Wat ek spesifiek van haar onthou, is dat ons, tydens die Nelson Mandela Sport- en Kultuurdag op dieselfde paviljoen in Johannesburg gesit het. Winnie en ek het ‘n gesprek gehad, waar sy haar diepe bekommernis uitgespreek het oor wat in die ANC aan die gebeur was. Sy het ‘n beroep op my gedoen as ‘n sogenaamde voormalige onderdrukker om my deel te doen om Suid-Afrika op die regte pad te hou.
My vrou, Elita, en ek wil ons innige meegevoel betuig met Winnie se familie en naasbestaandes.
Uitgereik namens FW de Klerk
April 2018
Foto: www.citizen.co.za