei, het ongeregverdigde aanvalle op hom ontlok deur verskeie politieke leiers, kommentators en mediapersoonlikhede. Die NFDI bestaan uit agt stigtings wat met voormalige Suid-Afrikaanse leiers verbind word, wat saamgekom het om ‘n dialoog te begin tussen Suid-Afrikaners binne die raamwerk van die Grondwet om die ernstige uitdagings aan te pak wat Suid-Afrika in die gesig staar.

Die algemene aanslag van die aanvalle – wat bitter en ongegronde beskuldigings insluit – was dat FW de Klerk nie aan die nasionale debat moet deelneem nie omdat hy die “laaste apartheid president” is, en skuldig is aan ernstige skendings van menseregte.

Read More »

ARTIKEL: DIE MITE VAN DIE HONGER NA LANDBOUGROND

landscape opt

Grondhervorming, veral van landbougrond, word deesdae amper ‘n sjibolet vir die Suid-Afrikaanse politiek. Die redenasie van die gepaardgaande retoriek het gewoonlik die volgende elemente:

“Grond is welvaart, en as mens eers grond besit, kan jy met daardie welvaart al die ander goeie dinge koop”. En hiermee word meestal landbougrond bedoel.
“Wit mense het histories swart mense se grond afgevat en dit moet teruggegee word”.
“Swart mense besit na 24 jaar van demokrasie, steeds net 9.8% van die bewerkbare grond in SA”.
“Daar is ‘n grondhonger vir landbougrond onder ons mense, soos in Zimbabwe, en as ons nie daaraan gehoor gee nie, sal ons die pad van grondbesetting en -konfiskering volg”

Onderliggend aan hierdie argumente is dat niks of baie min sedert 1994 gebeur het en dat radikale stappe nodig is om (landbou)grond aan swart mense terug te gee, soos om grond sonder vergoeding te onteien. Wat is egter die ware prentjie?

Read More »

ARTIKEL: VRYHEIDSDAG – IS DAAR IETS OM TE VIER?

sa flag foterSoos met ander historiese gebeurtenisse, onthou baie Suid-Afrikaners 27 April 1994 nog steeds baie goed. Die dag van lang stemtoue en goedgesindheid, die gevoel van ‘n nuwe begin… Dit was die geboorte van die “Nuwe Suid-Afrika”.

En daarna het baie Vryheidsdae gevolg. Baie Suid-Afrikaners, veral dié wat 1994 beleef het, sal vanjaar se Vryheidsdag as die laagtepunt van alle Vryheidsdae beskou.

Hoekom? Omdat ons sien wat op politieke, ekonomiese en maatskaplike gebied om ons gebeur. Daar is groot spanning in die regerende party – oor die huidige president, maar ook in die leierstryd vir ‘n nuwe president. Daar is sprake van korrupsie, en staatskaping deur regeringsleiers en amptenare. Ons sien dat die ekonomie stagneer en dat ons land se finansiële stelsel basies na rommelstatus afgradeer is. Ons beleef rassespanning en ‘n klaarblyklike totale gebrek aan versoening en gedeelde waardes.

Read More »

VERKLARING: DIE DOOD VAN VERANTWOORDBARE LEIERSKAP

zuma

Terwyl ons as ‘n nasie na die afgrond staar die oggend na die vorige nag, vra ons onsself, hoe kan hy, hoekom het hy, en kan hy rêrig? Die afdanking van ‘n kwart van die Kabinet is ‘n reuse daad van vertroue deur die President van SA Inc. In hierdie geval was die daad ongelukkig nie uitgevoer in die naam van die regering of die kiesers nie, maar is aangedryf deur die antitese van verantwoordbare leierskap. ‘n Mens is herinner aan die woorde van Howard Gardner, skrywer en sielkundige, Leading Minds: An Anatomy of Leadership, toe die nasie vanoggend wakker word. Hy beskryf ‘n leier wat verantwoordelik is, vertrou word, konstant, eerlik en getrou is.  Leierskap is dus die integriteit en gewilligheid om opofferings te maak ter wille van dié wat regeer word.

Die optrede van die President oor die afgelope 24 uur verloën die baie waardes wat aan verantwoordbare leiers toegeskryf word, soos hier bo beskryf word, maar wat selfs meer pynlik is, is dat dit die einste morele en etiese grondslag van die stryd om bevryding en demokrasie in Suid-Afrika skend.

Read More »

VERKLARING: TOTSIENS DAPPER STRYDER

AHMED KATHRADA

Die FW de Klerk Stigting betreur die verlies van ‘n dapper stryder vir demokrasie, geregtigheid en nie-rassigheid. Ahmed Mohamed Kathrada, of Oom Kathy soos hy liefdevol na verwys is, laat ‘n onuitwisbare merk op generasies van Suid-Afrikaners. Sy waardigheid en nederigheid het ‘n groot invloed op die land wat hy so lief gehad het en so onselfsugtig gedien het. Hierdie generasie van Suid-Afrikaners behoort sy lewenslange beginselvaste strewe na nie-rassigheid en gelykheid voort te sit.

Ons betuig ons innige meegevoel aan Barbara Hogan, die Kathrada-familie en sy vele vriende.

Read More »