VERKLARING: AHMED MOHAMED KATHRADA

Dit is met groot hartseer dat ek verneem het van die dood van Ahmed Mohamed Kathrada. My vrou, Elita en ek betuig ons innige meegevoel aan sy vrou en familie.
Ahmed Mohamed Kathrada was ‘n man van groot integriteit. Hy was werklik ‘n goeie man, wat Suid-Afrika en al sy mense lief gehad het. Sy verbintenis tot nie-rassigheid en versoening het nie net ‘n rol gespeel tydens die aanvanklike oorgangstydperk in die 90’s nie, maar ook tot vandag. Mag dit dien as voorbeeld vir alle Suid-Afrikaners in hierdie tyd waar rassisme so op die voorgrond is.



Minister van Maatskaplike Ontwikkeling, Bathabile Dlamini, het deur woorde en versuim om op te tree, haar minagtiging van die Konstitusionele Hof se bevinding wat SASSA se kontrak met Cash Paymaster Services (CPS) ongeldig verklaar het, duidelik gemaak. Sy het voorts ook nie ag geslaan op die advies van die Minister van Finansies in sy brief op 1 Februarie 2017, waarin hy regstellende stappe aangebied het ten einde te verseker dat byna 17 miljoen mense hul maatskaplike toelae op 1 April 2017 sal ontvang nie.
Vir die armste Suid-Afrikaners kan 1 April 2017 inderdaad Gekkedag wees wanneer hulle met leë hande terugkeer van SASSA se afhaalpunte, wanneer die kontrak van Cash Paymaster Services (CPS), verspreiders van maatskaplike toelae namens SASSA, op 31 Maart tot ‘n einde kom. 
Die Raad van die Trustees van die FW de Klerk Stigting het tydens sy laaste vergadering in 2016 die besluit geneem om die FW de Klerk-welwillendheidstoekenning vir 2017 aan die afrigter en atletiekspan van mev Anna (Ans) Botha en mnr Wayde van Niekerk toe te ken.