ARTIKEL: DIE GELYKHEIDSVERSLAG VAN DIE MENSEREGTEKOMMISSIE – LIG IN DIE TONNEL VIR MINDERHEDE?

Die Menseregtekommissie (MRK) het onlangs die 2017/18 Verslag oor Gelykheid (die Verslag) gepubliseer en in die Parlement voorgelê. Dit het, waarskynlik as gevolg van prosesse rondom onteiening sonder vergoeding (OSV), die Zondokommissie en soortgelyke nuussake, nie baie aandag getrek nie. Een uitsondering was die Solidariteitsbeweging, wat aangekondig het dat die verslag beteken dat die land se regstellende aksie-wetgewing onwettig is, en nie aan internasionale vereistes voldoen nie. Solidariteit gaan die hof nader om ‘n verklarende bevel te kry sodat sekerheid verkry kan word hoe werkgewers en die Departement van Arbeid die situasie moet hanteer totdat die wet (soos deur die MRK voorgestel) verander is.





