VERKLARING: DIE TSAAR IS WEG, DIE DEUR IS OOP, PRESIDENT RAMAPHOSA

Miljoene Suid-Afrikaners vier die vertrek van mnr Jacob Zuma, al was dit onder groot druk, aanvanklik met verset, en ‘n finale afskeid op 14 Februarie net voor 23h00. Die nasie het politiek, ekonomies en sosiaal gely tydens sy korrupte en verdelende tyd in sy amp.
Die FW de Klerk Stigting is verheug dat verandering op die horison is en wens die waarnemende president, mnr Cyril Ramaphosa, geluk. Hy het die gewigtige taak om die nalatenskap van sy voorganger ongedaan te maak en Suid-Afrika op ‘n weg na eenheid en vernuwing te plaas.
Die oormag was besig om die opperhand teen mnr Zuma te kry in die laaste paar dae en ure in die aanloop tot sy bedanking, net twee ure voor ‘n spertyd van middernag wat deur sy kollegas in die ANC aan hom gegee is. Die bekende slagspreuk, “…is hy gestamp, of het hy gespring?” het betrekking. Dit kom toenemend aan die lig dat aktiwiteite agter die skerms daarop wys dat die ANC se NUK ‘n merkwaardige eenheid gevorm het oor die noodsaaklikheid dat Zuma moet gaan. Benewens hierdie ontwikkeling was die moontlikheid van interparty-samewerking betreffende ‘n mosie van wantroue. Dit wys moontlik op ‘n rypwording van die demokratiese projek in Suid-Afrika.



‘n Opsomming van die hoogtepunte en aktiwiteite van die FW de Klerk Stigting gedurende die jaar onder oorsig.
Die FW de Klerk Stigting – in vennootskap met die Konrad Adenauer-stigting – nooi jou uit om ons Jaarlikse Konferensie by te woon. Ons tema vir 2018 is: “Suid-Afrika Anderkant Staatskaping en Korrupsie”.