+27 (0) 21 930 3622
info@fwdeklerk.org

View Archived Content

VERKLARING: SGR VERWELKOM BESLISSING DEUR HOË HOF OOR AL-BASHIR-APPÈLAANSOEK

al-bashir smlDie Sentrum vir Grondwetlike Regte (die SGR) verwelkom ‘n beslissing deur die Noord-Gautengse Hoë Hof om nie die Staat se aansoek om verlof tot appèl toe te staan met betrekking tot ‘n vroeër beslissing deur ‘n volbank in die Al-Bashir-saak nie.

‘n Volbank van die Hoë Hof het verklaar dat dit nie van mening is dat die appèlaansoek ‘n redelike vooruitsig sou hê om te slaag nie.

Read More »

ARTIKEL: EVV REG OM KONSTITUSIONELE HOF OOR NKANDLA TE NADER

foter concourt exterior‘n Besluit deur die Ekonomiese Vryheidsvegters (die EVV) om direkte toegang tot die Konstitusionele Hof betreffende die Nkandla-aangeleentheid te verkry, is die regte besluit. Alhoewel regsekerheid betreffende die Openbare Beskermer se magte ‘n belangrike saak is, het die Wes-Kaapse Hoë Hof in Democratic Alliance v SABC and Others waarskynlik die reg in hierdie verband korrek uitgeklaar.

Read More »

VERKLARING: SGR VERWELKOM VERGADERING TUSSEN HOOFREGTER EN DIE PRESIDENT

ZUMA CJDie Sentrum vir Grondwetlike Regte (die SGR) verwelkom die vergadering wat onlangs tussen die Hoofregter as hoof van die regbank, en die President as hoof van die Staat plaasgevind het. Die vergadering, wat deur die Hoofregter, Hoofde van die Howe en senior regters in alle afdelings aangevra is, het ten doel gehad om die ongevraagde aanvalle deur sommige politici op die Regbank, asook die regering se klaarblyklike minagting van hofbevele aan te spreek.

Read More »

ARTIKEL: MENSLIKHEID IN DIE UITSETTINGSPROSES: WAT DIE ‘ROOIMIERE’ MOET WEET

RED ANTS

Johannesburg se Hillbrow, ‘n woonbuurt in die stad, is die tuiste van verskeie vervalle geboue, wat baie van diegene wat ‘n laer inkomste verdien, huisves. Red Ant Security and Eviction Services (die Rooimiere, wat so bekend staan danksy hul rooi oorpakke en helms), het dit nodig geag om inwoners uit een van hierdie geboue te sit, klaarblyklik op versoek van die gebou se eienaar. Dit ten spyte daarvan dat dit winter in die Hoëveld is, met temperature wat snags onder vriespunt is.

Read More »

ARTIKEL: VROUE – IS DIE MAG ONS S’N?

Womens Day“Is Suid-Afrika reg vir ‘n vroulike president?” – lui die hoofopskrifte van tyd tot tyd. Dieselfde vraag is aan die president van die vroueliga van die regerende party gestel, en het die volgende antwoord ontlok: terwyl daar vordering gemaak is betreffende vroue in leierskap, is die “tyd nog nie ryp vir ‘n vrou om [die party, en dus die land] te lei nie”. Dieselfde vraag is ‘n jaar later gestel – die tesourier-generaal van dieselfde organisasie het geantwoord deur te sê dat “almal reg is vir ‘n vroulike leier”.

Read More »