Dit is alles waar. Maar dis nie al wat waar is nie.
Voormalige president FW de Klerk het reeds baie maal gesê dat Suid-Afrika van vandag steeds ‘n beter plek is as wat dit sou gewees het as ons nie in die vroeë negentigs die onderhandelde skikking bereik het en ons Grondwet aanvaar het nie.
Hoekom? Omdat baie van die vryhede wat ons toe as ‘n nasie verwerf het, steeds sterk staan. Die begrip van vryheid is sentraal in die Grondwet. Dit kom in in die aanhef voor, maar veral talle kere in die Handves van Regte.
Dit word, saam met menswaardigheid en gelykheid, as een van die demokratiese waardes van ons land beskryf. Ons het in terme van die Handves die volgende vryhede:
- Vryheid en sekerheid van die persoon, en vryheid van alle vorme van geweld (artikel Vryheid van die person is ook een van die nie-aantasbare regte wanneer daar ‘n noodtoestand verklaar word (artikel
- Vryheid van godsdiens, oortuiging en mening (artikel
- Vryheid van uitdrukking (pers, media), asook vryheid om inligting te ontvang en oor te dra, akademiese vryheid en vryheid van wetenskaplike navorsing, asook vryheid van artistieke kreatiwiteit (artikel 16). In artikels 58 en 117 word vryheid van spraak spesifiek in die Parlement en die Nasionale Raad van Provinsies gewaarborg.
- Vryheid (eintlik die reg) om vreedsaam te betoog en petisies op te stel (artikel
- Vryheid van assosiasie (artikel
- Vryheid van politieke keuse, en die reg op vrye verkiesings (artikel
- Vryheid van beweging en veblyf (artikel
- Vryheid van bedryf, beroep en professie (artikel
In die 2017 Menseregteverslagkaart van die Stigting se Sentrum vir Grondwetlike Regte word vir die meeste van hierdie vryhede ‘n goeie punt gegee. Twee van bogenoemde vryhede kry ‘n A (“uitstekend”, artikel 15 en 18), drie kry ‘n B (“goed”, artikel 17, 19, 21) en drie kry ‘n C (“gemiddeld”, artikel 12, 16, 22). Dit is duidelik dat, veral teenoor ander regte wat swakker doen, Suid-Afrikaners (nog) hierdie vryhede het en geniet.
En dit is belangrik om te besef dat dit juis hierdie vryhede en hulle uitoefening is wat die negatiewe tendense in Suid-Afrika probeer teenwerk. Dis vryheid van spraak wat ons die reg gee om te kritiseer, dis die vryheid van assosiasie wat Suid-Afrikaners die reg gee om hulleself te organiseer, dis die vryheid om te betoog wat lei tot optogte teen die vergrype van ons leiers – en dis die vryheid van politieke keuse en vrye verkiesings wat ons die geleentheid gee om in 2019 ons stem uit te bring oor wat nou in ons land aangaan, maar veral oor wat ons wil hê in die toekoms moet gebeur.
Met hierdie perspektief kan Vryheidsdag 2017 anders as negatief beleef word. Nie totaal uitgelate nie, dis waar. Maar met die begrip dat ons vryer is as wat ons was, dat ons ons vryhede goed kan gebruik om die probleme in ons land teen te staan en dat talle Suid-Arikaners (oor ras, taal en geloofsgrense heen) reeds saamstaan vir ‘n beter toekoms.
Ons hét rede om dankbaar te wees vir ons status as ‘n vry land en vrye burgers. Ons kàn Vryheidsdag 2017 vier.
Deur dr Theuns Eloff: Uitvoerende Direkteur, FW de Klerk Stigting
Foto: darkroom productions via Foter.com / CC BY-NC