+27 (0) 21 930 3622
info@fwdeklerk.org

View Archived Content

ARTIKEL: WAT HET DIE AFGELOPE 24 JAAR MET GRONDHERVORMING VERKEERD GEGAAN?

section 25

Daar is ‘n algemene siening onder sommige Suid-Afrikaners dat na 24 jaar van demokrasie, minder as 10% van grond in Suid-Afrika aan die meerderheid van die bevolking behoort. Iemand het die storie begin versprei dat die grootste probleem met die stadige pas van grondhervorming by die beginsel van ‘gewillige verkoper en gewillige verkoper’ lê – en dat dit in die Grondwet staan (wat onwaar is). Hiermee saam is die tweede grootste struikelblok beskryf as die “billike vergoeding” vir grond, wat wel in artikel 25 van die Grondwet voorgeskryf word. En daar het die oproep vir onteiening sonder vergoeding (OSV) ontstaan en momentum begin kry. Verander artikel 25 van die Grondwet, begin grond sonder enige vergoeding teruggee en die “oersonde” sal sommer tjop-tjop verdwyn!  

Maar wat het werklik verkeerd gegaan? Wie moet die skuld kry? Is dit die grondbesitters wat halsstarrig aan hulle (vir sommige gesteelde) grond vasklou? Is dit die eiendomsagente en tussengangers? Artikel 25(5) vereis dat die staat “redelike wetgewende en ander maatreëls (moet) tref om, binne sy beskikbare middele, toestande te skep wat burgers in staat stel om op ʼn billike grondslag toegang tot grond te verkry”. Verder bepaal artikel 25(8): “Geen bepaling van hierdie artikel verhinder die staat om wetgewende en ander maatreëls te tref om grond-, water- en verbandhoudende hervorming te bewerkstellig ten einde die gevolge van rassediskriminasie van die verlede reg te stel nie”. Grondhervorming is dus volgens die Grondwet die staat se verantwoordelikheid.

Read More »

VERKLARING: ONS HET ‘N GOEIE SUID-AFRIKANER VERLOOR

KEYS TIMESLIVE

Die FW de Klerk Stigting het met hartseer kennis geneem van die nuus dat die voormalige sakeleier en kabinetslid, Derek Keys, oorlede is. Nadat hy ‘n uitstekende rol gespeel het in ons oorgang na demokrasie, het hy in beide die kabinette van voormalige President FW de Klerk en President Nelson Mandela gedien. In sy antwoord op die dood van mnr Keys, het oud-president De Klerk gesê: “Hy was ‘n merkwaardige man wat Suid-Afrika op ‘n voorbeeldige manier gedien het. Hy verdien spesiale respek ten opsigte van sy werk tydens die Grondwetlike onderhandelinge. Ons het ‘n goeie Suid-Afrikaner verloor.”

Mnr Keys, ‘n gerespekteerde sakeleier in eie reg en destyds voorsitter van die mynhuis Gencor, het in 1992 die Minister van Finansies geword en het tot September 1994 gedien, die laaste deel in die eerste kabinet van die nuwe Suid-Afrika. Na sy politieke loopbaan het hy steeds op die direksies van verskeie maatskappye gedien.

Read More »

ARTIKEL: DIE ANC SE DILEMMA MET GRONDHERVORMING EN ONTEIENING SONDER VERGOEDING (OSV)

FARM SPADE opt

‘n Eerste nasionale dialoog oor grondhervorming het einde Maart in Johannesburg plaasgevind. Die dialoog is op versoek van die ANC-lede van die parlementêre grondwetlike hersieningskomitee georganiseer, waarskynlik in ‘n poging vir die Ramaphosa-deel van die ANC om eienaarskap van die proses te neem, nadat die EFF (en die Zuma-ondersteuners) vir lank die pas in hierdie debat aangegee het.

Die uitsprake van ANC ampsdraers by die dialoog het ‘n paar interessante en belangrike sake na vore laat kom. Die amptelik gedokumenteerde Nasrec-besluit oor grondhervorming verskil op belangrike punte met mediaberigte ná die konferensie. Grondhervorming moet met groter vasberadenheid nagevolg word, as deel van die program van radikale sosio-ekonomiese transformasie. Onteiening sonder vergoeding (OSV) behoort een van die sleutelmeganismes te wees om grondhervorming te laat plaasvind. In die implementering daarvan moet verseker word dat toekomstige belegging in die ekonomie nie ondermyn word nie (my kursivering) en dat landbouproduksie en voedselsekerheid nie geskaad word nie. Implementering moet ook nie ander sektore van die ekonomie skaad nie (my kursivering). Daarby moet op grond in die regering se besit gefokus word, veral grond wat versaak, onbenut en onderbenut is (nie in die eerste plek landbougrond nie). Die voorwaardes vir OSV in die amptelike Nasrec-besluit is duidelik sterker as wat aanvanklik berig is. Dis nóg sterker as dit vergelyk word met die haastig en slordig bewoorde amendement van die EFF se parlementêre mosie oor die verandering van artikel 25. Daarin word slegs gepraat van implementering wat “landbouproduksie laat toeneem en wat voedselsekerheid verbeter”. 

Read More »

VERKLARING: WINNIE MADIKIZELA-MANDELA

citizen opt

Ek onthou Winnie Madikizela-Mandela as ‘n vreeslose persoon met ‘n sterk persoonlikheid, wat nooit gehuiwer het om die waarheid te praat soos wat sy dit gesien het nie. Daarvoor het ek bewondering. Daar is ook die donker kant van haar reputasie en geskiedenis, wat ‘n mens nie op in gaan in tye soos hierdie nie. 

Ek onthou, uit my persoonlike ervaring, ‘n gemeenskaplike menslikheid. Sy het, byvoorbeeld, die begrafnis bygewoon van die ontslape Marike, my eerste vrou. My vrou, Elita, en ek het ook by Winnie besoek afgelê na die dood van haar agterkleinkind in ‘n motorongeluk, en sy het ons hartlik verwelkom. Daar was ‘n menslikheid aan haar wat groot waardering verdien.

Read More »

VERKLARING OOR WINNIE MADIKIZELA-MANDELA

ewn opt

Die FW de Klerk Stigting was geskok om te verneem van die nuus van Winnie Madikizela-Mandela se dood. Sy was een van die dominante figure in Suid-Afrika oor die afgelope 20 of 30 jaar, en is deur die ANC as die moeder van die nasie beskou. Winnie Madikizela-Mandela was groter as die lewe self. Sy was altyd uitgesproke, soms omstrede en sal baie gemis word deur haar volgelinge en haar vriende.

Die FW de Klerk Stigting betuig sy innige meegevoel met haar familie en vriende. 

Read More »

VERKLARING OOR NVG SE HERINSTELLING VAN KLAGTE TEEN VOORMALIGE PRESIDENT ZUMA

npa logo

Die FW de Klerk Stigting verwelkom vandag se aankondiging deur die huidige (dog beleërde) hoof van die Nasionale Uitvoerende Gesag (NVG), adv Shaun Abrahams, om die klagte van korrupsie, geldwassery, afpersing en bedrog weer teen voormalige President Jacob Zuma in te stel. Dit bring ‘n einde aan ‘n dekade se litigasie oor die aanvanklike besluit deur die NVG in 2009 om die klagte wat teen voormalige President Jacob Zuma ingedien is, terug te trek. Gegewe die onindrukwekkende rekord van die NVG wat die vervolging van individue met politieke bande betref, is dit miskien nodig om versigtig optimisties te wees. Nietemin, met die oorweldigende openbare belangstelling en die teenwoordigheid van ‘n stewige en robuuste burgerlike samelewing en die moontlikheid van private vervolging, word gehoop dat die NVG getrou sal wees aan sy grondwetlike mandaat om sonder vrees, voordele of vooroordeel te vervolg.

Read More »

VERKLARING: OOR DIE ONTEIENING VAN EIENDOM (INSLUITEND VAN GROND) SONDER VERGOEDING

eiendom artikel 25

Die FW de Klerk Stigting (FWDKS) is gestig om die Grondwet te beskerm en te bevorder. Dit doen ons deur die werk van twee sentrums: die Sentrum vir Grondwetlike Regte (SGR) en die Sentrum vir Eenheid in Diversiteit (SED). Vir 2017 en 2018 is die algemene tema van ons werk eiendomsregte en grondhervorming.

Die keuse van die tema deur die Stigting het die huidige debat oor Onteiening Sonder Vergoeding (OSV) voorafgegaan en getuig van die Stigting se verbintenis tot grondhervorming en die verbreeding van eiendomsregte vir alle Suid-Afrikaners. Dit getuig van die Stigting se verbintenis tot grondhervorming en verbetering van eiendomsregte vir alle Suid-Afrikaners. Ons glo dat die Grondwet voldoende maniere bied om grondhervorming binne die voorskrifte van artikel 25 te bewerkstellig, en ons bly daaraan verbind.

As ‘n Stigting met sy twee Sentrums, bied ons hierdie posisie oor OSV as ‘n bydrae tot die noodsaaklike en voortgesette debat in hierdie verband. Hierdie posisie sal uitgebrei word soos wat die debat voortgaan.

Read More »

ARTIKEL: GEE RAMAPHOSA-REGERING ‘N KANS, MAAR…

T ELOFF opt

Die nuwe Ramaphosa-kabinet is een van belofte en kompromie. Die Gordhans, Nenes en Hanekoms wys dat daar iets nuuts aan die ekonomiese front kan gebeur. Die markte het dit ook raakgesien en die Rand is sterker as voordat Nene in die pad gesteek is. Aan die ander kant wys die Mabuzas, die Dlaminis en die Gigabas dat die stryd teen staatskaping, korrupsie en swak bestuur nog lank nie verby is nie.

Ná verlede Dinsdag se mosie oor onteiening sonder vergoeding voel baie Suid-Afrikaners moedeloos en verraai. Baie het gedink die ANC-besluit in Desember 2017 sou nooit geïmplementeer word nie. Ander was van die begin af skepties oor Ramaphosa – hy het immers ‘n verdeelde en verrotte ANC geëerf. Die vraag is: moet gewone Suid-Afrikaners en spesifiek Afrikaanssprekendes die nuwe regering ‘n kans gee?

My antwoord is: Ja, MAAR…

Read More »

VERKLARING: DIE NUWE KABINET – SIMBOOL VAN BELOFTE EN DIE MIDDEWEG

parliament interior sabc

Sedert sy noue oorwinning en verkiesing tot President van die ANC, moes Cyril Ramaphosa sy magsbasis versigtig en stadig konsolideer. Hy moet ‘n balanseertoertjie uitvoer wat betref die bekamping van korrupsie en staatskaping, en die bied van goeie regeringsbestuur aan die een kant, en die bou van eenheid en die strewe na versoening binne die ANC, aan die ander kant. In die politiek is om ‘n middeweg te vind, deel van wat enige leier die hoof sal moet bied. Die Kabinet wat gister aangekondig is, het die stempel van hierdie dilemma.

Die goeie nuus is dat hy van die ergste van die Zumaïete ontslae geraak het: Bongo, Brown, Mahlobo, Maswanganyi, Mbalula, Mkhize, Muthambi, Nhleko, Van Rooyen en Zwane. Op hierdie manier het hy “strategiese (veral ekonomies verwante) portefeuljes” gereinig en vervang met bekwame, ervare en lojale ANC-leiers. Voorbeelde van hierdie tendens is Pravin Gordhan (Openbare Ondernemings), Nhlanhla Nene (Finansies), Naledi Pandor (Hoër Onderwys en Opleiding), Lindiwe Sisulu (Internasionale Betrekkinge en Samewerking), Gwede Mantashe (Minerale Hulpbronne), Derek Hanekom (Toerisme), Blade Nzimande (Vervoer), Bheki Cele (Polisie) en Jeff Radebe (Energie). Om dieselfde rede het hy ‘n paar bekwame en getroue ministers in hul portefeuljes gehou (soos Angie Motshekga in Basiese Onderwys).

Read More »