Die werkloosheidstatistieke verkondig dat Suid-Afrikaners armer en armer word. Die stories oor staatskaping verklaar dat ‘n paar ryker en ryker word. En baie sal besef dat diegene wat ryker word, die direkte oorsaak is van diegene wat armer raak. Dit is algemene kennis dat die ekonomie kwyn in die politieke en ekonomiese onsekerheid wat deur staatskaping veroorsaak is, en indiensneming was die eerste slagoffer. Dit is algemene kennis dat die irrasionele afdanking van Gordhan en Jonas in ‘n groot mate bygedra het tot die fiskale afgraderings wat aan ons welvaart as ‘n nasie knaag soos honger insekte.
‘n Mens kan nie die sakegemeenskap alleen blameer omdat hulle nie wil belê, groei en indiens neem in so ‘n giftige klimaat nie. Diegene wat ryker en ryker word deur korrupsie en staatskaping sal verantwoordelikheid moet neem vir die nasie wat armer en armer raak. En vanuit die luuskheid van Nkandla, beplan die Nommer Een aan die stuur van dit alles, die een wat moet opstaan vir die armes en die haweloses en die werkloses, ‘n tweede huis in Dubai.
Deur Theuns Eloff, Uitvoerende Direkteur